
Nick Struck, polisiebeampte, troos die tweejarige nadat haar pa in die ongeluk gesterf het Foto: Facebook
(‘n Video-onderhoud met die polisiebeampte volg onderaan die berig.) ʼn Polisiebeampte van Colorado in Amerika het ʼn tweejarige dogtertjie met ʼn wiegeliedjie getroos nadat haar pa in ʼn motorongeluk gesterf het.
ʼn Foto van die polisiebeampte, Nick Struck, wat die tweejarige vashou en die flitsende ligte van die brandweerwaens aan haar uitwys terwyl hy Twinkle, Twinkle, Little Star sing, word wyd op sosiale media gedeel.
ʼn Ooggetuie van die ongeluk, Jessica Doug Matrious, het die foto geneem.
Die pa en ma en hul vier kinders het in die motor gery toe dit omgeslaan het. Die pa is op die toneel dood verklaar. Volgens die polisie se voorlopige bevindings was niemand in die motor behoorlik vasgegordel nie, maar daar was nie alkohol of dwelmmiddels betrokke nie. Die ma en al vier kinders, insluitend die tweejarige op die foto, is na die hospitaal geneem. Die ma en twee van die kinders is steeds in ʼn ernstige toestand. Die dogtertjie en een van haar sussies is reeds ontslaan.
Brighton-polisie het ook die foto op hul Facebook-blad gelaai om die beampte te bedank vir sy werk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
So aangrypend Hy verdien die naam polisieman
Frik ek wil jou woorde ook leen. Hy verdien dit.
Ek is diep geraak deur die artikel. hy is in elke sin van die woord die amp polisieman werd.
‘n Baie goeie voorbeeld vir Suid Afrika, dit moet ‘n advertensie word op TV, sodat almal dit kan aanskou. Polisie beampte jy is n ster.
Daar IS nog goeie mense in die siek wereld van ons. Baie trots dat ‘n polisie-man so iets vir ‘n klein dogtertjie doen!!!