Prince se hemp verkoop teen $96 000

Prince met die ikoniese wit hemp in die fliek, "Purple Rain"

Prince met die ikoniese wit hemp in die fliek, “Purple Rain”

ʼn Wit syhemp met valle, wat Prince in die fliek Purple Rain gedra het, is vir $96 000 (byna R1,4 miljoen) verkoop by ʼn veiling in Kalifornië.

Dit is 32 keer die verkoopprys.

Prince se swart-en-wit baadjie, wat hy ook in die 1984-fliek gedra het, is ook vir $96 000 verkoop.

Die afslaers, Profiles in History, het gesê die hemp, wat Prince as “The Kid” in die fliek gedra het, se verkoopprys was tussen $3 000 en $5 000.

ʼn Paar kniehoogte stewels uit Prince se Lovesexy-toer is vir $17 920 verkoop en ʼn halsnoer uit sy Diamonds and Pearls-musiekvideo is vir $8 320 verkoop.

Die kopers van die sanger se items se name is nie bekend gemaak nie.

Prince is in April in die ouderdom van 57 by sy Paisley Park-huis in Minnesota oorlede.

Sy geel Cloud- elektriese kitaar is verlede week vir meer as $132 000 (byna R2 miljoen) verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tc ·

Legend!!! Hy word gereken as die beste liedtjie skrywer naas Beethoven,Prince kon! So van sy grootste aanhangers sal betaal vir items van hom,Elvis het mense ook massiewe bedrae betaal vir van sy items,net soos 2 mense in SA oor die R100000,00 betaal het vir Monty en John Smit se 100ste toets truie…!!Inteendeel hulle het Martin Johnson se RWC 2003 finaal trui verkoop vir 2 miljoen pond!!!!!

Sarie ·

Elke mens is geregtig om sy/haar geld te spandeer soos hul wil; maar dis bàie duidelik dat mense se waardes verskil… As èk soveel geld gehad het, sou ek dit op maatskaplike “hulp” spandeer…

Johann Marx ·

Ek het ook hempde van 1984 in my kas. Ek het dit gedra op die Tuin-toer….van die voortuin na die agtertuin. Enige offers?

Machiel ·

Wonder net hoekom niemand vir ‘n bybel wat in 1953 gedruk is soveel betaal nie

Wat-ek-lees ·

Seker 1933? Ek het my 1933-bybel aan ‘n jong dame, predikant van die NG Kerk, gegee.

gatiep ·

Om wat mee te maak?
Is daar iets vout met baie ryk mense se koppe,of hoop hulle hulle gaan hom eendag vir meer verkoop.

Tc ·

Lekker gelag vir jou kommentaar Johan!!!!!Ja Gatiep glo my daardie goed sal vir meer verkoop eendag!!!LH of jy die bitter pil wil sluk of nie Prince was n uitstekende liedtjie skrywer en daar is al telkemale verwys na Beethoven was dit nog net Prince wat dit kon vermag het!!Die knaap was uitstekend en sy liedtjie Purple Rain sal altyd as n “All Time Classic” beskou word!Net so ook When Doves Cry,Kiss en Sign o the Times.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.