Polisieman troos kindjie met wiegeliedjie ná haar pa sterf

Nick Struck, polisiebeampte, troos die tweejarige nadat haar pa in die ongeluk gesterf het Foto: Facebook

Nick Struck, polisiebeampte, troos die tweejarige nadat haar pa in die ongeluk gesterf het Foto: Facebook

(‘n Video-onderhoud met die polisiebeampte volg onderaan die berig.) ʼn Polisiebeampte van Colorado in Amerika het ʼn tweejarige dogtertjie met ʼn wiegeliedjie getroos nadat haar pa in ʼn motorongeluk gesterf het.

ʼn Foto van die polisiebeampte, Nick Struck, wat die tweejarige vashou en die flitsende ligte van die brandweerwaens aan haar uitwys terwyl hy Twinkle, Twinkle, Little Star sing, word wyd op sosiale media gedeel.

ʼn Ooggetuie van die ongeluk, Jessica Doug Matrious, het die foto geneem.

Die pa en ma en hul vier kinders het in die motor gery toe dit omgeslaan het. Die pa is op die toneel dood verklaar. Volgens die polisie se voorlopige bevindings was niemand in die motor behoorlik vasgegordel nie, maar daar was nie alkohol of dwelmmiddels betrokke nie. Die ma en al vier kinders, insluitend die tweejarige op die foto, is na die hospitaal geneem. Die ma en twee van die kinders is steeds in ʼn ernstige toestand. Die dogtertjie en een van haar sussies is reeds ontslaan.

Brighton-polisie het ook die foto op hul Facebook-blad gelaai om die beampte te bedank vir sy werk.

Lees meer: CNN, Mirror
https://youtu.be/dJdGvQnF6xE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Annetjie ·

Hoe wonderlik is dit!! In SA sal die oorlewendes waarskynlik vermoor word.

SIMONE VENTER ·

Ek is diep geraak deur die artikel. hy is in elke sin van die woord die amp polisieman werd.

Susan ·

‘n Baie goeie voorbeeld vir Suid Afrika, dit moet ‘n advertensie word op TV, sodat almal dit kan aanskou. Polisie beampte jy is n ster.

Landie ·

Daar IS nog goeie mense in die siek wereld van ons. Baie trots dat ‘n polisie-man so iets vir ‘n klein dogtertjie doen!!!

Eish! ·

Ek kyk gereeld programme (werklikheid) op DSTV van oorsese lande se SAP. Jammer om te se maar SA skiet ver te kort. Dai manne /dames is trots op hul uniform. Altyd perfek, slap nooit, drink nooit, is menslik, maak ‘n grap met ‘n skelm op ‘n mooi manier en preek soms nog vir die skurk op ‘n mooi manier. Het al gesien dat ‘n skurk vergifnis vra en se as iemand al so mooi met hom gepraat het, het hy nooit gedoen wat hy gedoen het nie. Ons manne kan by hul gaan leer! Hier was weereens ‘n voorbeeld gewees. Wens ons manne wil so wees.

Susan van Niekerk ·

Dit raak n mens se hart beslis !!!! Daardie Polisieman is n liewe mens met n wonderlike hart , hy was dalk net so hartseer soos daardie klyn ou dogterjie.
Het SA nog sulke goeie polisie manne ??

Illa ·

Susan, ek glo opreg daar is nog sulke polisiemanne in Suid-Afrika. Hul word egter (ongelukkig) oorskadu deur die rowers in uniform. Dit is hartseer, want ek kan my nie indink hoe dit moet voel om elke dag my werk met trots en eer uit te voer en vanweë die wandade van ander as ‘n krimineel uitgekryt te word deur die publiek nie. Ek weet nie wat die oplossing is nie, maar hoe meer ons alle polisiemanne oor dieselfde kam skeer, hoe minder eerbares gaan oorbly.

Nic de Bruyn ·

Hoe wonderlik is dit nie, om te sien hoe ‘n beskaafde mens optree, in sulke moeilike omstandighede.
Hier terplaatse sal die slagoffers kaal gestroop word.

Hannelie ·

Ek stem saam met julle hierdie polisieman is ‘n Engel. Hy het definitief ‘n hart van goud en is trots op sy werk!

Se Maar Net ·

Wat ‘n wonderlike gebaar, ek kry skoon hoendervleis. Om te dink dit is ‘n polisieman!!!
Sal dit nie fantasties wees om ook sulke beamptes in ons land te kan he nie.
Hy is ‘n polisieman om op trots te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.