Polisielid wat Wright skiet, aangekla

Kim Potter word van strafbare manslag aangekla ná Daunte Wright se dood. (Foto: Hennepin County Sheriff’s Office / AFP)

Die polisievrou wat die 20-jarige Daunte Wright in Minneapolis in die VSA doodgeskiet het nadat sy glo haar vuurwapen met ’n skokwapen verwar het, is in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.

Betogings woed in Minneapolis nadat Kim Potter Sondag Wright in sy motor doodgeskiet het.

Dít te midde van bestaande rassespanning in dié stad weens die verhoor van die voormalige polisiebeampte Derek Chauvin wat aangekla word van die moord op George Floyd.

Potter, wat sedert die voorval haar bedanking ingedien het, kan hoogstens tien jaar tronkstraf opgelê word sou sy skuldig bevind word aan strafbare manslag.

Potter moet Donderdag vir ʼn voorverhoor in die hof verskyn nadat sy op borgtog van $100 000 (sowat R1,4 miljoen) vrygelaat is.

Die regsverteenwoordiger van Wright se familie het intussen gesê sy dood was nié ’n ongeluk nie. “Dit was ’n opsetlike, doelbewuste en onwettige gebruik van geweld.

“Ons sal aanhou veg vir geregtigheid vir Daunte, vir sy gesin en vir alle gemarginaliseerde mense van kleur.”

Die regter in Chauvin se verhoor het intussen Woensdag ’n mosie deur die verdediging om Chauvin van moord en manslag vry te spreek, van die hand gewys.

‘n Betoger hou ‘n plakkaat met ‘n skets van George Floyd vas tydens ‘n betoging in Minnesota in die VSA. (Foto: Kerem Yucel/ AFP)

Maroela Media het vroeër berig Floyd is in Mei verlede jaar in Minneapolis dood nadat Chauvin byna drie minute lank met sy knie op ʼn geboeide Floyd, wat op die grond gelê het, se nek gedruk het.

’n Afgetrede forensiese patoloog het gister getuig dat Floyd dood is weens hartstilstand wat veroorsaak is deur ’n hartkwaal, onwettige dwelmgebruik en ander faktore.

Die getuienis van dr. David Fowler, ʼn getuie wat deur die verdediging geroep is, weerspreek dié van verskeie ander mediese kundiges wat reeds getuig het.

Volgens dié kenners is Floyd aan hipoksie of ’n tekort aan suurstof dood.

Fowler, die voormalige mediese ondersoeker van die oostelike deelstaat Maryland, het gesê hy glo nie dat Floyd weens hipoksie gesterf het nie en dat hy sy dood as “onbepaald” sou klassifiseer.

Die Suid-Afrikaans gebore Fowler het gesê Floyd het ʼn vergrote hart en ʼn “aansienlike vernouing in al sy koronêre are” gehad.

Hy het ook gesê fentaniel en metamfetamien in Floyd se sisteem sowel as spore van koolstofmonoksied het moontlik ook bygedra tot sy dood. Volgens Fowler kon die feit dat Floyd die betrokke dag deur Chauvin en ander polisiebeamptes langs die uitlaatpyp van ʼn lopende polisiemotor op die grond gehou, kon moontlik ʼn rol speel in Floyd se dood.

Fowler glo wel nié dat Floyd aan koolstofmonoksiedvergiftiging dood is nie, maar glo dat dit ʼn moontlike rol in sy dood gespeel het.

Hy het egter onder kruisondervraging erken dat Floyd se CO2-vlakke nooit ná sy dood getoets is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jean ·

“Dit was ’n opsetlike, doelbewuste en onwettige gebruik van geweld” darem is daar ‘n video wat als wys hoe hy los geruk het om weg te kom en toe eers geskiet

MakersMark ·

Uitstekend – die waarheid oor Floyd sal uitkom. Loopbaan krimineel met aantal misdade agter sy naam asook verskeie uitgerekte besoeke agter tralies. Getuienis het duidelik bevestig hoë vlakke van dwelms in sy bloed. Lyk of hy toe nie so onskuldig was nie. So kom die waarheid uit sal ook met chauvin.

Johan ·

Gaan BLM verandwoordelik gehou word vir al die skade wat hul namens n krimineel aangerig het, WERELDWYD! Gemors.

Lindi ·

Dieselfde Floyd het jaaare terug ( ek dink hy was 16 op daai staduim) al op die Judge Judy program gewees omdat hy ‘n vrou uit haar kar gegooi het om dit te vat omdat soos hy dit gestel het, “I wanted a car” Sy het toe al sy ouers gewaarsku dat hy ‘n “career criminal” gaan word.

MakersMark ·

Presies – waar het ons daai “I want” gesien? I don’t have, I am not prepared or qualified to work for it, so I take it via criminal means. En wanneer die gevolge kom dan word die nou holrug geryde kaart gespeel.

Yolandie ·

Dink nie die staat kan bo alle redelike twyfel bewys dat George Floyd dood is agv die optrede van Derek Cauvin nie. So hoogstens sal hy dalk skuldig wees aan strafbare manslag. Dieselfde kan gesê word vd polisievrou Kim Potter. As die video material wat geneem word bekyk word is dit duidelik dat sy nie opsetik bedoel het om Duante Wright te skiet nie. Weer sal die staat hier vasval. Elkgeval dit keer nie vir BLM en die ekstrimiste om choas te veroorsaak in die strate nie. Want dis mos wit op swart geweld en dit pas by die narratief dat swartes deur die eeue heen onderdruk is deur blankes.

Jannie van Niekerk ·

Die probleem is: Die beamptes is WIT en die kastige “slagoffers”, al is hulle misdadigers, is swart. Swartes is mos deesdae wêreldwyd die “onskuldige verontregte salgoffers”.

Elize ·

Ek is seker al hierdie afduime is kaders. Van wanneer af lees hulle Afrikaanse nuus?

Hennie J ·

Hierdie vrou en haar manlike eweknie (floyd saak) het die geweld wat hulle toegedeel is, beantwoord met voldoende teengeweld. Hulle is so min skuldig as die man in die maan!!

Rian ·

As al hierdie swart Amerikaners so verontreg voel, waarom emigreer hulle nie maar terug Afrika toe nie dan kan hulle mos in beheer wees van hulself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.