Poetin dalk weer pa

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (2006) Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons

Pres. Wladimir Poetin van Rusland (2006) Foto: Kremlin.ru via Wikimedia Commons

Wladimir Poetin (62) was vir ʼn hele paar dae uit die openbare oog met die verduideliking dat hy behandel word vir rugpyn deur ʼn Switserse dokter.

Hy het ná ʼn ontmoeting met Italië se Matteo Renzi op 5 Maart onverwags verdwyn. Verskeie berigte uit Moskou beweer egter dat hy in Lugano, Switserland, was. Daar het die Olimpiese gimnas Alina Kabayeva (31) lewe geskenk aan ʼn babadogtertjie in ʼn private kliniek, Sant’Anna.

Daar word al baie jare lank beweer Alina Kabayeva is Poetin se geheime minnares. In 2008 is ʼn Russiese koerant summier gesluit nadat dit oor die verhouding verslag gelewer het. Poetin se amptelike woordvoerder het geen doekies omgedraai met dié woorde: “Information about the birth of Wladimir Poetin´s child does not correspond to reality.”

Die Kremlin het nog nooit erken dat daar ʼn verbintenis tussen die twee bestaan nie. In 2013 het Poetin van sy vrou, Lyudmilla, ná ʼn huwelik van 30 jaar geskei. Alina Kabayeva is uit die openbare oog sedert September verlede jaar toe sy bedank het uit haar pos in Poetin se United Russia-party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jacques ·

Wat n great presedent, hy was weg net vir n paar dae toe mis sy mense hom.
Haha ons Zoempie kan weg wees vir n maand en n aand en niemand sal dit nie eens agterkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.