Politieke krisis dreig toenemend in Frankryk

Frankryk se president, Emmanuel Macron (voor) en Edouard Philippe, die voormalige Franse premier. Philippe het Vrydag bedank. (Foto: Charles Platiau/AP)

Verlede maand het 20 afgetrede Franse generaals in ʼn ope brief aan die Franse regering gewaarsku dat Frankryk besig is om te verbrokkel. In hul brief verwys die generaals na verskeie gevare, waaronder die Islamisering van immigrant-gedomineerde voorstede rondom Franse stede en die groeiende sogenaamde anti-rassisme-beweging wat Frankryk as land en sy kultuur en tradisies verag.

Verlede week is die brief opgevolg deur nog ʼn brief, maar dié keer deur soldate wat tans diens doen in die Franse weermag. Dié brief waarsku dat Frankryk op ʼn burgeroorlog afstuur.

Pres. Emmanuel Macron en sy hele regering het die twee briewe sterk veroordeel en het die afgelope week gesê dat dit onaanvaarbaar is vir huidige soldate en afgetrede generaals om sulke briewe te skryf, en dat die waarskuwings daarin ongegrond is.

ʼn Peiling wat die afgelope week deur die staatsbeheerde nuuskanaal LCI in Frankryk gedoen is, het egter bevind dat 58% van Franse die 20 generaals se waarskuwings ondersteun.

Hoewel die verbrokkeling van Frankryk en ʼn burgeroorlog waarskynlik nie binnekort ʼn werklikheid sal word nie, dui die aanloop tot die Franse presidentsverkiesing volgende jaar reeds op diepliggende spanning in die Franse samelewing. Dit is veral die afgelope paar jaar se skerp toename in die Islam-bevolking van Frankryk, die grootste in Wes-Europa, wat die debat oorheers.

Frankryk is die afgelope paar jaar die hardste in Europa deur Islamitiese terreur getref, en ernstige geweld, soos in voorstede van Parys in 2015, deur immigrante laat die vrees toeneem dat Frankryk se Moslem-gemeenskap onversoenbaar met die res van die Franse samelewing is. Verskeie studies het bewys dat die Moslem-bevolking in Frankryk, soos in ander Europese lande, toenemend meer konserwatief en fanaties raak en weier om met die Franse samelewing te assimileer.

Daar word verwag dat volgende jaar se Franse verkiesing ʼn stryd tussen pres. Macron en die regse politikus Marine le Pen sal wees. Macron is ongewild, maar hy sal tot die finale ronde van die verkiesing deurdring omdat genoeg kiesers wil keer dat Le Pen eerste eindig. Le Pen geniet groeiende steun onder landelike en werkersklaskiesers in Frankryk en is toenemend besig om deur te breek tot kiesers wat voorheen nie net vir regse partye nie, maar ook vir sosialistiese partye gestem het.

Sou Macron volgende jaar herkies word, sal Frankryk vir nog vyf jaar met ʼn  ongewilde president opgeskeep sit. Sou die onwaarskynlike gebeur en Le Pen word verkies, sal dit tot ʼn opskudding lei en kan opstande oor die hele Frankryk, maar veral ook in die res van Europa, verwag word. Die twee briewe deur lede van die Franse weermag is oordrewe en selfs kras, maar sommige van die waarskuwings daarin en veral die indirekte suggestie dat die gare wat die Franse kleed bymekaarhou, vinnig begin uitrafel, is wel korrek. Volgende jaar se verkiesing sal die eerste bestekopname wees van hoe ver die ontrafeling van die Franse samelewing reeds gevorder het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

EnoughSaid ·

Is die volgende rugby wêreld beker nie hoeka bespreek vir Frankryk nie? 2023 dink ek? HKGM…..

annie ·

Macron probeer hard om nie saam met mamma sy oudag ook iewers op ‘n eiland af te sluit nie. Sy handjie neig-neig voor in die baadjie na die hart-se-punt of dalk jeuk die veiligheidbaadjie soms effens. Die katelknapie is nie orals te bewonder vir sy helde-aksies nie. Afrika roer ook nie die pap vinniger as sy vliegtuig land nie. Frankryk het self gesorg vir die slapers op sy voorstoep. Dit raak nou morsig.

Boerkind ·

“Sy handjie neig-neig voor in die baadjie…” Jip – die teken dat hy onder beheer van die “meester” is… Siestog arme belaglike dremel.

Pietertjie ·

Groot probleem is dat die toestroming onomkeerbaar is, tensy ‘n burgeroorlog uitbreek. Iets wat die Franse weliswaar kan verloor, wat Frankryk in ‘n Islamitiese Staat sal omskep.

Boerkind ·

Macron, die linkse verwoester van Frankryk… Hoop hy verdwyn baie gou!

Keelvol ·

Slaan ag op daardie waarskuwings en moenie dit net ignoreer nie.

Stefaan ·

Stem. Siener het ‘n burger oorlog voorspel. Daar is meer moslems in Frankryk as Blankes in Suid Afrika so hulle het ‘n groooot probleem op hande .

Sarel ·

Dit is hoekom die Jeug vertroue in die Demokrasir vetloorcwznt dit word opertuniste en swak Politieke
Leiers instand gehou

Snowball ·

Meer Halaal restaurante in die stad Lyon as Franse restaurante….maar net een bedryf maar daar is baie ander kutuur – erfenisse wat verdwyn om plek te maak vir die volkvreemdes.
Stuk vir stuk, instansie vir instansie, ontvolk en ontman hulle die Franse in hulle eie land.
Wonder of die gemoedere dieselfde oorkook gevolge sal hê soos tydens Madame Guillotine se tyd, of het hulle reeds (soos ons) slapgat oorgegee aan die hand van ‘n paar politici met gladde bekke en leë beloftes.

Grassie ·

Frankryk moet nie kla nie. Ek is ook nie jammer vir hulle nie. Hulle het mos die afgelope paar jaar miljoene migrante wat by hul voordeur opgedaag het met ope arms ontvang. Toe mense soos me Le Pen gewaarsku het dat die migrante ongeskoold, ongeletterd en die uitskot van derde wêreld lande is wat boonop ‘n militante, onverdraagsame geloof het is hulle uitgelag. Duitsland is net so erg. Ek onthou hoe ryk Duitsers plakkate wat lui “welkommen” opgesit het en die gepeupel met hulle luukse Mercedese en BMWs aangery het. Al wat ‘n mens vir hulle kan sê is – “Julle het gesoek daarvoor, kry vir julle”

Willem ·

Só, die briewe is “oordrewe” ? Wie maak so ‘n waardeoordeel? Daar is duidelik Franse wat méér gesonde verstand en kommer oor die voortbestaan van hul kultuur het as wat daar witmense hier in Suid-Afrika was voor 1994. En kyk waar sit ons nou!? Die geskiedenis herhaal homself en as die Europeërs hulself ed sal hulle die Moslems moet terugjaag van waar hulle gekom het.

Blikkies ·

My geld en stem is op Marine Le Pen. Hoop sy skop …As ons ook maar net so ‘n kans kan kry om van ons probleme op te los.

E ·

Ek weet nie vir wie ek jammerder voel nie – ons in SA of die Franse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.