Polisielede beseer, talle vas ná onluste in Den Haag

(Foto: Robin Utrecht/ANP/AFP)

Minstens ses polisiebeamptes is beseer en 13 verdagtes in hegtenis geneem nadat Eritreërs van mededingende groepe Sondag in die vroeë oggendure in Den Haag, Nederland, slaags geraak en in die proses polisiemotors aan die brand gesteek en klippe geslinger het.

Spesiale polisie-eenhede het traangas op die oproeriges afgevuur. Die pro- en anti-Eritrese regeringsgroepe het ʼn vergadering in Den Haag bygewoon waarna die geweld uitgebreek het.

“Tydens die onluste is klippe, vuurwerk en ander items na polisiebeamptes en die brandweer gegooi. Verskeie oproeriges het wapens gehad om mense mee te slaan,” het die polisie gesê.

Die oproeriges het twee polisiemotors en ʼn toerbus aan die brand gesteek.

Die polisie het 13 mense in hegtenis geneem en het versoek dat getuies en diegene met video-opnames na vore kom in hul ondersoek na die onluste. Die verdagtes is mans tussen 19 en 36 jaar oud.

Jan van Zanen, burgemeester van Den Haag, het die geweld as “afgryslik en onaanvaarbaar” bestempel.

Geert Wilders, wie se regsgesinde Partij voor de Vrijheid as die grootste party uit verlede jaar se verkiesing gestap het, het op sosiale media uitgevaar teen die geweld. “Neem in hegtenis en deporteer,” het hy op X geskryf.

“Nederland het dit regtig tot hier gehad. Hoekom word die helfte van die wêreld toegelaat om hierheen te kom om ons land af te breek, onder mekaar te baklei, die polisie met klippe te gooi en hul motors aan die brand te steek?

“Ek wil die premier word wat uiteindelik orde hierin bring,” het Wilders bygevoeg.

Daar is sowat 25 000 Eritreërs wat in Nederland woon, volgens amptelike regeringsyfers.

Pro- en anti-regeringsgroepe het voorheen gebots, waaronder verlede jaar toe verskeie mense gewond is voor ʼn geleentheid om Eritrese onafhanklikheid van Ethiopië te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Bevorder geregtigheid - Vrydenker Vlakvark ·

Ek, ekke, ek verstaan nie waarom emigreer al hierdie onwettige immigrante nie na die wonderlike utopia’s Rusland, China, Iran, Noord-Korea, Kuba en die ANC/EFF se heiliger as heilig Mzansibabwe nie.

Cassie Carstens ·

Bevorder geregtigheid, ek stem saam as ek Nederland se premier is, deporteer ek alle Eritreërs uit die land uit na hulle land van herkoms. As jy vir jou ‘n nuwe toekoms is ‘n land gaan soek, hou jou by hulle reëls, want jy is verleë oor daardie land se veiligheid en werk wat jy het. Waarom polisie beseer, eiendom vernietig en aaan die brand steek. Die ganse wêreld is deurmekaar en verwag te veel van state waar daar orde is.

Frederik ·

Dit wys jou net, hoe meer hulle kry, hoe meer wil hulle he.
Deporteer die hele lot. Hulle hoort nie in Europa nie. Laat hulle hul eie heil uitwerk in hulle land van herkoms.

trotsNAMSA ·

;) :) Die Nederlanders het in die apartsheids dae ook SA’ners ingeneem, blyplek en kos voorsien. Die Nederlandse Polisie gaan seker nou deur die VSA het opgelei word. :):)

Republikein in die Wes Kaap ·

Te laat, Nederland, te laat. Julle landjie se onderhoud sal stop en julle gaan onder die water verdwyn.

Niklaas ·

Laat ons nou maar sien of Nederland nog tevrede is met hierdie klas immigrante wat so ondankbaar is. Sal dit nou so moeilik wees om hul in millitêre vragvliegtuie terug te stuur na Eritria toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.