Pres. Trump se ‘gedigte’ gebundel

Donald Trump se twiets is in gedigte saamgevat. (Foto: Iwoot)

Wonder jy wat om vir vriende en familie vir Kersfees te koop? Pres. Donald Trump van die VSA se wyshede is in die vorm van gedigte in ’n boek saamgevat: The Beautiful Poetry of Donald Trump.

Rob Sears, ʼn Britse fiksie- en komedieskrywer, het deur Trump se twiets en openbare stellings van die afgelope 30 jaar gewerk en die georden. Só het hy ʼn “skatkis van pragtig verse” ontdek, volgens ʼn beskrywing van die boek.

Politieke ontleders en kritici skeer gereeld gek met Trump se uitlatings op sosiale media. Sommige het selfs al gesê Trump skryf soos “ʼn gr.3-leerder sonder ʼn woordeskat”.

“Hierdie innoverende versameling gee lesers ʼn blik op Trump se diepste gedagtes en oortuigings oor ʼn hele reeks onderwerpe en ontbloot ʼn hele nuwe kant van Trump wat tot dusver verborge was,” luidens die beskrywing.

Sears het aan die Britse koerant The Guardian gesê Trump se uitlatings verleen hulle tot poësie. “Hy praat in baie kompakte frases met min woorde, wat jou baie vertel van wie hy is. Dit is nie so ver verwyderd van poësie nie,” sê Sears.

Die boek is ook op die Sunday Times se lys van beste verkopers, al is dit in die no. 1174-posisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
DG

Ek wonder of dit nou weer ‘n verkleinerende poging is teen Trump? eish

Esta

Rerig??????

Marius

Yster President Donald Trump.

Richard

Dag amper dit is die eerste April toe ek die berig sien.

Feite

Kom ons kyk na die feite. Donald Trump is n digter en n uitstekende besigheidsman en hy is dit alles, maar hy is nie n goeie president nie, omrede goeie presidente hulself nie skuldig maak aan fopnuus deur die feite te verdraai sodat dit slegs hulle eie beursie en beeld poets nie! Trump ly duidelik aan n kombinasie van liegsiekte en n meerderwaardigheids kompleks wat aanleiding gee tot magmisbruik en dit tesame met n fopkuif wat hom seersekerlik hinder. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek veroordeel Trump nie as mens nie, ek veroordeel Trump se dade van die… Lees meer »