Polisiefoto nou ‘n internetsensasie

Jeremy Meeks Foto: Stockton Police Department, Facebook

Jeremy Meeks Foto: Stockton Police Department, Facebook

ʼn Polisiefoto van die gevaarlike misdadiger Jeremy Meeks, is tans ʼn internetsensasie.

Dié 30-jarige is Woensdag in Kalifornië, Amerika, in hegtenis geneem op vyf aanklagte wat verband hou met vuurwapens en een wat verband hou met bendebedrywighede.

Meeks en drie ander mans is glo met vier vuurwapens, twee jaggewere, ʼn handwapen en ʼn haelgeweer betrap.

Die polisie in Stockton het foto’s van die vier vermeende misdadigers op sy Facebook-bladsy gelaai en meer as 60 000 mense het reeds teen Vrydagmiddag aangedui hulle hou van Meeks se foto. Die foto is reeds meer as 7 000 keer gedeel met bykans 17 500 kommentare. Die album bevat ook foto’s van die vuurwapens waarmee die mans betrap is.

Daar is reeds drie vals Facebook-bladsye in Meeks se naam oopgemaak. Klik hier om een van dié profiele te sien.

Daar word ook talle vervalsde advertensies met sy foto geskep, waar Meeks onder andere as ʼn Calvin Klein-model uitgebeeld word. ʼn Ander foto het die byskrif: “Steel jou hart… en jou DVD-speler.”

ʼn Polisiebeampte van Stockton het aan AP gesê Meeks is “een van die gewelddadigste misdadigers in die Stockton-gebied”. Meeks se borgtog is $900 000 (ongeveer R9.6 miljoen). Die Daily News het berig “ten minste twee vroue het al geskerts hulle sal die bedrag deel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SKANDE! ·

Hoe SIEK is dit? Sal hul nog so voel as hy hul aanval en nog steeds dink hy is dan so goodlooking?? SIEK man! @jean garner – hoe is hy NIE ‘n criminal nie? Weg met jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.