Polemiek oor Obama se “derde termyn”

ObamaDaar is bewysbaar baie joernaliste wat nie toelaat dat die waarheid in die pad van ‘n lekker storie staan nie. Hoewel berigte die wêreld ingestuur word om te sê ‘n berig wat lui dat pres. Barack Obama hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar wil stel, net ‘n poets was, word steeds op groot skaal oor die aangeleentheid berig.

Die aangeleentheid het reeds byna 100 miljoen Google-trefslae opgelewer.

Die “sondaar” wat die storie “gebreek” het is die webwerf National Report. National Report is egter ‘n satiriese blad, en volgens sy eie vrywaring plaas dit nie werklike nuusstories nie. En dit is nie net hierjy nuusblaaie wat steeds met die storie loop nie. US News, die Washington Times en vele bekende titels kon die versoeking nie weerstaan nie.

Die tradisie van nie meer as twee termyne dien nie, is deur die VSA se eerste president, George Washington begin, hoewel hy self nie teen die beginsel van meerdere termyne gekant was nie. Trouens, Washington het gemeen daar kan omstandighede, soos noodsituasies, wees waar ‘n derde termyn of selfs meer wenslik sou wees.

Pres. Theodor Rooseveldt het hom in 1912 weer verkiesbaar gestel, maar na ‘n onderbreking ná sy tweede termyn. Toe hy egter ‘n vierde termyn wou dien, is hy met die kous oor die kop huis toe gestuur.

In 1940 is nog ‘n Rooseveld, Franklin D, vir ‘n derde termyn verkies. Dit was in ooreenstemming met wat Washington “die groot noodtoestand” genoem het met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog, en die groot Amerikaanse depressie. Hy is selfs ‘n vierde keer Withuis toe gestuur, maar is ‘n jaar later oorlede.

Die Republikeine het in 1947 ‘n grondwetlike wysiging voorgestel wat in 1951 as die 22nd Ammendment ‘n einde gebring het aan die vooruitsigte van meer as twee termyne.

Die jongste verwikkelinge het nietemin die debat heropen of die VSA nie sy eie demokratiese uitoefening verongeluk deur kandidate tot twee termyne te beperk nie. Ou argumente word afgestof, soos dat amptenare hulle aan die einde van ‘n tweede termyn nie meer aan die president hoef te steur nie, omdat hy op pad uit is. Ander voel weer meer as twee termyne skep ‘n situasie te naby aan ‘n diktatuur.

Selfs al sou Obama vir ‘n derde termyn kon staan, is dit te betwyfel of hy dit sou oorweeg. Sy gewildheid volgens verskeie peilings haal nou gereeld nuwe laagtepunte. Selfs van sy grootste ondersteuners sal hom nou die rug toekeer as hy weer sou wou staan. Boonop het sy adjunk-president, John Kerry, persoonlik ‘n boodskap aan pres. Joseph Kabila van die DRK oorgedra dat die VSA nie beloofde demokratiseringshulp sal oorbetaal as Kabila hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar stel nie. Die DRK se grondwet het ‘n beperking van twee termyne, maar Kabila se ondersteuners is, ironies juis weens die noodtoestand van rebelle-optrede, besig om voorbrand te maak dat meerdere termyne gedien kan word, of dat die verkiesing self nie eens plaasvind nie.

Maar intussen stook ‘n deel van die VSA se media steeds die vure deur te berig dat Oabama ‘n derde termyn wil staan. Sommiges temper dit deur te sê Obama het aangedui dat hy graag nog ‘n termyn sou wou dien.

Bronne: Washingtin Post, Rasmussen, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.