Priester geskiet in Frankryk

Die Grieks-Ortodokse kerk in die Franse stad Lyon waar die skietery plaasgevind het. (Foto: Twitter)

Die priester van ’n Grieks-Ortodokse kerk in die Franse stad Lyon is Saterdagmiddag in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas nadat hy voor dié kerk geskiet is.

Die plaaslike polisie sê daar is omstreeks 16:00 twee skote op die priester van naby afgevuur kort nadat hy die kerk gesluit het. Die skieter het daarna op die vlug geslaan.

’n Verdagte is enkele ure later elders in Lyon in hegtenis geneem.

’n Griekse regeringsamptenaar het intussen die priester as Nikolaos Kakavelakis geïdentifiseer.

Die Franse polisie ondersoek ’n saak van moord.

Nikolaos Kakavelakis (Foto: Twitter)

Daar is in dié stadium geen duidelike motief vir die voorval nie en amptenare sê daar is geen aanduiding dat die voorval verband hou met terrorisme nie.

Die hulp van die polisie se eenheid vir terreur is ook nie in dié stadium ingeroep nie.

Dít volg ná twee vermoedelike terreuraanvalle verlede maand in Frankryk.

Maroela Media het vroeër berig ’n vrou is vroeër vandeesweek onthoof en nog twee mense is vermoor tydens ’n vermoedelike terreuraanval by ’n kerk in die Franse stad Nice.

Die aanvaller, wat met ’n mes gewapen was, het glo “Allahu akbar” (“god is groot”) geskree voordat hy die moorde gepleeg het.

Christian Estrosi, burgemeester van Nice, het dié voorval as ’n terreurdaad bestempel.

Volgens Estrosi stem die metodes ongetwyfeld ooreen met dié wat gebruik is teen die onderwyser Samuel Paty wat vroeër die maand onthoof is in ’n aanval in ’n voorstad van Parys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Hulle weet baie goed wat is die motief. Dit word liberalisme en vryheid genoem en daar is sekere nasies en gelowe wat n probleem met dit het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.