Poetin weer beskikbaar vir herverkiesing

Wladimir Poetin (Desember 2017) Foto: AP Photo/Ivan Sekretarev

Die Russiese president Wladimir Poetin het Woensdag bevestig dat hy homself beskikbaar sal maak vir herverkiesing.

Indien Poetin die verkiesing sou wen, wat waarskynlik lyk, sal hy die persoon wees wat die langste aan bewind is in dié land, sedert die diktator Josef Stalin.

Poetin het sy aankondiging gemaak by die GAZ-motorvervaardigingsaanleg in Nizhny Novgorod, waar die werkers hom entoesiasties ontvang het.

“Dankie vir julle ondersteuning. Ek sal weer beskikbaar wees om as president verkies te word.”

Poetin is al sedert 2000 aan bewind in Rusland. Hy het twee presidensiële termyne in 2000 – 2008 uitgedien en toe in die rol van eerste minister geskuif, as gevolg van beperkings op termyne, hy was egter steeds aan bewind terwyl ʼn vriendskaplike genoot, Dmitri Medvedev, as “plekhouer”-president gedien het.

Medvedev het die presidensiële termyn tot ses jaar verlang en het uitgetree sodat Poetin weer in 2012 die presidentskap kon oorneem. Indien Poetin weer verkies word, sal hy tot 2024 die president wees – die langste heerskappy sedert Stalin.

Alhoewel min getwyfel het dat Poetin weer aan die verkiesing op 18 Maart sou deelneem, is ʼn vertraging in sy aankondiging beskou as deel van die Kremlin se politiekery.

“Dit was nodig om verkiesingsmobilisering te verseker,” het Dmitri Orlov, ʼn politieke konsultant naby aan die Kremlin, tydens ʼn televisie-onderhoud gesê.

Die Kremlin was besorg oor apatie van die kiesers en die onsekerheid oor Poetin se planne het vermoedelik ten doel gehad om die publiek se belangstelling in die verkiesing aan te wakker. Poetin se goedkeuringskoers is meer as 80% en hy sal na alle waarskynlikheid die verkiesing wen.

Blouboordjiewerkers en staatsamptenare vorm die kern van Poetin se ondersteunersbasis.

Wladimir Poetin (Desember 2017) Foto: AP Photo/Ivan Sekretarev

“Dankie vir julle werk, vir julle houding teenoor julle werk, julle aanleg, julle stad en julle land!” het Poetin aan die aanlegwerkers gesê. “Ek is seker dat ons saam suksesvol sal wees.”

Die GAZ-aanleg is een van die land se tekenende nywerheidsreuse. Dit is tydens die Sowjet-nywerheidsbeweging in 1932 gebou en het al miljoene voertuie, van paneelwaens en militêre vragmotors tot Volga-sedans en luukse motors vir die Sowjet-elite vervaardig.

Maroela Media het vroeër berig Poetin is vroeër Woensdag gevra oor sy planne tydens ʼn vergadering met jong vrywilligers in Moskou. Hy het in daardie stadium gesê hy sal binnekort bekend maak of hy vir herverkiesing beskikbaar sou wees.

Beamptes en wetgewers het vinnig op Poetin se aankondiging reageer:

“Die besluit gee ons ʼn gevoel van sekerheid vir die toekoms,” het Vyacheslav Volodin, speaker van die laer huis in die parlement gesê. “Die besluit was verwag, maar ons het reeds bekommerd geword.”

Valentina Matviyenko, speaker van die hoër huis in die Russiese parlement, het gesê Poetin se aankondiging bring ʼn einde aan “angs en spanning in die samelewing”. Die hoër huis sal na verwagting later vandeesmaand formeel met die verkiesingsveldtog begin.

Veterane van vorige veldtogte, kommunistehoof Gennady Zyuganov, ultranasionalis Wladimir Zhirinovsky en liberale leier Grigory Yavlinsky het almal ook hul voornemens bekend gemaak om aan die verkiesing deel te neem. Ksenia Sobchak, ʼn bekende televisie-aanbieder en dogter van die voormalige burgemeester van St Petersburg, Anatoly Sobchak wat Poetin se baas was in die 1990’s, sal waarskynlik ook by die groep aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eish ·

Een van die min ware leiersfigure in die wêreld.
Man van statuur. Ons het seker goed n 100 jaar plus laas so n leier gehad.

alwyn burger ·

Putin : Kragdadig ,gewild, beheersd en selfversekerd!. Seldsame kombinasies!

Denise ·

Poetin is een van die presidente wat bo al die ander uitstaan kragtige man!!!!

Cornelia ·

Ja, die magnetisme van die Antichris! ‘n Volmaakte kulkunstenaar. Google gerus: Putin and his war on Christianity/ Christian persecution.

gatiep ·

Cornelia hy is dan reeds die een wat Christeskap wil behou.
Dink jy die EU of NATO probeer Christenskap bewaar?
Die weste is nie meer wat jy dink hulle is nie.
Die mense in beheer daarvan is gewetenlose mense sonder morele waardes.

brt vd merwe ·

Sjoe maar die vals liberale Amerikaanse propaganda word wyd geglo!

John ·

Wanneer het Putin van godsdiens verander? Of is dit die nuutste uit die Soros-Clinton-kraal?

Dries ·

Rusland laat hulle nie meevoer deur die sekulêre humanisme vna die EU nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.