Polisie hoop hologram, strokiesprent kan saak oplos

Die strokiesprent wat die Rotterdam-polisie gedeel het (Foto: Politie.nl)

Die polisie in Nederland hoop dat moderne tegnieke om die publiek se aandag te trek, ʼn deurslaggewende rol kan speel in ʼn onopgeloste saak.

Drie meisies, onderskeidelik 13, 15 en 16 jaar oud is in 2010 aangeval. Hulle het van die skool af by die huis aangekom toe die gewapende man hulle ingewag het toe hulle hul fietse wou bêre. Twee van die meisies is met ʼn mes gedreig en verkrag. Die derde meisie kon vlug.

Die polisie in Rotterdam hoop dat hulle nou met nuwe tegnieke uiteindelik die man sal kan identifiseer.

Die polisie het ʼn paar weke gelede ʼn hologram van die oortreder vrygestel. Die verdagte kan in volledige 3D-vorm gesien word. ʼn Sogenaamde holo-boks is in winkelsentrums in Schiedam en Vlaardingen opgerig en is ook by die ondersoek-instansies Bureau Rijnmond en Opsporing Verzocht vertoon. Meer as 200 leidrade is reeds opgevolg en daar is ʼn paar wenke wat die span van Rotterdam-polisie hoop om verder te ondersoek.

Die span het egter vandeesweek nog ‘n stap gedoen in die hoop om dié leidraad te kry wat die saak sal kan oplos. Die openbare vervolger en uitgewer Seb van der Kaaden het saamgespan en Donderdag ʼn strokiesprent gepubliseer waar die voorval grafies uitgebeeld word. Die eenheid hoop dat ʼn letterlike uitbeelding van die voorval die saak weer onder die publiek se aandag sal bring en dat hulle dalk ʼn ander gehoor met dié medium sal kan bereik.

Klik hier om meer oor die saak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.