Pous kry meer as 50 000 e-posse vir verjaardag

Pous Franciscus. Foto: AP Photo/Andrew Medichini

Pous Franciscus. Foto: AP Photo/Andrew Medichini

Pous Franciscus het Saterdag, op sy 80ste verjaardag, al minstens 50 000 e-posse van gelukwensing gekry.

Die pous het op sy verjaardag met sy normale dagtake voortgegaan en aanbidding saam met kardinale gelei.

“Iets wat lelik en vreesaanjaend lyk, naamlik ouderdom, is die afgelope paar dae in my gedagtes,” het Franciscus tydens ʼn spesiale diens in die Vatikaan se Pauline-kapel gesê.

Volgens Franciscus het ʼn kerkvoog vir hom ʼn opstel van die bekende Romeinse filosoof, Cicero, oor ouderdom gegee. “Oudag sal met ʼn stil voet kom,” het hy die stuk aangehaal. Hy het ook na die Duitse romantiese digter, Friedrich Hoelderlin, verwys, wat gesê het: “ouderdom is vreedsaam en vroom”.

Die pous het sy dag begin deur saam met haweloses ontbyt te eet. Twee vroue en ses mans is genooi. Hy het ook gereël dat sopkombuise koek uitdeel en dat mense wat in skuilings woon, ʼn “klein geskenkie” ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Frikkie Mulder ·

En volgende jaar op 31 Oktober vier óns verjaarsdag: 500 jaar lank – deur genade alleen, vry van die valse kerk. Dank die HERE vir herders en leraars soos Johannes Calvyn, Martin Luther en ander wat Hy aan sy heilige algemene christelike kerk geskenk het om ons oë weer op Jesus Christus alleen te vestig. SOLI DEO GLORIA!

Riana Steyn ·

Frikkie, miskien moet jy weer jou Bybel nader trek! Selfs daardie geloof is ‘n bedriegspul. Kom terug by die waarheid van die Skrif! Sy naam was nog nooit Jesus nie – deur die einste RKK gegee – Sy Naam is en was nog altyd Hebreeus en wel Yahusua soos sy ma Miriam Hom sou noem. Ons word nog steeds belieg in elke kerk.

Pastoor ·

Ag asseblief. Daars niemand Heilig behalwe God nie. Gelukkig is die dwaalleeraar niks van my nie

Hennie ·

So hoogheilig en dan is by ‘n vrymesselaar en lid van die “Scull & Bones”.

gatiep ·

So baie skatte en hy laat 8 arm mense eet by hom.Sal graag wil weet wat hy daardeur probeer bewys.
Hy kla oor Trump se muur maar sy paleis is soos n Fort gebou.

John ·

Hoeveel Afrikaanssprekendes is Katolieke? Vir wie is bogenoemde nuus van belang? Die Roomse Kerk wat glo mense kan nie direk tot die Hemelvader bid nie en hul sondes kan net deur self-sondige aardse priesters vergewe word nadat dit aan hulle gebieg is en die pous is die aangewese (deur mense aangewys), verteenwoordiger van die Here op aarde… en goeie werke koop jou plek in die hemel, nie geloof nie… Sjoe! Moet ons die ou oom in sy mini-staat vol van aardse skatte, gelukwens, of wat?

J. Steyn ·

Daar is byna 400 000 Afrikaanse katolieke. Die nuus is relevant. Dankie.

snoefie ·

die “skatte” behoort nie aan due plus nie Gatiep. anders as ons landsleiers gaan hy nie mal met dit wat nie aan hom behoort nie. so interessantheidshalwe gatiep, vir hoeveel haweloses het jy op jou verjaardag van ontbyt voorsien?

snoefie ·

ai die dwalinge van die wie sonder kennis oordeel. do zoo voort. julle onkunde het darem vermaakwaarde.

Daan ·

Tussen 30 000 en 40 000 Christen denominasies en natuurlik is die een wat jy volg die regte een.

Blompot ·

Riana, “Jesus” is maar net die Griekse weergawe van “Jahusua”.

Flintstone ·

Die nuus sal slegs relevant raak indien al die ander geestelike leiers se verjaarsdae so prominent gemaak word deur die hoofstroom nuus.

GJ de C K ·

Ongeveer ‘n half-miljoen Afrikaanse katolieke in SA. Dankie Maroela media vir professionele en neutrale beriggewing.

Mag almal (ook my mees stoere protestantse broers en susters) nog meer oorvloedig die genade van God in Jesus Christus – die Lam gebore vir ons – weer opnuut ontvang hierdie kerstyd. Genade en vrede!

John ·

J.Steyn, dit is baie insiggewende inligting. Waar in die land is Afrikaanse Katolieke katedrale en opleidingsentrums vir Afrikaanssprekende priesters. Hoekom hoor ons so min oor julle of woon die Afrikaanssprekendes Engelse byeenkomste by?

GJ de C K ·

Die eerste katolieke kerkgebou in die ZAR is moontlik gemaak deur die president MW Pretorius. Die kerk-gebou staan nog en word steeds benut. Dit is op die hoek van Potgieter en Bloed strate in Pretoria. Die titel-akte is gedateer, 27 November 1872.

Die hele liturgie, soos vervat in die “Missale Romanum” van die Kerk is in Afrikaans vertaal reeds jare gelede deur Vader Marc de Mûelenaere, ‘n oud-mateikulant van Afrikaans Hoër Seunsskool in Pretoria, uit ‘n familie wat groot bydraes op verskeie terreine tot die Afrianer volk gemaak het. ‘n Man wat sy hele lewe (en nogsteeds) in diens aan Jesus gewy het.

Die vraag is: “Waar is ons”?

John ·

Ek het Marc en ‘n broer as studente ontmoet. Die uitgebreide immigrante-familie is/was later ook baie aktief op mediese gebied, maar ek sou hulle nie as Afrikaners beskryf nie. Die syfer van meer as 300,000 Afrikaanse Katolieke is vir my net ‘n duistere saak. Waar woon hulle? Hierdie is maar net een voorbeeld. Waar nog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.