Polisie lê beslag op duisende haaivinne op lughawe  

(Foto ter illustrasie: Seyllou / AFP)

Colombiaanse owerhede het ’n onwettige besending van 3 493 haaivinne op die besige Bogota-lughawe in El Dorado onderskep.

Carolina Urrutia, hoof van dié land se departement van omgewingsake, sê dié vinne asook 117 kg visblase was onwettig op pad na Hongkong. Dit was in altesame vyf bokse verpak.

Volgens Urrutia is die vinne van sowat 1 000 haaie verwyder – waarskynlik tydens onwettige visvangaktiwiteite.

Haaivisvang is verbode in Colombia, in ʼn streek waar minstens 76 haaispesies voorkom.

“Dit rig onomkeerbare skade aan Colombia se marine ekostelsel aan.

“Die voorval beklemtoon ook die voortdurende aanvraag vir haaivinne, wat onder meer by huweliksonthale in sommige Chinese gemeenskappe bedien word. Daar is ook ʼn valse oortuiging dat haaivinne mediese voordele inhou.”

Die verkoop en verbruik van haaivinne is nie onwettig in Hongkong nie, maar is aan lisensies daarvoor onderwerp.

Die eet van haaivinne bly uiters gewild ondanks jarelange pogings om dit stop te sit.

AFP berig die stroping van haaie vir dié doeleindes het haaibevolkings oor die afgelope paar dekades geweldig uitgedun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

Alweer Chinese..wat is volgende.
Net gedagte.indien jy die mense se ” Ore” of ander items afsny waarvoor sal dit gebruik kan word

Toetsie ·

Ek wens die Chinese se pylsterte vrot af!! Maak dit n vervolging en ondersoek vanoor die wêreld! Ek is seker daarvan alle ander lande ly onder die skrefiesoë se malle gierigheid na sulke tipe produkte! Is die wêreld bang vir hulle?? Skynbaar!

Nie Verbaas ·

Die einste Chinese waarmee ons regering so hand in die sak mee leef vernietig die wereld. Mooi so CR.

Irene ·

Chinese vat die werked se renosterhorings, haai vinne… vat vat vat. O ja humme gee darem iets terug … covid!

Niklaas ·

Daar is geen einde aan die vreemde voedsel smake van die Chinese nie. Binnekort is daar groot aanvraag na Olifant voet sole, Seekoei oortjies, ens. Dit hou net nie op nie!

Yvonne ·

Die mense verniel die wereld om hulle…..renosterhorings. …….etc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.