Pole straks EU-stemreg kwyt

Pole (Foto: ANA)

Pole kry die wind van voor weens die meerderheidsparty se planne om vier wette deur die parlement te voer wat in effek die onafhanklikheid van die regbank ongedaan maak.

Pole se regerende party is die regse Reg en Geregtigheid PiS.

Grootskaalse betogings kom in Pole voor van mense wat teen die nuwe maatreëls gekant is.

“Pole stuur ʼn aanval op die skeiding van magte van stapel,” aldus Paul Meiknecht, ’n regsgeleerde wat ook deel van die span Nederlanders was wat  Pole gehelp het om wetgewing in pas te bring met vereistes van die Europese Unie sodat die land in 2004 lidland kon word.

Volgens Meiknecht het Pole (’n voormalige kommunistiese staat), nie lank genoeg ervaring van demokrasie gehad om die gevare van die nuwe wetgewing te begryp nie.

Die wette het ten doel om die regbank in Pole onder die gesag van die regering te plaas, aldus die ondervoorsitter van die Europese Kommissie, Frans Timmermans.

Die Europese Kommissie het ’n beroep op Pole gedoen om die voorgestelde wetgewing op die lange baan te skuif.

Ook die Poolse president, Andrzej Duda, het ingemeng deur ’n kompromiswet voor te stel, wat sou verseker dat die PiS nie alleenseggenskap oor die Poolse Raad vir Regspraak kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ken2 ·

Die EU is meerstemanipuleerders, kyk maar na Merkel, maar hierdie storie klink nie goed nie.

JC ·

En; dink die “EUSSR” dat Pole ‘n snars omgee? Ha, in die land van die blindes is eenoog koning!
Mooi Pole, BRAVO!

Nico K ·

JC jy verstaan duidelik nie dat dit is presies wat Zuma in SA ook probeer doen en ek wonder of jy dan ook gaan sê mooi Zuma, bravo.

JC ·

Nico K, die verskil is dat die Pole opstaan teen die Europese kleptokrasie wat muishond taktieke gebruik; en die EUSSR se burokratiese en “ondemokratiese” beleide (wat nie deur “demokraties” verkose heersers geinisieer word nie, maar deur burokrate wat vere voel vir Pole se sensitiwiteite en idiosinkrasiteite, maar gepropageer word vanuit Brussels); so asof slegs Brussels weet wat goed is vir die Pole en so asof die Pole nie vir hulself mag of KAN dink nie! Brussels se wil word mooitjies net so op die Pole AFGEDWING.

By ons IS die “heersers” ‘n spul niksseggende en geldhonger kleptokrate! GROOT VERSKIL!!
Die een is in reaksie teen ‘n ONREG, die ander IS ‘n skreiende onreg en skande!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.