Polisie moet nou heroïen-teenmiddel saamdra

nypd karDie polisie in New York en ander noodpersoneel sal voortaan die middel naloxone moet saamdra.

Naloxone is ‘n neusspuitteenmiddel vir heroïen en ander opiumgebaseerde dwelmmiddels.

Dit volg op die skerp toename in gevalle waar mense ʼn oordosis heroïen of ander opiumgebaseerde dwelms ingekry het, en noodbehandeling moet kry.

Die polisie in Quincy, Massachusetts, dra reeds sedert 2010 naloxone saam en het reeds 211 uit 221 mense gered wat oordosisse ingekry het. Minstens twee Amerikaanse deelstate het onlangs dagga gewettig as ‘n gepoogde teenvoeter vir die skerp toename in die gebruik van ernstiger dwelmmiddels.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.