Die Russiese president Wladimir Poetin het Woensdag gesê hy sal binnekort bevestig of hy homself volgende jaar weer beskikbaar sal stel vir die presidentskap.
Die president het tydens ʼn geleentheid in Moskou, wat hoofsaaklik deur die jeug bygewoon is, gesê hy sal die ondersteuning van die publiek in ag neem wanneer hy sy besluit neem. Hy wou by die gehoor uitvind of hulle hom volgende jaar tydens die verkiesing in Maart sal steun. “Ja!” het die gehoor geantwoord onder luide toejuiging.
-Reuters
Hy sal maar moet aanhou werk? Nes ek. Sy zumpies-kernkrag aftree plan het toe nie so goed uitgewerk as wat hy gedink het nie, né? So terug in die tuig, comrade….
Sê wat jy wil van hierdie omie maar hy ís vêr voor party presidente wat ek ken!
President Vladimir Putin announced on Wednesday he would seek re-election in March 2018, a contest opinion polls show he will win comfortably, setting the stage for him to extend his dominance of Russia’s political landscape into a third decade.
Al die opposisie word tronk toe gestuur of vermoor.
Party mense lewe in n hollywood droomwereld.Die verskriklikke Russe!
Hy moet seker n verskriklikke slegte presedent wees dat sy mense so hou van hom hou?
Ag, ek is so bly hy gaan hom weer verkiesbaar stel. Dit gee aan sommige Afrikaners met hulle heldeverering vir hom darem nog hoop op redding deur hulle wit ridder op ‘n perd.
Hoe kan die man se VAN “Poetin” geskryf word as dit eintlik “PUTIN” is?