Polisiebeampte help weduwee-ma van ses wat steel

Sarah Robinson en drie van haar kinders Foto: Kansas City Star

Sarah Robinson en drie van haar kinders Foto: Kansas City Star

ʼn Polisiebeampte het tot die redding gekom van ʼn weduwee met ses kinders nadat sy uit nood wou steel vir haar kinders.

Mark Engravalle van Kansas in Amerika is na die toneel ontbied nadat Sarah Robinson by ʼn Walmart betrap is toe sy luiers en skoene wou steel, berig die Kansas City Star. Robinson het tweelingdogtertjies van twee jaar oud, en vier ander kinders, onderskeidelik vier, 12, 13 en 15 jaar oud. Sy het aan Engravalle gesê hulle is haweloos en sy en haar kinders woon in haar motor. Haar man het ‘n paar jaar gelede verdrink.

Engravalle was simpatiek teenoor die vrou en haar ses kinders en het met sy eie geld vir die goedere betaal. Hy moes haar beboet, maar het haar nie in hegtenis geneem nie. Die plaaslike radiostasie KMBZ het egter Vrydagoggend ingespring en $6 000 (byna R75 000) van besorgde luisteraars ingesamel en aan die Roeland Park-polisie oorhandig.

Lees meer: NY Daily News, Fox6, Kansas City Star

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jen ·

God seen hom… mag dit mense se harte oopmaak vir minderbevoorregtes voor hulle aan steel dink…

Peet Schabort ·

Dit lyk nie of Walmart hulle vergewis het van die ma se omstandighede wat ‘n jammerte is. Natuurlik is daar ook ‘n lieg en bedrieg wat veroorsaak dat jy nie meer luister na verskonings en redes.
Dalk, wie weet, is daar ook sulke polisiesamaritane plaaslik. Ek glo nie dis onmoontlik.

George ·

Dit sal wonderlik wees as sulke dinge ook in SA gebeur of is dit te veel gevra?

Blom ·

Maroela waarheen kan ek n storie stuur vir jul om te publiseer? Kan net sê dankie Jesus dat daar nog mense is wat verstaan en bereid is om te help, twyfel sterk of dit in ons eie land sal gebeur.

blom ·

Peet weet jy dit feite, ek kon ook op n stadium almal help, so het dit gebeur dat ons alles verloor het regtig alles, en weet jy nou na ek vir hulp vra kry ek n koue skouer.

Lyn ·

@blom ,Ja dieselfde ondervinding , Dit LAAT jou besef OM Nie WEER iemand te help nie!! NIE omdat ️️jy nie wil nie , maar omdat jy dieselfde behandel was ………

tina ·

liewe lyn en blom…jammer dat jul teleurstellings beleef het deur jul medemens.Ek wil egter my beskeie opinie gee, deur te se dat ‘n mens nie moet veralgemeen nie. Per slot van rekening: dit is die Here vanwaar voorsiening vandaan kom, wat ons instaat stel om te kan gee. Dit IS lekkerder om te gee as om te ontvang. ‘n Mens moet egter gee met ‘n blymoedige hart en waarvan ander nie weet nie – sonder om iets terug te verwag. Die belofte van die Here is, dat Hy SAL voorsien.
Werp jou brood op die water en na gelang van dae,sal dit terugkeer.
Die Here het mos raakgesien dat jul goed gedoen het aan ander en Hy is nie die skuldenaar van ‘n persoon nie…Jesus SAL voorsien blom en lyn – hou net goeie moed en hou jul oe op die Enigste Bron van voorsiening. Jesus se ook as iemand ‘n bekertjie koue water aan die geringste gee, het hy dit aan My gedoen. Die opdrag van Vader is dat ons nie moet ophou om goed te doen aan ander nie. Hy leer ons ALMAL gedurigdeur om soos Hy te wees. Sekerlik GAAN die Here jul vergoed!!! Sterkte dan vir jul en baie seen. :)

Chris ·

As dit nie vir die tweeling was nie sou sy 4 kinders gehad het. Hier is baie mense wat 4 kindes het ek dink nie dis abnormaal baie nie. Sy was getroud en haar man het heel moonlik vir hulle finansieel kon sorg. Ek dink jou aanmerking is onvanpas.

Janine ·

Ek het vier kinders; dit ten spyte van die gebruik van voorbehoedmiddels en selfs ‘n vasektomie vir my man wat skeefgeloop het. ;) Het maar na die laaste geskenkie myself laat steriliseer.

Elfie ·

Piet ek stem. Hoekom is Peet se aanmerkings onvanpas? As haar man vir so grot gesin kon sorg moe shys eerlik ook voorsiening gemaak het ingeval hy tot sterf sou kommet polisse en goed! Mens wonder oor al hierdie goed want gee mens net dan is dit makliker vir party om aanhoudend die hand uit te steek ipv self iets doen.Verder is daar hope skuilings en plekke wat mense soos sy help, maar dis dalk ‘n geval van God only help those who help themselves. Hoekom sy nou in ‘n kar moes bly… maar ek weet ook sulke skuilings verwag gewoonlik dat mens bietjie jou kaant moet bring deur te help skoonmaak ens. Dan wonder mense hoekom dit vir party maar net lekkerder of makliker is om in ‘n kar te bly – WIL hulle nie werk of wat? Hopelik het sy haar meevaller goed bestee en kry ordentlike hulp en bring haar kant. Nogtans, baie goed van die polisieman om om te gee.

Dave ·

Dit is soort van irriterend dat berigskrywers àltyd buitelandse valuta met lokale waarde vergelyk. Die enigste wanneer $6000 sowat R75000 kos, is wanneer jy dollars met rande koop. Beslis kan jy nie met $6000 in die VSA dit koop wat R75000 hier kan koop nie. So, dit vergelyk nie. Indien geldwaardes vergelyk word moet ‘n gesofistikeerde berekening gedoen word wat gemiddelde inkomstes en lewenskostes insluit.

Peet Schabort ·

Ja en nee Dave, motorvoertuie is weer heelwat goedkoper daar as hier by ons. So ek reken dis ‘n wen en verloor maar ek stem saam met jou dat dit nie maklik gaan wees maar merendeels gebaseer is op wat jy met jou geld gaan koop en in watter land. Dus is die omwerking nie só maklik.

Dave ·

Presies Peet. As ek op ‘n skip klim betaal ek sowat R30 vir ‘n bier omdat ek dit is USA Dollars koop. Joernaliste en berigskrywers bewys onkunde deur hul herhaaldelike druk op ‘n Internet-knoppie om geldwaardes te vergelyk. Dieselfde bier kos minder as die helfte hier.

piet ·

Chris…..as is verbrande hout ……mens het nie so baie kinders as jy dit nie kan bekostig nie…..punt…
Wat is onvanpas,.sy jou 5 gehad het as dit nie vir die tweeling was nie

Louis ·

Baie dankie Peet en Dave vir julle insiggewende lesing oor valuta !!
Julle is voorwaar kenners op die gebied. Maroela lesers is maar redelik “ongeletterde” mense.
Punt wat ek wil maak is: Julle kommentaar is onvanpas en dink julle ons is “stupid” dat ons dit nie self weet nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.