Polisie-held hardloop met baba na hospitaal

Konstabel Steve Norton en baba Harrison Paine Foto: Metropolitan Police Service

Konstabel Steve Norton en baba Harrison Paine Foto: Metropolitan Police Service

ʼn Vlugvoetige polisieman van Londen in Engeland het ʼn baba se lewe gered toe hy met die kind hospitaal toe gehardloop het.

Konstabel Steve Norton was op patrollie in Wandsworth in die suide van Londen toe hy op ʼn noodoproep reageer het, berig The Telegraph.

Die baba, Harrison Paine, het nie asem gehaal toe hy minute later by die toneel opgedaag het nie. Harrison se ma, Jo Paine, het hom ʼn paar dae tevore eers van die hospitaal af huis toe gebring en het ontdek dat hy nie asemhaal nie toe sy 999 geskakel het.

Norton was bekommerd dat dit te lank sou duur vir ʼn ambulans om op te daag en het met Harrison in sy arms na die St George’s-hospitaal in Tooting gehardloop. Hy het betyds opgedaag sodat paramedici die baba kon stabiliseer en sy lewe gered.

Lees die volledige berig in The Telegraph.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pikkie Trollip ·

Wow die man verdien n medalje en nog meer. Ek haal my hoed af vir sulke mense! Min mense wat bereid is om so groot besluit te maak bravo!

zahn ·

Jip, inderdaad goeie nuus. Hier by ons sou dit seker nie gebeur nie, ‘n hele paar van ons poliesmense is effens, net baie effens, oorgewig..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.