Poetin sê sterftes in Bucha is ‘vervals’

ʼn Oekraïense dienspligtige staan wag naby ʼn massagraf in Bucha naby Kiëf (9 April 2022) (Foto: Sergei Supinsky/AFP)

Die Russiese president Wladimir Poetin het Dinsdag berigte verwerp oor honderde liggame van siviele burgers wat in Bucha, buite die Oekraïense hoofstad Kiëf, gevind is ná Moskou se troepe onttrek is.

Poetin vergelyk die beskuldigings met dié oor die gebruik van chemiese wapens deur die regime van die Siriese president Bashar al-Assad. “Dit is dieselfde tipe vervalsing in Bucha,” het Poetin tydens ʼn perskonferensie met Alexander Lukashenko, president van Belarus, gesê.

Franse polisiebeamptes en forensiese dokters het in Oekraïne aangekom om te help met die ontdekking van talle liggame in burgerlike drag in Bucha en ander dorpe rondom Kiëf. Oekraïne sê hy het op 1 222 liggame in Bucha en ander dorpe afgekom.

Die ministers van binnelandse sake en justisie in Frankryk sê die span is gestuur om vermeende oorlogsmisdade te ondersoek.

Rusland het die span dadelik daarvan beskuldig dat hulle bevooroordeeld is en ten doel het om Moskou se naam te skend.

Twee forensiese dokters en sowat 15 polisiebeamptes van die Nasionale Gendarmerie Misdaadnavoringsinstituut (IRCGN), kenners in misdaadtonele en slagoffer-uitkenning, vorm deel van die span. Die beamptes is vaardig in DNS-monsters en die verwerking van vingerafdrukke. Hulle het ʼn spesiale DNS-laboratorium om hulle te help om vinnig genetiese analise te doen.

Iryna Venediktova, staatsaanklaer-generaal in Oekraïne, het Sondag gesê Kiëf ondersoek 5 600 vermeende oorlogsmisdaade van “500 verdagtes” van Rusland se regering en weermag.

Frankryk se pres. Emmanuel Macron sê daar is “duidelike tekens” van oorlogsmisdade deur Rusland naby Kiëf. Moskou ontken dit en Poetin het Oekraïne daarvan beskuldig dat hulle die siviele sterftes nagemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johann ·

Klink bekend? O ja…ter plaatsse is dit mos n gunsteling van sy comrades! Issi ek nie…issie ons nie…issi so nie…almal probeer ons laat sleg lyk… LEUNAAR VAN NATUUR!

Thom ·

En woorde van n ware leier : ” Calling things by their names is essential to stand up to evil. We are grateful for US assistance provided so far and we urgently need more heavy weapons to prevent further Russian atrocities.”

boerie ·

Ja ou poetin ek sal graag wil sien hoe lyk n nagemaakte lyk, in Bucha. Hier by ons lyk hulle soos parlementslede.

Jacobus ·

Soos al die oorlogsugtige leiers, het Poetin ook baie obsessies, wat deur onskuldige mense uitgevoer moet word, terwyl hy in sy goue kantoor sit, wat nog deur die Tsar gebou is.
Sy volgende offensief gaan seker teen Israel wees?

Marthinus W ·

Poetin en Israel het n goeie verhouding. Sedert die 1970s het soveel Russiese Jode na Israel geimigreer, hulle spot selfs, dat Russies die nie-amptelike tweede taal van Israel is. en omdat soveel Jode deur Kief se verregse maatjies geteister is, het Israel die afgelope jaar reeds begin die Jode uit die gebied te beweeg. [op die webblad stalkerzone.org is daar fotos van die beledigings wat op Joodse sinagoges in Oekraine geverf is.]

JM ·

Putin sal voor God gaan rekenskap gee en daar sal hy niks kan ontken nie. Wreedaard!

E ·

Putin erken ook natuurlik dat Rusland Ukraine ingeval het – wel alle sterftes le voor sy deur – russe en oekraniers, as hy nie ingeval het nie het niemand gesterf nie.

Elize ·

Ja en almal wat hom aanhang moet weet hier kom groot hongersnood. Vanoggend gehoor op die Landbouprogram dit gaan die boere in die Oekraiene baie baie jare vat om weer te begin en intussen voer ons hoenders en kos ten duurste in. Wie gaan dit later kan bekostig. Werksverlies word net groter en groter.

Kobus ·

Ek het gister gepraat met n Dr wat pas teruggekeer het van Oekraïne en die verhale van die verdriet en leed wat daar afspeel is aangryplik. Vir die pro Putin en pro oorlog ( of soos Putin dit noem special military operation), ondersteuners, as Jul vannaand gaan slaap, dank die Vader dat dit nie julle land is wat ingeval is nie, waar julle geliefdes dood gemaak word nie, of waar Jul moet vlug met net die klere aan Jul liggaam nie, waar geliefdes uit mekaar geruk word. Hou op om die media te blameer vir die werklikheid wat daar aangaan.

Marthinus W ·

Wat die media nie wil wys nie, is hoe die Azof-bataljon, onder andere, die mense in die Donbas geterroriseer en fisiek aangerand het. Daar is baie videos wat wys hoe die mense van blydskap huil oor die Russe wat hulle kom bevry van agt jaar se tirannie.

Kobus ·

Regverdig dit dat Putin die res van die land vernietig? Vir Putin is dit n militere strategie om n landbrug te skep tussen Donesk en Mariupol so dat hy toegang kan kry tot the Krimeiland en die Swartsee kan beheer, hy het dit nie gedoen uit die deernis van sy hart om die arme mense in Donbas te bevry nie. Miskien gaan hy voort en kom bevry jou ook, en dan kan jou oor blydskap huil.

Anna-marie ·

Dit is die Amerikaners wat die oorsaak is van die oorlog.

Thom ·

@Anna-marie ___ ek stem 100 % saam : die VSA gebruik Russiese soldate om teen Oekraïene oorlog te voer . Amerika het vir Poetin in die Kremlin geplant en beheer hom en al die Russiese rykgatte met geld en wortels van nog meer geld deur van Soros gebruik te maak. Alles word natuurlik gedoen om die nuwe wêreldorde te bevestig.

4ntj13 ·

Angola, Sirië en nou Ukraïne. Die media van propaganda het net verander. Voor die inval het Poetien ewe Ukraïne as ʼn onafhanklike, soewereine staat ontken. Hy was nooit bang dit backfire as genocide nie! Histories kom die Kiëvse Russe, waarvan die meeste Russe hoop hulle kom, uit die Middeleeue, uit Ukraïne en nie andersom nie! Die konsistente Russiese onmenslikhede verdien nie die naam “Europeër” nie! En, ja — Steinmeier-hulle was duidelik gullable, om die minste te sê!
Maar, dit vra ons wat deur die Grensoorlog geleef het, om nie te val vir sy plaaslike propaganda ook nie — Covid kom nie van Amerikaners nie. Russe het báie meer intensie as wat die VSA stupid was! Dink weer!

Anna-marie ·

‘n Franse journalis van die Franse koerant Le Figaro, Georges Malbrunot, wat onlangs van Oekraiene af terug gekeer het na Frankryk, sê die Amerikaners is direk in beheer van die oorlog in Oekraiene:
“And who is in charge? Its the Americans, I saw it with my own eyes. I thought I was with the international brigades, and I found myself facing the Pentagon” Malbrunot het ook getweet: ” The British SAS units have been present in Ukraine since the beginning of the war, as did the American Deltas”

Thom ·

Op watter manier is dit verkeerd om Oekraïene se soldate op te lei ? Waarom pla dit jou ? Omdat Poetin se moordbendes pak kry ?

Marthinus W ·

Die probleem is dat die Amerikaners en Britte dit al sedert 2014 doen. Hulle misbruik die Oekrainers teen die Russe, soos wat die Amerikaners ons misbruik het in Angola.

Die afgelope paar dae is daar n paar interessante dinge gese: Efraim Zuroff van die Simon Wiesenthal Centre in Israel het gister gese daar is Neo-Nazis in Okeraine, en dis is “absurd” om dit te erken. Die WGO-baas, n Ethiopier, het gekla dat dit ooglopend is dat swart lewens nie so belangrik is as wit lewens nie – die oorlog in Oekraine wys dit. En geen nuusdiens het nog die moed gehad om te erken dat Zelenski sy hele opposisieparlement verban het nie; die amptelike opposisieleier is in kettings geslaan. Toe noem Zelenski dat Duitsland se prez, Steinmeier, nie welkom is as hy nie “iets” saambring nie. Zelenski sit op sy troon en almal wat soontoe gaan moet geld of bomme saamvat. Wat n morele korrupsie!

Treurwilger ·

Marthinus, en die wêreld hang aand vir aand op tv aan Zelenski se lippe!
Dit laat ‘n mens amper sprakeloos oor die “konsert” wat aan die gang is.
Wat ‘n absurde tragedie.

Thom ·

Hulle het Oekraïene se soldate begin oplei na Rusland se brutale anneksasie van Crimea en die destabilisasie van die ooste van Oekraïene : alles vir Poetin se droom om die Soviet Unie te laat herleef . Die mense in die sg Donbas-streek beskou hulself as deel van Oekraïene en slegs 20 % van die bevolking daar praat net Russies . Die moorde op die burgerlikes daar bestaan NET in poetin en sy aanhangers se drogbeelde. Die rebelle bombardeer nes hulle Russiese koning geboue en burgerlikes ___ ek het vriende daar .

Treurwilger ·

Rusland en Oekraïene (Kiëf) is deur die eeue verbind, die Weste het absoluut niks daar verloor nie, hul gierigheid laat hul neuse oral insteek en chaos veroorsaak.
Vir lesers om meningsverskille te hê oor sake is toelaatbaar.
Oop vir oortuiging is goed, maar wat hierdie “proxy”-oorlog betref, daardie skip het geseil.

Thom ·

En die ” iets” waarna jy verwys is militêre hulp en / of wapens wat sin maak onder omstandighede.

andre ·

Ek is Afrikaans ,NG Kerk het my 2 jaar diensplig plus kampe vir 14 Veldregiment,Potchefstroom gedoen ,stem VF+ en ondersteun Poetin ,Trump en Marine le Pen van Frankryk.

Thom ·

Geluk ! Ek weier om mans te ondersteun wat hulle hande teen vrouens lig , word deur niemand ‘n rat voor die oë gedraai nie , ondersteun progressiewe denke , verafsku moordenaars en geniet Rachmaninoff se musiek .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.