Polisie krap kop ná vriende saam sterf

Argieffoto: https://pixabay.com

Die Franse polisie ondersoek die raaiseldood van twee vriende wie se liggame Donderdag langs mekaar in die tuin van ʼn huis in Authon-du-Perche in die noorde van Frankryk aangetref is.

Volgens die Franse publikasie, L’Écho Républicain, is die liggame van Lucien Pérot (69) en Olivier Boudin (38) deur ʼn buurvrou aangetref. Pérot het steeds in ʼn stoel gesit, terwyl Boudin op die grond gelê het toe hulle gevind is. Volgens die polisie was daar geen teken van geweld aan hul liggame nie.

Die owerhede het gesê dit lyk asof die twee vriende tegelykertyd gesterf het. Die buurvrou het aan die polisie gesê sy het die vorige aand gesien dat Pérot en Boudin saam in die tuin aandete eet. Toe sy hulle die volgende dag steeds in die tuin sien, het sy onraad gemerk en hulp ontbied.

Volgens die owerhede word verskeie moontlikhede ondersoek, waaronder moontlike vergiftiging, dubbele selfmoord of die moontlikheid dat een se dood ʼn noodlottige skoktoestand in die ander veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DB ·

Hulle moet kyk hoe nat is die gras en of daar nie n krag lekkasie is van die tuin se ligte nie.

Leahim ·

Moet vir die franse erg wees in Suid Afrika is dit n alledaagse ding om mense iewers dood te vind die polisie krap nie eers kop hier daaroor nie liaseer dit net in leër 13 en gaan aan met die volgende saak

Johanna Botha ·

En SA het 50 moorde n dag waar mense mekaar vermoor !

Reti ·

Dis só erg by hulle dat óns lees van hulle dooies terwyl ons boere nie eers die nuus haal nie. Dis alledaags.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.