Poetin en Obama bespreek Oekraïense krisis

Wladimir Poetin van Rusland en Barack Obama van Amerika

Wladimir Poetin van Rusland en Barack Obama van Amerika

Wladimir Poetin, president van Rusland, het die Amerikaanse president Barack Obama Vrydag gebel om ʼn Amerikaanse voorstel vir ʼn diplomatieke oplossing na die krisis in Oekraïne te bespreek.

Obama het voorgestel dat Rusland skriftelik moet reageer en die presidente het ingestem dat hul ministers van buitelandse sake sal vergader om die volgende stappe te bespreek.

Obama het Rusland gemaan om verdere provokasie te vermy, insluitend die toename van soldate op die Oekraïense grens. Obama sê ʼn diplomatieke oplossing is slegs moontlik indien Rusland sy troepe onttrek en nie enige verdere stappe doen om Oekraïne se grensgebied en soewereiniteit te skend nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

President Putin gaan vir seker nie O-bummer se snert duld nie ! Hy maak ‘n besluit en staan daarby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.