Polisie kry groenlig om Baldwin se selfoon na te gaan

Alec Baldwin praat met verslaggewers kort ná die voorval. (Foto: Skermgreep)

Speurders het toestemming gekry om beslag te lê op die Hollywood-akteur Alec Baldwin se selfoon, terwyl hulle soek na bewyse wat verband hou met die dodelike skietvoorval op die stel van die rolprent Rust.

Baldwin het in Oktober ʼn Colt-rewolver op die rolprentstel in Nieu-Mexiko rondgeswaai toe ʼn skoot afgegaan en hy die kinematograaf Halyna Hutchins getref het. Sy is op die toneel dood verklaar.

ʼn Lasbrief is intussen uitgereik wat die polisie toestemming gee om Baldwin foon na te gaan aangesien daar “belangrike bewyse” op die foon kan wees wat kan help met die ondersoek.

Die foon bevat glo belangrike e-posse en teksboodskappe wat aan en van Baldwin gestuur is en betrekking het op die produksie van die rolprent. Dit sluit in e-posse oor watter tipe wapen tydens die verfilming gebruik moes word.

Ondersoekers het nog geen kriminele klag in verband met die voorval gelê nie, maar ook nie die moontlikheid van ʼn klag teen Baldwin ontken nie.

Tydens die eerste volwaardige onderhoud oor die voorval vroeër die maand het Baldwin aan die media gesê hy het daarop aangedring dat daar geen skerp ammunisie op die rolprentstel is nie, en dat Hutchins kort voor die noodlottige voorval vir hom gesê het om die wapen direk op haar te rig toe hy gereedgemaak het vir die verfilming van die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pablo ·

En hulle gaan nou eers op sy foon beslag lê. As hy werklik skuldig is het hy sekerlik lankal alles van sy foon afgevee.

Vicky ·

Dis nie so maklik nie. Jy dink omdat dit delete is,is dit “weg”,toe nie. Glo my,tegnologie is baaaaaaaie meer gevorderd as ñ delete knoppie. Jy kan dan self files retrieve wat jy perongeluk delete het. Dit sluit alles digitaal in.

Vlooitjie ·

Die inligting lê in cyberspace, niks us ooit werklik uitgevee nie.

Darts girl ·

Hoekom dink julle dis sy skuld, die persoon wat die wapen vir hom daai dag gegee het moes seker gemaak het daar is niks meer lewendige ammunisie in nie. As jul weer gaan lees na die ander berigte sal jul sien dat daar met die wapen geskiet was die vorige dag en hul het vergeet van die laaste rond in die chamber.

Andrew ·

Rig nooit n wapen op iemand as jy nie vanplan is om dit te gebruik, of laat ander dink jy gaan dit gebruik nie.

annie ·

… rig die wapen… swaai die wapen rond… doodskoot… Hierdie is ‘n vreemder as vreemde spulletjie. Hoekom probeer Baldwin nie weer om vir Trump te tart nie of oefen hy reeds vir die volgende treffer, Who is to blame?

Cherokee ·

Geen rede om werklike vuurwapens te gebruik, terwyl daar baie goeie namaaksels is.

Cois ·

Dis seker net routine want hy het nie die wapen op die stel gebring nie. Dit word voorsien, en by gesê mag hulle nie ‘n wapen op ‘n stel het wat nie in die loop geseel is nie. Of die slagpen moet verwyder wees.

Foefie ·

Ek trust hierdie vent net so ver as wat ek hom kan sien. Ek het nog nooit van sy gesig gehou nie.

Frank ·

Omgekeed en met so ‘n “naam” twyfel ek of enigiemand met integriteit ‘n foefie sal trust.

AH ·

Net omdat jy nie van iemand hou nie maak hom nie skuldig nie – tensy jy hom persoonlik ken??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.