Poetin herverkies: ‘Rusland kan nie teruggehou word’

Pres. Wladimir Poetin
(Foto: Pavel BEDNYAKOV / POOL / AFP)

Wladimir Poetin (71) is vir ʼn vyfde termyn as Russiese president verkies.

Hy het in sy oorwinningstoespraak gesê Rusland sal nie “geïntimideer” word nie. “Ek wil julle almal bedank vir julle ondersteuning en hierdie vertroue,” het Poetin vroeg Maandagoggend op ’n nuuskonferensie by sy veldtoghoofkwartier in Moskou gesê ure nadat stembusse gesluit het.

Poetin is nou op koers om die langsdienende Russiese leier in meer as 200 jaar te word.

“Maak nie saak wie of hoeveel hulle ons wil intimideer nie, maak nie saak wie of hoeveel hulle ons wil onderdruk nie – niemand het nog ooit met so iets in die geskiedenis geslaag nie. Dit het nie nou gewerk nie en sal nie in die toekoms werk nie. Nooit nie.”

Met 99% van stemlokale wat uitslae ingedien het, het Poetin 87,33% van alle stemme uitgebring op hom verenig, het amptelike verkiesingsdata volgens die staatsnuusagentskap RIA getoon.

Poetin het Russiese troepe wat in Oekraïne veg, uitgesonder in sy toespraak en aangevoer dat die land se magte ’n groot voordeel op die slagveld het.

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het Poetin as ’n “diktator” bestempel wat “dronk van mag” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Michael ·

Komunistiese kriminele hou verkiesing net as n oë vverblindery geen wonder die anc en eff verafgoot hulle so nie.

Aai ·

Nou moet Trump net president word dan sal daar bietjie meer vrede in die wereld wees die twee leiers verstaan mekaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Al wat Poetin en Zelinski gaan stop is hul eie soldate wat moeg is om stukkend geskiet te word. Verwag militêre opstande in beide lande. Net met dié twee menere uit die pad kan sinvol onderhandel word. Dis hoe dinge al vir honderde jare daar gedoen word.

Katinka ·

Goeie Nuus, ‘n man van murg en been wat staan saam sy mense, sy “motherland”.

Adriaan ·

Putin holds election during largest armed conflict since World War II and wins 87% with high turnout. The West denounces this as tyranny.

Zelensky cancels the elections, imprisons his political opposition and ships his leading rival to the UK. The West calls Ukraine a model democracy and sends it tens of billions of dollars.

Keep that in mind as you read coverage of the Russian election in Western mainstream media.

Mari ·

Die eenigste president wat hom nie deur die globaliste laat voorskryf nie.
Geluk President Wladimir Poetin!

Michael ·

Een van bitter min leiers op aarde wat nog morele waardes het. Baie bly hy het gewen

Kuver ·

Die mense wat so glo in poetin, wat rook julle, ek soek ook asb

Pieter ·

Adriaan omtrent 30 sekondes se soek wys wat jy se is nie waar nie. As jy ook daaraan dink vir langer as 30 sekondes kom jy agter waarom dit makliker is vir Rusland om ‘n verkiesing te hou (veral as die resultaat gewaarborg is) WANT DIE OORLOG IS NIE IN RUSLAND NIE. Probeer jy om nie te dink nie of kom dit natuurlik?

Marie wat op aarde. Die man is een van die rykste mense op aarde. Hy is die definisie van die “ryk globalistiese eliete” Hy het ‘n yact en sy eie paleis op ‘n staat salaris???????

En Republikein as Putin en Zelensky baklei het oor ‘n buurland of iets ander maak dit dalk sin om beide lande te blameer maar hulle baklei in Ukraine. Dis soos om vir iemand wat verkrag is te vertel dis hulle skuld want hulle het ‘n te kort romp gedra.

Liewe hemel

Oosieoos ·

Die putin vrinne hou mos van ons omgekeerde apartheid so hulle is dood gelukkig in die nuwe SA. Luister so gou as wat jy kan wat a joernalus wat pas terug gekeer het van ukrain gister op rsg gesê het. Russiese soldate ryp en vermoor hul kinders. So dis hoekom julle van putin hou

Griesel ·

Kyk die Tucker Carlson onderhoud met Vlad. Dalk sal party iets wys word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Pieter, beide lande het al honderde duisende soldate verloor. Beide het tot dusvêr sewe keer meer gewondes en beseerdes gehad. Voeg nou burgelikes in Oekraïne by, insluitend die Donbas, dan lyk sake nog erger. Rusland het ook al ‘n paar honderd burgelikes verloor, en gaan nog meer ongevalle sien met grensdorpe wat kan ontvolk. Families aan beide kante is in rou gedompel. Gewone Oekraïnse soldate moet begin besef hul staar uitwissing in die gesig. Pole soek hoeka verlore grondgebied terug. Russiese soldate sal ook begin twyfel oor die oorlog, want hulle gaan nie wen nie. Hulle gaan ook tekorte aan wapentuig en mannekrag ondervind. Selfs Russies sprekers in die welvarende Donbas sal ‘n langtermyn skikking verlang. Daar is reeds sprake van Russiese soldate wat teikens in Rusland begin aanval. Poetin en Zelinski is albei in ‘n hoek en die eerste een wat ingee se dae is getel. Gewone soldate aan beide kante sal begin opstaan teen hulle regimes om die malligheid te stop. Dit gaan bloedig wees, maar Oekraïnier en Rus sal dan vrede maak, tot insteltenis van hul internasionale ondersteuners. Dit lyk my Oekraïne én Rusland is die twee susters met kort rokkies in dié storie.

Adriaan ·

@Pieter, ek het omtrent 30 sekondes lank gesoek en wat ek gese het is waar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.