Porsche gedagvaar ná Paul Walker-ongeluk

Paul Walker Foto: AP Photo/Andrew Medichini

Paul Walker Foto: AP Photo/Andrew Medichini

Die Fast and the Furious-akteur, Paul Walker, se dogter dagvaar die motorvervaardiger Porsche ná haar pa se noodlottige ongeluk twee jaar gelede.

Meadow Rain Walker (16) het Maandag die maatskappy gedagvaar en eis skadevergoeding vir “verskeie ontwerpflaters” wat, volgens die prokureurs, haar pa verhoed het om uit die wrak te kom.

Walker was in November 2013 die passasier in ʼn Porsche Carrera GT toe hulle ʼn lamppaal getref en die motor aan die brand geslaan het. Die bestuurder is ook dood.

Volgens die hofdokumente het die motor nie ʼn behoorlike stabiliteitskontrolestelsel gehad nie en ook nie veiligheidsmeganismes wat insittendes kon beskerm indien dit ná ʼn ongeluk aan die brand slaan nie.

Verteenwoordigers van Porsche North America het nog nie op korrespondensie reageer nie.

Owerhede in Los Angeles het die noodlottige ongeluk toegeskryf aan “onverskillige spoed”. die bestuurder, Roger Rodas, het glo teen tussen 80 en 93 myl per uur gery toe hulle ʼn lamppaal en verskeie bome getref het. Die spoedgrens op dié pad is slegs 45 myl per uur. Volgens die hofdokumente het die motor egter slegs teen tussen 45 en 55 myl per uur gery toe die ongeluk plaasgevind het.

Rodas se vrou het ook ʼn eis teen Porsch ingestel. Die motorvervaardiger het alle skuld ontken en Rodas self beskuldig van nalatigheid, omdat die motor “misbruik of onbehoorlik in stand gehou is”.

Jeff Miliam, Walker se prokureur, het aan The Wrap in ʼn verklaring gesê Meadow het met groot onwilligheid goedkeuring gegee vir die dagvaarding om voort te gaan, namens haarself en as erfgenaam van Walker se boedel. “Sy is ʼn tienermeisie wat nog die afsterwe van haar pa probeer verwerk,” het Miliam gesê. “Sy is gesteld op haar privaatheid en sal nie nou enige kommentaar lewer nie. Ons versoek dat almal dit sal respekteer.”

Die agtste aflewering in die Fast and the Furious-reeks met Vin Diesel in die hoofrol word in 2017 verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SNEL ·

Hierdie prokureur soek geld, dis al. Meadow het haar goedkeuring onwilliglik gegee vir die dagvaardiging, so dit beteken net een ding, die prokureur wil geld probeer maak. Dis belaglik om n maatskappy te dagvaar as jy n produk nie reg gebruik het nie, hier was die kar “verkeerd” (te hoë spoed) gebruik. Hoeveel mense het nie al na n ongeluk vasgesit in n kar en kon nie uitkom nie, kan almal dan maar begin dagvaar? Dis belaglik, hoop hulle verloor die saak. Ek geniet al die Fast and Furious flieks en het so ver die hele reeks (ek is n fliekvlooi) en Paul Walker was n puik akteur, en ek is baie jammer dat hy op so tragiese manier moes sterf, maar om nou Porche te dagvaar is heeltemal te ver gevat.

Fanie ·

Jip. Hierdie prokureurtjie wil al die boedelgeld sluk. Slimskelm.

ig ·

Belaglik verby.Dit is mos altyd iemand anders se skuld of n hond het voor my ingehardloop of so iets.Die ongeluk was tragies maar dit is die prys vir windgat wees.

Pendoring ·

Net soos ons politiek, sodra jy agterkom jy het drooggemaak is dit Apartheid se skuld. Ek hoop Posche stuur hulle in hul mieter in.

Pendoring ·

Net soos ons politiek, sodra jy agterkom jy het drooggemaak is dit Apartheid se skuld. Ek hoop Porsche stuur hulle in hul mieter in.

Jacques ·

Gou kyk of jou pa nog geld vir jou kan gee, seker te min vir jou gelos ne. Geldgoerigheid gaan nog die einde beteken van ons gewone mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.