Polisielid wat Wright skiet bedank

Betogers ruk Dinsdag op na Brooklyn Center. (Foto: Stephen Maturen/Getty Images)

Die polisievrou wat Sondag die 20-jarige Daunte Wright in Minneapolis in die VSA doodgeskiet het nadat sy glo haar vuurwapen met ’n skokwapen verwar het, het bedank.

Kim Potter (26) en haar polisiehoof, Tim Gannon, het albei Dinsdag hul bedanking ingedien. Gemoedere het ondanks die bedankings Dinsdagnag steeds hoog geloop in Minneapolis.

’n Groep van tussen 800 en 1 000 betogers het na Brooklyn Center, die voorstad waar die skietery plaasgevind het, opgeruk. Polisiebeamptes was genoop om van skokgranate en rubberkoeëls gebruik te maak om die betogers te verjaag terwyl betogers polisiebeamptes met voorwerpe soos bakstene en waterbottels bygedam het.

Meer as 60 betogers is in hegtenis geneem.

Wright is Sondagaand in sy motor deur die polisie afgetrek nadat hy glo ʼn verkeerswet oortree het.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het nadat hulle Wright afgetrek het, ontdek dat hy ʼn uitstaande lasbrief het en hom in hegtenis probeer neem. Hy wou in sy motor klim toe Potter haar vuurwapen afgevuur en Wright geskiet het. Hy is op die toneel dood verklaar.

Daar kan in ’n video van die voorval gesien word hoe Potter op Wright skiet en daarna skree: “O genade, ek het hom geskiet”.

“Ek glo dat dit in die beste belang van die gemeenskap, die departement en my medebeamptes is as ek onmiddellik bedank,” het Potter intussen in ʼn kort bedankingsbrief aan die burgemeester van Brooklyn Center, Mike Elliott, en die waarnemende stadsbestuurder, Reggie Edwards, geskryf.

Potter het ook in die brief geskryf dat sy elke oomblik daarvan geniet het om ʼn polisiebeampte te wees en die gemeenskap na die beste van haar vermoë gedien het.

Elliott het intussen gesê hy het groot waardering vir Potter se besluit en hoop dat dit kalmte in die gemeenskap sal meebring.

Volgens die burgemeester was die stad van plan om Potter af te dank. “Ons wil ʼn boodskap aan die gemeenskap stuur dat ons hierdie situasie ernstig opneem.”

Aanklaers sal intussen moet besluit of Potter strafregtelik vervolg gaan word.

“Ons moet sorg dat geregtigheid geskied. Daunte Wright en sy familie verdien dit,” het Elliott gesê.

Bykomende bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

I really feel for that women.
Anyone on earth can make a mistake.
But unfortunately with the mainstream media and that blm children, this whole unfortunate incident will cost a lot of people dearly.

Werner ·

Jou lewe vir n krimineel haar lewe is vernietig omdat sy pligsgetrou was en haar werk gedoen het maar blf is erger as die anc korup en plunderaars

Daleen ·

Nee Werner haar werk is NIE om ‘n ander persoon wat niks verkeerd gedoen het dood te skiet nie. Haar werk was om hom lewendig in hegtenis te geneem het vir’ n uitstaande lasbrief en ‘n verkeersoortreding. . Dis jammer die ding word’ n rasse kwessie gemaak want dit gaan EINTLIK oor ‘n polisieman wat’ n nalatige fout gemaak het en ‘n onskuldige (hy het hom nie teegesit nie) persoon doodgeskiet het.

Dries ·

Sy is absoluut net n slagoffer van slegte omstandighede. Bad luck

Lizelle ·

Sy het nie “haar werk verloor” nie, sy het self bedank omdat sy erken het sy het ‘n fout gemaak.

Deon ·

Presies, kyk na die groter prentjie, in ander berigte het hy hom verset teen arrestasie alhoewel hy n uitstaande brief vir inhegtenisname teen hom het…. Probeer jouself indink in die gebeure daar.

Fibreglass ·

Jul feite is verkeerd oor die polisie vrou. Sy is 48 jaar oud met 26 jaar diens in die polisie.

Cherokee ·

As jy 2 teenstellende berigte lees, wat laat jou besluit watter een is reg?

LANA is ELANè ·

Steeds geniet boewe meer regte as hardwerkemde belastingbetalers.

MakersMark ·

En weereens kry ‘n krimineel heldestatus ten koste van geregsdienaars wat hul werk doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.