Poetin dreig Turkye met verdere sanksies

President Wladimir Poetin van Rusland Foto: Rusland-regeringskantoor

President Wladimir Poetin van Rusland Foto: Rusland-regeringskantoor

Wladimir Poetin, president van Rusland, het Donderdag Turkye met nog sanksies gedreig nadat hulle ʼn Russiese vliegtuig afgeskiet het.

Poetin het gesê Rusland is bewus van onwettige oliehandel in Ankara met die Islamitiese Staat (IS)-terreurgroep.

Turkye het verlede week ʼn Su-24 op die grens tussen Sirië en Turkye afgeskiet.

“Ons weet wie in Turkye hul sakke vul en terroriste toelaat om wins te maak uit olie wat uit Sirië gesteel is,” het Poetin aan die Federale Vergadering tydens sy jaarlikse staatsrede gesê. “Dit is geld wat hierdie rowers gebruik om vir huursoldate te betaal, wapens aan te koop en onmenslike aanvalle teen ons inwoners te organiseer.”

Betrekkinge tussen Moskou en Ankara het dramaties versleg nadat die vliegtuig afgeskiet is. Turkye voer aan die vliegtuig het sy lugruim oortree, maar Rusland ontken dié bewering.

ʼn Russiese vlieënier aan boord die vliegtuig is tydens die aanval dood. ʼn Marine-soldaat is dood tydens die reddingsoperasie. Poetin het sy toespraak begin deur ʼn oomblik van stilte vir die gevalle soldate, wie se vroue ook teenwoordig was.

Poetin het egter dit benadruk dat Rusland die Turkse inwoners as vriendelik beskou en dat Moskou geen bedoeling het om Turkye te dreig met ʼn vertoon van militêre mag nie.

Rusland het reeds sanksies teen Turkye ingestel wat ʼn verbod op landbouprodukte en konstruksiemaatskappye insluit, in reaksie daarop dat Ankara versuim om om verskoning te vra ná die voorval.

Poetin het die land met verdere sanksies gedreig in sy toespraak.

Die Russiese leier het ook ʼn verenigde anti-terreur-front onder leiding van die Verenigde Nasies bepleit en gesê dit sal onmoontlik vir ʼn enkele land wees om enige oorwinning oor terreur te behaal te midde van oop grense en ʼn toestroom van vlugtelinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerhardt ·

Turkye en Rusland, nie een is juis betroubaar nie. As ek regtig moet kies, vat ek die Russe se kant op die een. Soos Herman dit gestel het, Turkye is reeds ‘n Islamitiese Staat (IS).

Dee ·

Ondersteun ek jou met hierdie ene. Poetin is ‘n kommunis en aanhanger van Al-Basjir van Soedan maar Turkeye is beslis swakker geselsskap. Ek kyk steeds met verbasing na ‘n klaarblyklik landlose klomp moslems wat ‘n bedreiging vir die wêreld en selfs hul mede moslems geword het. Hulle blyk ‘n taaier as verwagte gevegsfront te wees. Dit is egter nie onverwags nie. Daar is 2000 jaar gelede al van hulle vertel.

Flippie ·

Turkye gaan die oorsaak van die volgende groot oorlog wees. Rusland sal een van die lande wees wat teen die Turksgeleide offensief sal veg. Hierdie oorlog gaan nie Oos-Wes storie wees nie.

Nico K ·

Die probleem is dat Turkyeby NAVO aangesluit het in die ou dae toe die kommuniste en kapitaliste teen mekaar was. Intussen het kommunisme verdwyn (hoewel die ANC dit nog nie weet nie) en die verdeling is tans tussen Moslem state en die res. En soos reeds deur ander gesê is Turkye ‘n Moslem staat. My vraag is, weet Rusland aan wie se kant hy is. Moslems in sy eie land is vir hom net so groot bedreiging.

Trolle ·

Niko die geheim is dat die weste eintlik besig is om vanself moslem te raak met hulle vrees vir moslems.
Putin weet hoe om vriende met hulle te wees sonder om te buig. Gaan kyk die vidio Obama en daai engelanse primier buig voor die Saudie koning en Putin kyk hom in sy oe.

chrisp ·

Nico K

Dankie vir daai een oor die ANC, het goed afgegaan saam met die koffie so vroeg.Puik!

Stem grootliks saam met almal hier .Rusland gaan dalk vorentoe ‘n probleem word maar tans is die weste en veral die VSA baie grooter varke in die verhaal.

Trolle ·

Dee gaan doen eers n bietjie self navorsing voor jy iemand as n kominis uitmaak.Kan sien jou kop het vasgehaak oor Mnr Putin se vriende doeñ sommer navorsing oor jou vriende se vriende ook.Ek het baie respek vir wat hy nou doen.Ons hier in SA is vas aan die slaap en besef nie regtig wat isis is nie, die helte van ons worry nie regtig oor hulle kinders se toekoms en in watse tiepe wereĺd gaan hulle in groot raak nie.Net nog geld maak en koop alles wat die kind wil he.

Hans Kruger ·

Maroela Media – Let asb. op die korrekte spel van Vladimir Putin se naam.

Ek stem grootliks saam met die kommentaar. Ek dink die Russe speel politieke spel (sanksies en propoganda) om tyd te gee dat die pot meer aan die kook raak… Dit raak by die dag duideliker dat die VSA via Turkye voordeel trek uit die verhandeling van oli op die swartmark. Dus in wese befonds die VSA die IS-terroriste. Vir die gewone Amerikaner begin Obama se moslem-agtergrond ‘verdag’ raak. Daarom dan ook dat Donald Trump se gewaagde uitsprake teen moslems en terroriste groepe baie aftrek kry.

Volgens finansieële nuus (Reuters) is daar in 2012 alreeds vasgestel dat die Middeooste meer kapitaalkragtig is as die VSA…

Die pot moet nog bietjie kook, en die plaat moet warmer gedraai word sodat die politieke en militere moonthede hul ware kleure kan wys… ek weet nie of ek verkeerde afleidings maak nie maar dit wil voorkom of Duitsland die Russe se strategie teen IS ondersteun…

Sune van Heerden ·

Dagsê Hans

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer. Die spelling, “Wladimir Poetin”, is die korrekte Afrikaans.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Frans ·

Poetin is glad nie so onskuldig nie.Sy lugmag het ‘n gewoonte om ander lande se lugruim te skend.Hy laat my so’n bietjie aan Richie Mccaw dink in die verband,gedurig besig om op die grenslyn te speel en dan verontwaardig raak, as hul uitgevang word.

Dit is ook redelik seker dat vlug MH 17 van Amsterdam na Kuala Lumpur met ‘n Russies vervaardigde Buk-missiel afgeskiet is,op 17 Julie 2014.Daar is videomateriaal wat duidelik aantoon dat die mobiele missielbattery vinnig met een missiel minder van die seperatiste se gebied na Rusland verwyder is.

Daar was 283 passasiers, insluitend 80 kinders en 15 bemanningslede op die vliegtuig.
Putin ontken steeds Rusland se aandeel in die tragedie en hou vol dat hul nie betrokke was nie en weier om te erken dat dit hul mobiele Missielbattery was wat gebruik om die vliegtuig af te skied.

Soortgelyke missielbatterye gaan nou ontplooi word om hul vliegtuie te beskerm,wat nie net Isis bombardeer nie, maar ook ander wat teen President Assad veg omdat dit net Rusland en Iran is wat die regime ondersteun en staande hou, nieteenstaande die feit dat Assad se lugmag bomme op sy eie mense afgooi.

Ongeveer 250 000 mense het reeds hul lewens verloor en word die stroom vlugtelinge na Europa daagliks groter. Daar is ook bewyse dat sommige Russe net so fluks olie van Isis aankoop, iets wat Putin ook ten sterkste ontken.

Ook is daa

Trolle ·

Frans ek sien waar jy jou info kry
Vra jou self die vraag hoekom wil hulle vir Asad uit he en wat soek US teroriste elkgeval in Syria.
So dis reg om teroriste geldelik te ondersteun solank hulle net nie bomme plant in France nie.Mense regverdig alles wat USA doen as reg ongelooflik.
Elke mens glo mos maar sekerr wat hy wil glo nie wat waarheid is nie ek dink dis die probleem met ons. Die USA gaan ons nie kom beskerm hier as hier probleme kom nie vergeet maar daarvan Frans

Frans ·

Trolle

Rusland belê miljoene Rande in verskeie land.Maar dit is nie net Rusland, feitlik elke land
betrokke in die konflik het buitelandse belange veral as dit gaan oor olie.Ook moet jy die wapenindustrie in jou land aan die gang hou.

Dit help nie jy ontwerp gedurig nuwe wapens en ammunisie en toets nooit hul doeltreffend heid nie, want alles raak gou verouderd en in onbruik en word swak verkopers.Die verkoop van wapens: “In more recent years,annual sale of arms has risen to around 50-60 billion USD……)

Alle lande insluitende Sjina belê in ander land met groot minerale rykdom.So het ons buurman in Zimbabwe in 2005 ongeveer 205 USD se tenks,Panster voertuie ens van Sjina aangekoop nieteenstaande die feit dat die land tegnies bankrot is.Later is ook ongeveer 12 vegvliegtuie aangekoop.

Al hierdie word gebruik nie om buitelandse vyande mee te beveg nie maar om die plaaslike bevolking onder beheer te hou.

Jy kan maar seker wees dat Amerika sy oorlog teen terrorisme voer ook uit beskerming van sy bondgenote in die Midde Ooste want as Isis nie kort gevat word nie en ongehinderd
uitbrei en hul hande op meer wapentuig kry gaan die midde Ooste soos ‘n kruitvat ontplof
en oliepryse ongehoorde hoogtes bereik en Suid Afrika nie ongeskonde daarvan afkom nie.

Ek weet nie op grond waarvan jy jou afleidings maak nie want oorlog in enige vorm was nog altyd ‘n smerige besigheid ongeag die motivering daarvoor.Die vraag is gaan die wêreld ‘n beter plek wees as Asad en Isis nie meer ‘n rol speel nie.Dit gaan daarvan afhang of daar
‘vrede’ gaan wees wat die miljoene vlugtelinge instaat gaan stel om terug te keer na hul tuisland en dit te herbou met biljoene buitelandse hulp wat dan weer toegaan gaan gee
tot die oliebronne,want een hand was die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.