Pous Franciskus het mikroskoop nodig om sy Kersgeskenk te sien

Dahlia Grybauskaite, president van Litaue, kyk deur ‘n mikroskoop na die pous se geskenk (Foto: Litaue se presidentskantoor via AP)

Litaue het pous Franciskus ʼn Kersgeskenk gegee wat nie met die blote oog gesien kan word nie: ʼn geboortetoneel waar die baba Jesus kleiner is as ʼn menslike sel.

Dahlia Grybauskaite, president van Litaue, het Vrydag deur ʼn mikroskoop gekyk om die replika van die krip te sien, ʼn afskrif van die toneel wat vroeër vandeesmaand deur diplomate van Litaue aan die pous geskenk is.

Grybauskaite het gesê dit het wetenskaplikes en studente drie maande geneem om die piepklein krip te maak van ʼn 3D-skandering van ʼn lewensgrootte vorm. Dit is 10 000 keer verklein.

Pous Franciskus sal in 2018 die Baltiese state besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nicolaas ·

Haha. Dis min of meer ook hoe groot die rol is wat Jesus in die katolieke kerk se dogma speel.

Joe fool ·

Puik gestel !
Hulle weet VAN Hom, maar KEN Hom nie, daarom dat hulle slegs n afbeelding van hulle verbeelding kan skep.

Staan Op! ·

En terwyl ons hulle (RKK) so lekker vasvat en kritiseer (met goeie rede), moet ons tog net ook onthou dat ons kerke ALMAL ons dogma by hulle ge-erf het; Kersfees, kinder besprinkeling (doop), Sondag aanbidding, katkegese, die vals Paasnaweek, die kerk toring, die kruis, die helo (sonkring), die moeder en kind figuur (wat Semiramus en Tamuuz is), die pagan name, ens. WAAR LAAT DIT ONS?

Sê maar net 1 ·

Netso julle! Dis waar Staan Op, ek wens mense wil begin ondersoek instel en die waarheid begin ontbloot

Shirley ·

Die kenmerk van ‘n Christen in vandag se tyd… Alewig besig om die ander te vertel hoe verkeerd hulle is en watse groot heidene hulle is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.