Pous berispe tieners oor selfoonverslawing

Pous Franciskus tydens ʼn oudiënsie met Hoërskool Liceo Visconti-leerders en personeel by die Paul VI-saal by die Vatikaan (13 April 2019). (Foto: Gregorio Borgia/AP)

Die 82-jarige pous Franciskus het Saterdag ʼn groep jongmense die kop gewas omdat hulle so alewig met hul selfone doenig is.

Die pous het ʼn groep Italiaanse tieners van Liceo Viconti, ʼn bekende staatshoërskool in Rome, by die Vatikaan ontmoet en sommer van die geleentheid gebruik gemaak om oor dié lastige gewoonte te praat. “Bevry julle van die selfoonverslawing, asseblief,” het hy gesê.

“Julle het sekerlik al gehoor van die tragedie van verslawing, maar die verslawing aan selfone is baie, baie subtiel. Selfone is van groot hulp en ʼn groot vooruitgang. Hulle moet gebruik word, dit is goed dat almal weet hóé. Maar wanneer jy ʼn slaaf van jou selfoon word, verloor jy jou vryheid,” het hy gesê.

Pous Franciskus het die leerders aangemoedig: “Moenie bang vir stilte wees nie, ook nie om op jul eie te wees nie; nee, want dit is nie goed vir julle nie. Neem tyd om op jou eie te wees.”

Dit was nie die eerste keer dat die pous sy ongelukkigheid oor selfone uitgespreek het nie. In 2017 het hy gekla oor die gebruik van selfone tydens kerkdienste en gesê dit maak hom “baie hartseer” as hy sien hoe mense, onder wie priesters en biskoppe, hul selfone gedurende geloofsdienste ophou.

“Asseblief! Die diens is nie ʼn vertoning nie!” het hy destyds gesê. Hy het mense aangemoedig om “hul harte op te lig” eerder as hul selfone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

KaterinaKat ·

Hy is reg. Maar die duiweltjie agter my oor fluister:” Is hy bang hulle lees dalk op die internet oor al die bespiegelinge en conspiracy theories oor die Vatikaanstad”? Ek spandeer baie tyd op die net, want ek woon in die bos in Mpumalanga. Ek spandeer ook baie tyd om heerlike kos en terte te maak, en kuns. Balans is die belangrike ding. WAAR jy lees, WAT jy lees op die net. It is a double- edged sword. On the internet, you can learn abour the True nature of reality, you can take the red pill. Or you can take the blue pill and go from being asleep to being comatose.

Andreas ·

K/K, waar in die bos in MP? Dan moet dit nie ver van my af wees nie. Die Laeveld? (Ek is nou ook op daai pille stadium en ek is ook baie op die internet.)

Andreas ·

OK, lekker terte en kos, daar is ‘n paar plekke in ons omgewing, spesifiek KaapscheHoop, Onder Sabie en Graskop is bekend vir lekkerrrr eet, dan nog so ‘n horde ander plekke.

Rian ·

Mag ek net byvoeg dat selfoon-verslawing nie nét by tieners lê, maar by mense van alle ouderdomme deesdae. Oral waar jy gaan sien jy koppe afwaarts vasgenael besig om die nuutste epos/sms/whatsapp/facebook/twitter en/of Instagram boodskap te lees/stuur. En dan praat ek nie eers van verdomde selfies nie.

Pleks mense eerder OPKYK, die foon wegsit en begin OPLET wat om hul aangaan. Die wêreld raak ‘n veel meer interessante plek sodra jy begin aandag gee aan jou onmiddelike omgewing.

Ek self is soms skuldig daaraan en moet waak daarteen om nie met tye vasgevang te raak voor my foon nie. ‘n Bietjie tyd weg van tegnologie verrig soms wondere vir die gemoed.

Jerry ·

Pous Franciska moet eerder vir sy bose broeders wat die pad byster raak preek en die jeug uitlos! Die Vatikaan het hulle roeping, hulle mense en die Een wat hulle aanbid versaak deur boosdoening! Dit is geen wonder dat daar soveel boosheid in die wereld rondsluip nie! Kyk nou net watse bose karakter het in Amerika uitgepop!

Jan Brand ·

Die pous kan eerder sy rok uittrek en klere soos vir ‘n gewone man kry, ophou om twak te verkondig, al sy kardinale, biskoppe en priesters en nonne ontslaan en die kerk ontbind. Dan doen hy iets wat die moeite werd is en tot voordeel van die mensdom is.

Koos ·

Stem saam, Jan. Ontbind daai goddelose instansie, red ‘n klompie kinders van seksuele aanranding en bevry ‘n klomp mense van allerhande sinnelose bygelowe.

MW ·

Stem saam Koos en Jan. Jul slaan die spyker op die kop. Die pous word deur sy aanhangers geag as in die plek van God op aarde te staan, dis uiters godslasterlik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.