Pous of Poetin vir Nobel-vredeprys?

Pous Franciscus. Foto: Vatican Radio - English Section/Facebook

Pous Franciscus. Foto: Vatican Radio – English Section/Facebook

Terwyl dit wêreldwyd gons oor die wegneem van die 14de beraad van Nobelvredepryswenners van Kaapstad na die Dalai Lama se visum-debakel, verskuif die aandag na die Nobel-vredeprys vir 2014 se bekendmaking volgende Vrydag.

Altesaam 278 mense is vir die Nobel-vredeprys benoem, waaronder die pous en pres. Wladimir Poetin van Rusland.

Onder die beroepswedders word Poetin geen kans gegun nie. Pous Franciscus, die sekretaris-genraal van die VN, Ban Ki-moon, die fluitjieblaser Edward Snowden en die Kongolese arts, dr. Denis Mukwege, word as gunstelinge beskou.

Die Nobelprys vir Geneeskunde en Fisiologie word Maandag aangekondig, gevolg deur Natuurkunde Dinsdag, Skeikunde Woensdag, vir Vrede Vrydag, en Ekonomie Maandag, 13 Oktober. Die datum vir die bekendmaking van die Nobelprys vir Letterkunde moet nog aangekondig word.

Die toekennings, wat ‘n ruim geldelike beloning insluit, word op 10 Desember elke jaar gedoen. Dit is Alfred Nobel se sterfteherdenking.
Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben Burger ·

Zuma verdien ook ‘n nominasie. Hy het vrede met wat in Suid-Afrika aangaan … net solank hy homself en die belange van familieliede kan dien.

charmaine ·

Nobel pryse vir vrede? waar is die vrede? Seker op MARS??

Die helfte van die “benoemdes” is half dood, die ander helfte korrrup ander helfte dom!!

Ek dink nie een van die die “benoemdes” verdien eers n suigstokkie nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.