Polisie ná ‘argument’ na Boris Johnson se huis in Londen ontbied

Boris Johnson. (Argieffoto: AP)

Die Britse polisie is Vrydag in die vroeë oggendure na LP Boris Johnson en sy vriendin se huis in Londen ontbied nadat bure glo ʼn luide argument gehoor het.

The Guardian berig Carrie Symonds is gehoor waar sy aan die Konserwatiewe Party-LP sê “klim van my af” en “kom uit my woonstel”.

Die polisie het aan die BBC gesê hulle het “met alle inwoners by die adres gepraat en hulle is veilig”.

ʼn Verklaring van die polisie lui dat daar “geen rede vir polisie-optrede was nie”, terwyl ʼn woordvoerder van Johnson met “geen kommentaar” volstaan het.

Volgens The Guardian het bure aan die koerant gesê dat hulle ʼn vrou hoor skreeu het en daarna ʼn “geklap en gekap” gehoor het.

Die koerant het berig die bure was in hulle eie woonstel toe hulle die beweerde onderonsie opgeneem het.

Daar word glo in die opname – wat The Guardian gehoor het, maar nie die BBC nie – gehoor dat Johnson glo nie die woonstel wou verlaat nie en die vrou beveel het om sy skootrekenaar uit te los. Daarna is ʼn harde valgeluid gehoor.

Symonds word glo gehoor waar sy sê die LP het ʼn rusbank met rooi wyn bemors: “Jy gee om vir niks nie omdat jy bederf is. Jy gee nie om vir geld of enigiets anders nie,” het Symonds volgens die BBC gesê.

In sy verklaring sê die polisie het hulle het om 00:24 op ʼn oproep van ʼn inwoner in Camberwell gereageer.

“Die persoon wat die oproep gemaak het, was bekommerd oor die veiligheid van ʼn buurvrou.

“Die polisie is ontplooi en het met almal by die adres gepraat. Almal was veilig. Geen oortreding is begaan nie en niks het die polisie ooglopend bekommer nie, dus was daar geen rede vir polisie-optrede nie.”

Johnson is die gunsteling om Theresa May as Britse Konserwatiewe Party-leier op te volg en die land se volgende eerste minister te word.

Die voormalige minister van buitelandse sake en burgemeester van Londen kom te staan teen Jeremy Hunt. Daar word gedurende volgende maand vir ʼn nuwe partyleier gestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andreas ·

Trump II, waar is Herman Toerien nou wat daai vraag nou dag in sy rubriek gevra het, MAAR hierdie het sy stoutste verwagtinge oortref. Die woord ‘kloon’ kom by my op, ok, soortvan.

Stem ·

Ja hy laat my dink aan ‘n tipe Trump-lite. Niemand diskrediteer Trump nie, hy doen dit sommer self. Fopnuus is nou ‘n modewoord danksy narre wat blootgestel word wanneer hulle uit hul diepte is.

Dries du Toit ·

Klink vir my nou weer soos n poging om Johnson ook so te probeer diskrediteer soos Trump moes trotseer voordat hulle verkies word

Ander Koos ·

Stem saam, my afleiding ook dat Iemand Johnson probeer diskrediteer.

Gert ·

Senasie aangeblaas deur die linksgesindes en hul media-maatjies.

Sak ·

Stem saam Gert. Maar van wanneer neem bure mekaar se huishoudelike onderonsies op? Dis mos siek…

humor ·

n Ongeneeslike siekte van die lingsgesides. Tipies. Die optrede van die polisie bevestig dit.

Andreas ·

Het sy gesê hy moet afklim of het sy gegil? Dan, was dit nie dalk hy wat dit, in so ‘n dun stemmetjie, gegil het nie? Ek meen, ons het mos al hier by ons so-iets in ‘n hofsaak beleef waar die man soos ‘n vrou gegil het.

Grassie ·

Dit klink eerder vir my of die ou dalk ‘n dop of twee ingehad het en toe het Soetlief ‘n hoofpyn.

Adam ·

Ek merk Maroela gebruik aanhalingstekens maar ek kan hulle verseker Me Symonds praat nie Afrikaans nie en dit is nie ‘n direkte aanhaling nie. Sy het oa geskree “get off me”. Dit is nie vatbaar vir direkte vertaling nie.

Attie. ·

Hier ruik ek ‘n media rot. vir my klink dit na nonsens. Wat Trump aanbetref wil julle wat hom so slegmaak seker gehad het Hillary moes president word….dink weer en dink mooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.