Polisielid wat Wright skiet ‘verwar vuurwapen met skokwapen’

Betogers buite die polisiestasie in die Brooklyn-sentrum (Foto: Kerem Yucel, AFP)

Die polisievrou wat Sondag die 20-jarige Daunte Wright in Minneapolis in die VSA doodgeskiet het, het glo haar vuurwapen met ’n skokwapen verwar. Wright is die aand in sy motor deur die polisie afgetrek nadat hy glo die verkeerswet oortree het.

Grafiese videomateriaal van die polisie, wat AFP onder oë gehad het, wys hoe die polisie Wright uit sy motor pluk net nadat hulle hom afgetrek het. Terwyl Wright met die beamptes baklei, skree die polisievrou: “Taser! Taser!”.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het nadat hulle vir Wright afgetrek het, ontdek dat hy ʼn uitstaande lasbrief het en hom in hegtenis probeer neem. Hy wou in sy motor klim toe een van die beamptes haar vuurwapen afgevuur en Wright raak skiet. Hy is op die toneel dood verklaar.

In die video is dit duidelik hoe die beampte, wat intussen as Kim Potter (26) geïdentifiseer is, op Wright skiet en daarna skree: “O genade, ek het hom geskiet”.

Volgens Tim Gannon, polisiehoof van die polisiestasie in die Brooklyn-sentrum, wou die polisievrou eintlik haar skokwapen uitruk. “Dit was ’n ongeluk wat ongelukkig tot Wright se tragiese dood gelei het,” sê Gannon.

Betogers betoog al sedert Sondagaand voor die polisiestasie (Foto: Kerem Yucel, AFP)

“Daar is niks wat ons kan sê wat die Wright-familie se pyn sal wegvat nie.”

Na die voorval aan die lig gekom het, het honderde betogers buite die polisiestasie in die Brooklyn-sentrum byeengekom. Die polisie was genoop om traangas en rubberkoeëls af te vuur om die oproerige skare onder beheer te bring.

Owerhede in en om Minneapolis het Maandagaand ’n aandklokreël aangekondig om die betogings te probeer stopsit (Foto: Scott Olson, AFP)

Owerhede in en om Minneapolis het Maandagaand ’n aandklokreël aangekondig om die betogings te probeer stopsit. Betogings het egter ten spyte hiervan voortgeduur.

Honderde oproerige betogers het teen laat Maandagaand nog amok voor die polisiestasie gemaak. Hulle het borde met slagspreuke soos “Tronkstraf vir die rassistiese polisielede” en “Geen geregtigheid, geen vrede” rondgeswaai.

Troepe van die nasionale wag is ook intussen ontbied is om die betogers uiteen te jaag.

Die Amerikaanse president Joe Biden het Maandag die voorval as “tragies” beskryf, maar het terselfdertyd betogers gewaarsku dat gewelddadige betogings onregverdigbaar is.

Betogers eis geregtigheid vir Daunte Wright (Foto: David Ryder, AFP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Werner ·

As hy n lasbrief teen hom gehad het en hom teen aristasie verset het het sy reg opgetree SA Kort n Paar van daai poliesie wat van haar en haar famielie wat Nou aan die kortste end trek

Deon ·

Ek stem saam, dit klink asof daar ook n harwar kon wees, volgens die berig was die intensie ook dat sy die persoon wou “taze”. Dit kom voor dat die situasie se wortel oorsaak deur die oorledene geskep is… Mbt die uitstaande bevel teen hom sowel as sy verset teen die owerhede vir sy arrestasie…..

deedee82 ·

Laaste keer wat ek gekyk het, het ongewapende verset van arrestasie nie die doodstraf in Amerika nie…

Nozi ·

sal graag wil weet hoekom daar ‘n lasbrief vir arrestasie teen wright was. MM kan jul ons dalk inlig?

Ilze ·

Die inligting wat ek kon kry sê “gross misdmeanor warrant”.

Die definisie vir dit is die volgende:
In United States law, a gross misdemeanor is a crime which is more serious than a regular misdemeanor, but is still classified as a minor crime, as opposed to serious crimes. Such crimes may include petty theft, simple assault or driving under the influence of alcohol and/or other drugs.

In die staat van Minnesota word dit as die volgende beskryf:

A gross misdemeanor is a serious criminal offense in Minnesota. It is defined as any crime that is punishable by up to one year in jail and/or a $3,000 fine. Common gross misdemeanors include the following offenses: a second DWI within 10 years, a first-time DWI with a BAC of 2.0 or greater, DWI test refusal, and theft of property valued between $500 – $1,000.

Jean ·

Hy was in besit van ‘n geweer sonder ‘n lisensie laas jaar Junie

Racheltjie Debeer ·

Nou maar dan het die polisie vrou nie enige iets verkeerd gedoen nie, hy het hom tee gesit, sy eie skuld dat hy per ongeluk geskiet is.

H ·

ummm hoekom is dit rasisties ????? miskien is ek bietjie dom , maar verduidelik aan my wat is rasisties gewees ? is dit nou omdat hy swart was en sy wit , nou moet ons rassisme inbring ?? #whitelivesmatter!

Wakkerslaper ·

H, want dis is wat hierdie links-liberale terroriste wil hê… hulle wil die “ras” kaart speel solank dit hulle pas om wet en orde en regering af te breek. Onthou, dinge soos velkleur en geslag en gelykheid tel net wanneer dit die linkses se agenda pas. Maar my Christelik-konserwatiewe beskouing daarvan word as boos en verkeerd gebrandmerk…

Racheltjie Debeer ·

My vraag is net, as die oorledene wit was, sou die swart gemeenskap nogsteeds betoog het teen die polisie??? Wonder maar net!

Sandra ·

Daardie polisievrou sal die swaarste straf ooit uitdien. Haar straf sal wees dat sy die jongman per ongeluk geskiet het, en dit sal by haar spook vir die res van haar lewe.

VaalDonkie ·

Jong weet jy, ek is baie seker om jou lewe in die tronk deur te bring is erger as om effe ongelukkig by die werk en huis te wees.

Wakkerslaper ·

Darem snaaks hoe hierdie hordes links-liberaliste nie ook die strate ingevaar het toe ‘n swarte ‘n blanke meise vir geen rede koelbloedig in haar rug in ‘n straat in Richmond, VA doodgeskiet het nie…. Maar laat ‘n blanke polisieman nou ‘n swart KRIMINEEL wat aggresief is en hom teen arrestasie verset doodskiet…?

Kaal Keiser ·

So lank as wat die raskaart gepseel kan word – so lank kan hul wetteloos optree…

MakersMark ·

Presies 13% van die amerikaanse populasie pleeg 90% van die geweldadige misdade dan wonder hoekom die polisie bevooroordeel is om te skiet. Maar moet dit asb net nie sê nie want dan kruip die kniebuigers al oor mens.

ES ·

Dit was bloot net ‘n ongeluk, maar bietjie meer opleiding en oefening met die “tazer” en met haar handwapen kon hierdie verhoed het. Polisie in die VS gaan deur baie intense opleiding en word geleer om in hoogs-stresvolle situasies op te tree.

Ek voel baie jammer vir haar want sy word nou as ‘n rassis bestempel, net omdat haar velkleur anders was as syne.

Yolandie ·

Ai genade hier gaan ons alweer met die BLM protes aksies, want Black Lives Matter. Wie prober BLM nou oortuig dat hulle omgee. Daar word daagliks duisende aborsies uitgevoer in Amerika sien nie hoe hulle daarteen protesteer nie.

Mariana ·

Alles en enigiets word onder die rassekaart gesit. Dit is holruggery dwarsoor die wêreld. Lives matter, wit, swart, bruin, alle rasse se lewens maak saak. Dit klink na ongeluk, nou word sy gestenig. BLM is altyd vinnig op die agtervoet nes hier met die EFF. Hulle kyk nie na die breër prentjie nie. Nee dis rassisme. Regtig????

Sarel ·

Jy sal nooit sien dat mense die strate invaar om te betoog tedn die moord op ‘.n Polisieman/ vrou nie. Nee Grmeenskappe is deels verantwoordelik wznt misdadigers word deur die gemeenskap beskerm terwyl hulle ook verwag die Polisie moet beskerm. Hoekom hom verset tedn arrestasie

johann ·

Wat se polisiebeampte verwar ‘n vuurwapen met ‘n skokwapen ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.