Polisie ontplooi vir George Floyd-hofsaak

‘n Heining word opgerig om die hofgebou in Minneapolis in die VSA waar Derek Chauvin se verhoor Maandag begin. (Foto Stephen Maturen/Getty Images/AFP)

Duisende polisiebeamptes en lede van die Amerikaanse nasionale wag word ontplooi om ʼn wakende oog te hou tydens die verhoor van Derek Chauvin, die man wat aangekla word van die moord op George Floyd in die VSA verlede jaar.

Floyd is in Mei in Minneapolis dood nadat Chauvin byna drie minute lank met sy knie op ʼn geboeide Floyd wat op die grond gelê het se nek gedruk het. Beeldmateriaal van die voorval het ʼn vlaag Black Lives Matter-veldtogte teen beweerde polisiewreedheid en rassediskriminasie in die VSA tot gevolg gehad.

Verskeie hoogaangeskrewe prokureurs is by die verhoor betrokke. Die verhoor sal plaasvind onder uiters streng veiligheidsmaatreëls en word regstreeks uitgesaai.

Neal Katval, wat namens die staat optree, het die saak bestempel as ʼn “mylpaal-strafsaak, een van die belangrikste in ons land se geskiedenis”.

Ashley Heiberger, ʼn voormalige polisiebeampte wat nou as ʼn raadgewer oor polisiepraktyk werk, sê “die feit dat ʼn polisiebeampte strafregtelik vervolg word vir ʼn misbruik van mag is op sigself buitengewoon”.

“Dit gebeur selde dat hulle skuldig bevind word. Jurielede is geneig om die polisie deurgaans die voordeel van die twyfel te gee,” het Heiberger gesê.

Derek Chauvin ná sy inhegtenisneming. (Foto: Ramsey County Sheriff’s Office via AP)

Drie ander polisiebeamptes betrokke by Floyd se destydse inhegtenisneming, Alexander Kueng, Thomas Lane en Tou Thao, word van minder ernstige aanklagte beskuldig en word afsonderlik verhoor.

Die Minneapolis-polisiedepartement (MPD) het al vier reeds afgedank.

Chauvin, ʼn polisieman met 19 jaar ondervinding, is vroeër op borgtog vrygelaat en sal na verwagting onskuldig pleit op die aanklagte van moord en manslag.

Sy regsverteenwoordiger, Eric Nelson, voer aan Chauvin het ingevolge die MPD se beleid, sy opleiding en sy pligte opgetree. “Hy het gedoen presies wat hy opgelei is om te doen.”

Volgens Nelson is Floyd dood aan ʼn oordosis fentaniel. ʼn Nadoodse ondersoek het tekens van die dwelm in Floyd se stelsel gevind, maar die oorsaak van sy dood is as drukking op die nek aangedui.

ʼn Regsverteenwoordiger vir Floyd se familie het intussen gesê hulle verwag ʼn aanval op sy goeie openbare beeld en pogings om die jurielede te laat vergeet wat in die video gesien word.

Die 12 lede van die jurie moet eenparig in hul beslissing wees om Chauvin tronk toe te stuur en die verrigtinge om dié jurielede te kies begin môre. Dit gaan na verwagting ʼn moeilike proses wees, gegewe die wye publisiteit wat die saak geniet.

Kendra Waldeyer hou ‘n plakkaat met ‘n skets van George Floyd vas tydens ‘n betoging in Minnesota in die VSA. (Foto: Kerem Yucel/ AFP)

Voornemende jurielede het ʼn vraelys van 15 bladsye ontvang. Dit sluit in vrae oor ʼn voornemende jurielid se gesindheid jeens die BLM-veldtog, of hulle die video van Floyd se dood gesien het en indien wel, hoeveel keer, asook of hulle aan enige betogings teen polisiewreedheid deelgeneem het.

Net ʼn enkele jurielid wat nié stem vir ʼn skuldigbevinding nie, beteken die verhoor kan nietig verklaar word. Dit kan na verwagting aanleiding gee tot nog ʼn vlaag teenrassisme betogings.

Die hofgebou waar die verhoor gaan plaasvind lyk intussen soos ʼn gewapende kamp en word omring deur betonversperrings en lemmetjiesdraad.

Openingsbetoë sal na verwagting op 29 Maart begin en uitspraak word nie voor die einde van April verwag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries

Ek kan nie glo dat hy skuldig kan wees nie. Die feit bly soos n paal bo water staan dat Floyd n gevaarlike misdadiger was en die Chauven n wetsgehoorsame polisie man is wat in die uitvoering van sy pligte net n ongelukkige slagoffer van omstandighede is

pompies

Ek hoop dat die eerlike weergawe van wat daar gebeur gaan uit kom en dat Mnr Floyd se wandade ook uit gelig gaan word. Hy was mos besig met skelm streke toe hulle hom gevang het, maar nou word hy as n engeltjie voorgehou.

MakersMark

Ha ha wat ‘n reuse grap. Hele blm snert op ‘n dwelm oordosis gebou…….darem so tipies soek altyd blaam iewers anders ipv om net in die spieël te kyk.

Sarel

Ongelukkig soos dit vandag gaan die sask is net formaliteit. Die Polisieman is klaar skuldig bevind. Selfs jou President is BLM voostaander.

Magda

Waarheid kom altyd uit, maar wat van AL DIE WIT BOERE WAT SO WREED VERMOOR WORD IN SUID AFRIKA DEUR SWART MENSE – WIT LEWENS IS OOK BELANGRIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!