Premier toets positief vir Covid-19 kort ná inenting

Argieffoto van Pakistan se eerste minister, Imran Khan. (Foto: ISHARA S. KODIKARA / AFP)

Pakistan se eerste minister, Imran Khan, het positief getoets vir Covid-19, twee dae nadat hy teen die koronavirus ingeënt is.

Khan (68) se kantoor het Saterdag bevestig dat die eerste minister tuis in self-isolasie is nadat hy positief getoets het vir Covid-19.

Pakistan beleef tans ’n skerp styging in Covid-19-gevalle.

Khan is Donderdag tydens fase 1 van die land se inentingsprogram met die Sinopharm-entstof ingeënt.

Inenting help met die ontwikkeling van immuniteit teen die virus wat Covid-19 veroorsaak. Dit neem egter gewoonlik ʼn paar weke voordat ’n pasiënt immuniteit ontwikkel. ’n Persoon is dus kort ná inenting steeds kwesbaar.

Shahbaz Gill, die eerste minister se woordvoerder, het intussen op sosiale media gesê Khan is nie ernstig siek nie en het in dié stadium ’n ligte koors en hoes.

Bronne: AFP, BBC, The Times of India

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MakersMark ·

Inenting gaan ongelukkig nie veel beskerming bied na 2 dae nie dalk 2 weke.

Cherokee ·

Toe ek ‘n kind was, is kinders geënt. Nou word mense ingeënt. Die woord uit my kinderjare klink steeds meer reg. Miskien net omdat dit die woord is wat al die jare gebruik is, en ek so gewoond is daaraan, maar ek verkies steeds eersgenoemde.

Eragrostis ·

Die kans dat hy reeds Covid-19 onder lede gehad het voor die enting is baie goed. Nou wonder ek net hoeveel samesweringsteorieë hieruit gaan ontstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.