Polisie krap kop ná 14de voet op strand uitspoel

Argieffoto

Kanadese polisieowerhede krap behoorlik kop nadat die 14de mensvoet dié week in Brits-Columbia in die weste van die land op die strand uitgespoel het.

The Guardian berig owerhede kan sedert 2007 nie sin maak van dié verskynsel wat meer as een keer per jaar in dié westelike provinsie van Kanada voorkom nie.

Die jongste ontdekking is glo vroeër vandeesweek gemaak deur ʼn man toe hy laatmiddag op die strand van die Gabriola-eiland gaan stap het. Die voet, wat glo in ʼn draftekkie op die kus uitgespoel het, was in ʼn halfontbinde toestand.

Luidens die koerant wek dié voorvalle wêreldwyd opspraak aangesien 13 ander voete ook in draftekkies al op die strand uitgespoel het.

Gerugte op sosiale media is dat die voete onder meer dié is van persone wat in 2004 in die tsoenami dood is, of alternatiewelik in boot- of vliegtuigongelukke.

Barb McLintock, ʼn lykskouer, het aan The Guardian gesê die materiaal van die draftekkies het in al die gevalle verhoed dat die voete heeltemal ontbind.

In Desember verlede jaar het die 13de voet in Brits-Columbia op die strand uitgespoel. Dié voet is aangetref deur ʼn man wat met sy hond op die strand gaan stap het en die fibula en tibia was glo nog aan die voet vas. Die voet is geïdentifiseer as dié van ʼn 79-jarige man wat vermis geraak het.

Nog agt van die ander voete is ook uitgeken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Genoeg is genoeg. Dis nou tyd dat die polisie hulle voet neersit.

Valerie ·

Ja, Koos (fantastiese een van jou!), en ek hoop die polisie daar hou voet by stuk.

LB ·

Hulle hou voet by stuk dit is net ‘n verkynsel terwyl dit na ‘n reeks moorde lyk.. as ek in daardie geweste sou kuier sit ek sowaar voet in die hoek die tyd van die jaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.