
Die foto’s is bekend gestel om die hertogin van Cambridge se verjaardag te gedenk. (Foto: Paolo Roversi)
Stralend en beeldskoon op 40.
Verskeie foto’s van Catherine, hertogin van Cambridge, is bekend gestel om haar 40ste verjaardag, wat sy vandag vier, te gedenk.
Die portretfoto’s van Catherine in skeppings van Alexander McQueen, is geneem deur die modefotograaf Paolo Roversi en het ʼn ouwêreldse gevoel van glans. Dit is in November in Kew Gardens in Londen geneem.
Die foto’s sal op drie plekke, Berkshire, St. Andrews en Anglesey, uitgestal word, almal plekke waar die hertogin gewoon het.
Dit vorm deel van die “Coming Home”-uitstalling van die National Portrait Gallery wat later vanjaar heropen. Die hertogin is ʼn beskermvrou van die galery.
Catherine, toekomstige koningin wat as Kate Middleton met prins William van Brittanje getrou het, het die afgelope paar jaar haar voete in die openbare oog as senior koninklike gevind – ʼn rol wat sy volgens talle met grasie vervul.
Sy het aanhangers Sondag op die egpaar se amptelike Twitter-blad vir hul verjaardagwense bedank.
Thank you for all of your very kind birthday wishes, and to Paolo and the National Portrait Gallery for these three special portraits. C
???? Paolo Roversi pic.twitter.com/FDMn5raCnr— The Duke and Duchess of Cambridge (@KensingtonRoyal) January 9, 2022
Die Britse koningshuis het ook verskeie foto’s van die hertogin gedeel in ʼn Twitter-boodskap waarin hulle haar met haar verjaardag gelukwens. Prins Charles en sy vrou, Camilla, het Catherine ook gelukgewens.
Wishing The Duchess of Cambridge a very happy 40th birthday today! ???? pic.twitter.com/boV1los3Rm
— The Prince of Wales and The Duchess of Cornwall (@ClarenceHouse) January 9, 2022
???? Wishing The Duchess of Cambridge a very happy 40th birthday today! pic.twitter.com/aw1jXGus0J
— The Royal Family (@RoyalFamily) January 9, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sy is inderdaad ň lielike mens. Long live the future queen.
Whatever…………
Pragtige vrou en ‘n regte dame.
Sy is darem maar lieflik!! Stylish, gorgeous and always so classy and elegant.
Sy is grasieus. Verdien net die allerbeste in die lewe.