Poetin ál meer gewild onder Russe – peiling

Rusland se president Wladimir Poetin (18 Maart 2018) Foto: AP Photo/Alexander Zemlianichenko

’n Meningspeiling toon dat pres. Wladimir Poetin se gewildheid onder Russe toegeneem het sedert hy Russiese troepe na Oekraïne gestuur het om dié land in te val.

Meer as 80% van Russe wat aan ’n onlangse meningspeiling deur die onafhanklike Levada-sentrum deelgeneem het, het aangedui dat hulle hul president se optrede ondersteun.

Die eerste peiling wat deur Levada ná die inval van Oekraïne op 24 Februarie gedoen is, toon dat 83% van Russe Poetin se optrede goedkeur – dít vergeleke met 71% vroeg in Februarie.

15% van die respondente het egter aangedui dat hulle nié die konflik in Oekraïne goedkeur nie – ’n afname van 27% sedert die vorige peiling – terwyl 2% van die respondente hulle nie daaroor wou uitlaat nie.

Die peiling het ook getoon dat die Russiese regering en sy eerste minister, Mikhail Mishustin, hul goedkeuringsgraderings verbeter het.

Pro-Kremlin-meningspeilers wat reeds hul bevindings bekend gemaak het, sê óók Poetin se goedkeuringsgradering staan op meer as 80%.

Poetin het met sy land se binneval van Oekraïne verlede maand gesê dié militêre operasie het ten doel om separatiste in die ooste van die land te verdedig, en sy pro-Westerse buurman te “demilitariseer en denazifiseer”.

Volgens Poetin het Oekraïne ʼn “volksmoord” in die land se ooste georkestreer. Hy het ook uitgevaar teen Navo se aggressiewe beleid teenoor Rusland.

Hierdie boodskap word daagliks deur staatstelevisiekanale aan Russe oorgedra, terwyl die meeste onafhanklike mediabronne en diegene wat krities teenoor Poetin is óf gedwing is om te sluit óf gestuit word.

Poetin het vroeg verlede maand ʼn wetsontwerp onderteken wat tronkstraf instel vir die plasing van “fopnuus” oor die Russiese weermag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

MT ·

Vreemd! Die leuenstoeldenkers vertel ons dan dat Poetin aan die einde van sy beheer gekom het, en dat dit net ‘n kwessie van tyd is voordat hy omvergewerp word, nogal vanuit sy binnekring.

Ek luister sommer by die radio.

Anna-marie ·

Ironies dat die Neo-Nazi’s nou in die Oekraiense weermag is. Nato en Amerika het hulle opgelei om teen die Etniese Russe in die Dombas te veg. Hulle gebruik ook die inwoners as skulde teen die Russiese weermag.

VaalDonkie ·

Gepraat van Hitler, het jy geweet daar is egte Nazi’s in Oekraine? Hulle noem hulself “Azov Batallion”.

Henry ·

Daai peiling glo ek nie. Daar was groot opstande en baie mense toegesluit. Puten en sy handlangers het daaroor gestem. Kan dalk 1 April storie wees.

Jacques ·

“Hierdie boodskap word daagliks deur staatstelevisiekanale aan Russe oorgedra, terwyl die meeste onafhanklike mediabronne en diegene wat krities teenoor Poetin is óf gedwing is om te sluit óf gestuit word.”

Mmm…. dieselfde kan gesê word vir die demonifisering van Rusland deur die weste. Ons weet mos nou dat die Russiese media en diegene wat die Westerse diskoers bevraagteken net doodeenvoudig ge- “deplatform” word deur die maatskappye wat geld maak uit inligtingverskaffing en vermaak,onder druk van Westerse politici.

So…………. wat is die verskil dan jou eintlik?

Josua ·

Die mense in Rusland het agter gekom waarom hy doen wat hy doen, hy staan op vir sy mense en wil hul veiligheid verseker en steeds dink die mense in die buite wereld hy si die vark in die verhaal, Ukraine n uitstekende voorbeeld hy kon Ukraine binne n week verwoes het maar seker gemaak dat mense genoeg kans gekry het om die omgewing te verlaat wat hulle geteiken het en dan het hy nog bekend gemaak watter gebiede en teikens hulle gaan aanval, die Russe was nie gelukkig nie en was onseker maar die NATO lande en Biden het hul ware klere gewys en dit het die Russe se oë oop gemaak en selfs n paar ander lande begin ook nou agter kom wat werklik beplan was en dat Putin se gedult tot op die uiterste beproef was, bo en behalwe dit verskaf hy steed olie en gas aan Europa dit nadat dieselfde klomp sanksies teen hom ingestel het en hy is n dektator volgens die buite wereld ek dink die buite wereld moet hul oë oopmaak.

Anna-marie ·

Josua, as jy dit nog nie kyk nie, gaan na the Duran op Youtube. Hierdie 2 manne is uitstekend met hul analisering van die oorlog en ander geo-politieke ontledings. Hulle maak dit maklik vir gewone mense om dit te verstaan. Een persoon in die kommentare het gesê dat hul professor in politieke wetenskap by die Universiteit van Mexico het vir hulle aanbeveel om na Alex en Alexander te luister oor hul uitstekende ontleding van geo-politieke sake.

Human ·

Media Bias/ Fact Check. Overall, we rate The Duran a Questionable source based on far right-wing bias, promotion of Russian propaganda and right wing conspiracies, a lack of transparency, use of poor sources, plagiarism and failed fact checks so how the hell can anybody believe you.

MT ·

@Human

Ahh ja, die bose Regses en hulle onverligtheid wat met lang kouse en dik snorre almal wat in vrede en naasteliefde wil leef, die harnas injaag.

He-he-he. Ek geniet jou kommentaar terdee. Moet asb nooit ophou skryf nie.

Luister ·

Ek het bietjie gekyk na Duran, maar hulle lyk maar baie eensydig net soos westerse media. Om die waarheid te sê, hulle lyk vir my ook maar westers, net met ‘n ander opinie en net so ongeloofwaardig.

Kokerboom ·

Bekookte meningspeilings!! Hy sal nog verantwoording doen vir volksmoord gepleeg!Gewete ook genadeloos!!!Dws as hy oor so-iets beskik!!

Anna-marie ·

Het jy geweet dat die Oekraiense weermag het saamgedrom op die grens by die Dombas voor Poetin ingeval het. Hulle was op die punt om ‘n volksmoord op die Etniese Russe te pleeg. Poetin “beat them to the punch” . Dit is die rede dat die Russiese weermag die grootste deel van die Oekraiense weermag kon vastrek in ‘n ” cauldron”Die Westerse media hou hierdie feite weg van die gewone mense.

Anna-marie ·

Die hoofstroommedia in die Weste kan nie meer vertrou word nie.

Kobie ·

Nogal ń brawe stelling vir iemand wat al hul “feite” op YouTube kanale soos the Duran kry.

DJ ·

Putin is die een wêreld leier met ruggraat wat bereid is om op te staan teen die VSA en NAVO se poging tot wêreld oorheeraing. Die RSA kan Putin ten volle ondersteun.

Anna-marie ·

Soos ek verstaan het Poetin vir Soros verbied in Rusland. Soos almal weet is Soros die grootkop van die Een Nuwe Wereld Orde. (waar almal glo niks gaan besit nie en nog steeds gelukkig gaan wees, volgens Klaus Schab)

VaalDonkie ·

Ou Mal Bob vir al sy foute het ook vir die globaliste vertel hulle kan maar gaan. En Gadhafi ook. Nou nie my tipe mense nie, maar hulle het die regte ding vir hul lande gedoen, al het dit nie gewerk nie.

Anna-marie ·

Die Russiese Roebel teen die Amerikaanse Doller is nou amper weer terug by die vlak waar dit was voor die oorlog. Nou 83 (voor die oorlog was dit 75.) So, Poetin doen iets reg.

krodedil ·

Al die Suid Afrikaanse banke en beleggers bele geld in die $. Miemand bele geld in die Roebel nie. Dis waarom ek en miljoene ander lekker geld maak. As jy dom is moet jy arm bly.

krodedil ·

Al die steaming netwerke wys dat Rusland se soldate teen Poetin draai. Dis net n kwessie van tyd. Selfs die super ryk Mijarders in Rusland begin ook teen Poetin draai.

Alfred E Neuman ·

Dalk sal jy eerder anwoorde op streaming netwerke kry, veral leuns en vals propaganda.

Nina Uit ·

Klink vir my baie na ‘n 1 April storie. Vaderland, ek hoop ek is reg.

Andries ·

Die wat Putin verag sal natuurlik hulle monde nie oopmaak nie uit vrees vir tronkstraf.

Dries ·

As ek so na hierdie pro-Putin kommentare kyk weet ek ons gaan nog lank met die ANC regering sit. Daai gewetenlose meerkat ogies is n gewtenlose diktator en misdadeger wat die wereld verag

Human ·

Birds of a feather flock together. Nou is sommige “trotse Afrikaners” die grootste bewonderaars van Putin, wat die ANC se geliefste maatjie is. Dikveligheid is ‘n algemene toestand van sommiges.

Dries ·

As die soviet Rusland weer ingestel word sing al die Putin aanhangers weer n ander deuntjie. Die Here moet ons bewaar

minnie muis ·

natuurlik as russe teen hom praat is dit tjoekie toe …..

Jacobus ·

Ja net soos die ANC ook al gewilder word in SA. GLO NIE HIERDIE BS.

Aanhouer ·

As daar wel ň opname was, is dit verseker dat dit 100% vír Putin sou wees. Die Russe is nou heeltemal te bang vir die Kremlin om teen hom te stem. Die “80%” is net om die Weste te laat dink daar is “regverdig” gestem. Alles ň klugspul.

Ettienne ·

Mnr. Poetin het Rusland verander van ‘n ekonomiese gemors in die 1990s, waar geen wet en orde gegeld het nie, en met geen aansien internasionaal nie, tot ‘n land waar gewone mense ‘n beskaafde en voorspoedige bestaan kan voer. Ook het hy die Russies Ortodokse Kerk se plek in die samelewing herstel. Die korrupte spul in die Withuis was daarop uit om die Russiese Federasie uit te lok deur offensiewe wapens te plaas in die Oekraine, soldate op te lei en selfs biologiese wapens daar te vervaardig. Dus die oorlog. Mense moet onthou dat Rusland vandag ‘n ander plek as die ou Sowjet Unie is. As dit kom by die beskerming van behoorlikheid en gesonde waardes is die Russiese Federasie meer te vertrou as die VSA.

Dogmanet ·

Natuurlik sal die mense so sê in ‘n openbare peiling, anders word hulle toegesluit of vermoor….

Marthinus W ·

Amerikaanse NRO’s soos USAID, National Endowment for Democracy [NED], Freedom House, ens is betrokke by die sogenaamde “kleurrevolusies”; hulle erken dit openlik. Biden het Samantha Power aangestel as USAID se nuwe hoof, en daar is dadelik gese dat alle USAID-mense militere opleiding moet kry, sodat hulle meer “praktiese” hulp kan verleen. (Samantha Power en Anna-marie Slaughter het Barck Obama oortuig om Libie in te val en Gadaffi te vermoor.)

Omdat hierdie NRO’s mense in Rusland opgestook het, is n wet aanvaar waarvolgens alle organisasies in Rusland wat deur die buiteland gefinansier word, n etiket op hulle webwerwe en briefhoofde moet sit dat hulle ‘n “buitelandse agent” is. Die Levada-sentrum is so n organisasie. Dus kan ons hulle syfers as korrek aanvaar, want in Rusland word hulle as die vyand beskou.

Kobus ·

Die pro Putin het seker die sinsnede gemis dat die Pro Kremlin die meningsopname gedoen het. Die gewone rus word net blootgestel aan RT en russiese propoganda, en weet nie van beter nie. hul staar 15 jaar tronkstraf in die gesig as hul net iets negatief durf kwytraak teen Putin (alla Hitler). Hou gerus aan om Putin, En diktators soos Kim en Sirie ens., en die ANC en EFF ondersteun , wat ook dink soos julle. Ek verseker julle dat die weste baie kennis neem van die SA UN resolusies. Moenie verbaas raak as SA in die toekoms vind dat baie buitenlanders en westerse lande minder graag wil besigheid doen en bande met SA na streef nie. As die ondersteuners met vakansie wil gaan of hul bloetjies oorsee wil stuur, gaan gerus na Rusland, N Korea of Sirie, ek verstaan daar is baie goeie pakette beskikbaar tans.

tweeling ·

As 10 mense gevra is en 8 het positief gestem is dit 80%. Geen mens weet hoekom hierdie syfers genoem word as daar nie ‘n ordentlike steekproef gedoen is met die minimum herhalings nie. Net sensasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.