Prins Andrew van militêre ererolle onthef

Prins Andrew (Foto: CHRIS JACKSON / POOL / AFP)

Koningin Elizabeth II se tweede seun, prins Andrew, is Donderdag van sy militêre ererolle en koninklike beskermheerskap onthef nadat ’n Amerikaanse hof bekend gemaak het dat die regsgeding vir seksuele aanranding teen hom voortgaan.

Volgens ’n koninklike bron sal hy ook nie meer die eretitel van sy koninklike hoogheid in ’n amptelike hoedanigheid mag gebruik nie.

“Met die koningin se goedkeuring en instemming is die hertog van York se militêre verbintenis en koninklike beskermheerskap aan die koningin terugbesorg.

“Die hertog van York sal voortgaan om geen openbare verpligtinge na te kom nie en verdedig hierdie saak as ’n private burger,” lui ’n verklaring deur Buckingham-paleis.

Die besluit volg kort nadat ’n New Yorkse regter Andrew se aansoek dat die siviele saak laat vaar word, Woensdag van die hand gewys het.

Meer as 150 veterane van die koninklike vloot, die koninklike lugmag en die Britse weermag het vroeër aan die koningin geskryf en ’n beroep op haar gedoen om Andrew van sy militêre ererolle te onthef.

“Was dit enige ander senior militêre offisier, is dit ondenkbaar dat hy steeds in pos sou wees,” lui ’n gesamentlike brief wat deur Republic, ʼn drukgroep teen die monargie, bekend gemaak is.

Maroela Media het vroeër berig prins Andrew se prokureurs het verlede week aangevoer dat hy beskerm word deur ʼn skikking wat sy beskuldiger, Virginia Giuffre, meer as ’n dekade gelede onderteken het.

Regter Lewis Kaplan het egter beslis dat die skikkingsooreenkoms “dubbelsinnig” is en dat Andrew “nie ’n party tot die ooreenkoms tussen Epstein en Giuffre was nie”.

“Die enigste persone wat ’n bepaling van ’n kontrak kan afdwing, is die partye tot daardie kontrak – die mense wat daartoe ingestem het.”

Giuffre beweer sy is as minderjarige deur Epstein vir seks “uitgeleen”. Hy het in 2019 sy eie lewe in ʼn tronk in New York geneem terwyl hy verhoorafwagtend op aanklagte van mensehandel was.

Giuffre voer aan Andrew het haar 20 jaar gelede seksueel mishandel by die sosiale vlinder Ghislaine Maxwell se huis in Londen, asook by Epstein se huis in New York en op Little St. James, Epstein se private eiland in die Amerikaanse Maagde-eilande.

Maxwell is onlangs skuldig bevind op aanklagte van mensehandel en dat sy jong meisies vir Jeffrey Epstein voorberei het om seksueel misbruik te word.

Andrew ontken ten sterkste bewerings dat hy met Giuffre omgang gehad het en sê hy kan glad nie onthou dat hy haar ooit ontmoet het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Perdeby ·

En SA het lankal , ons is al in erge ontbinding stadium .

Pablo ·

20 jaar gelede en sy maak nou eers n saak.
Hoe het sy vry gekom. Dit klink of die saak oor geld gaan.

VaalDonkie ·

Daar was heel moontlik ‘n skikkingsooreenkoms dat sy vir 20 jaar niks mag bekendmaak nie. Daardie tyd het seker nou verstrek.

Pieter ·

Daar is ‘n storie hieroor op Netflix, doen navorsing en vind uit… Onthou net dat hiedie mense connected is, net soos die ANC en kie… Geregtigheid sal slegs geskied as die proses fair is… En dan is daar die groot evil van geld. Die hele ding het gebeur agv geld. Die meisies wou geld he en lekker partytjie, en die manne wou iets in return he en het dit ook gevat…

Aai ·

Onthou sy was baie jonk en wie sal teen sulke persone op jong ouderdom optree.Sy het mooi gewag tot sy standvastig is en die moed het ek haal my hoed af vir sulke vroue.

Perdeby ·

Sulke sake gaan maar gewoontlik oor geld, dis altyd jammer, want ek wonder maar net altyd hoekom lank en die bewyse wat se bewyse is daar, die vrou se woord teen die man sin.

Wat op dees Aarde ·

Doen jouself die guns en gaan kyk “Filthy Rich: Jeffrey Epstein” op Netflix. Sy vertel haar hele storie daar met bewyse dat Andrew haar eintlik ken en hy net daaroor lieg. Ook HOEKOM sy nou eers na soveel jaar bekentenis lewer.

Francois ·

Kom Suid Afrika toe. Met dasi klag kan jy maklik president word van Suid Afrika

Anna-marie ·

Ek het nou lekker gelag vir jou opmerking, maar ja, ek stem saam daarmee.

Tanniepetoors ·

Ek het geen, maar geen simpatie met hierdie man nie. Hy is tiperend van mans wat dink hulle is “God’s gift to women” en vroue minag. Ongelukkig nog baie van dié tipe in ons samelewing.

Gert ·

Vark indeed maar laat Giuffre haar self 2 keer so laat abuse het…… Maak nie sin nie.

Di ·

Hierdie tipe dink dat hulle geld en status hulle ontasbaar maak! Jou sondes haal jou wel in al vat dit 20 jaar, leuens kom altyd uit. Net jammer die grootste sondebok agter hierdie walglike storie het sy eie lewe geneem, regte lafaard!

Wielspore ·

Hierdie soort oortreders verdien nie die simpatie van die gemeenskap want hulle word beskerm deur mede lede en die mags posisie waarin hulle is.
Ek (man) is as dienspligtige deur ‘n staandemag lid in die operasionele gebied (Ondangwa) verkrag nadat ek na hom toe verwys is vir ‘n klem in die kaak inspuiting, hy het my met ‘n slaapmiddel ingespuit.
Hy was ‘n ontvanger van die Honoris Crux medalje vir dapperheid.
Hoe staan ‘n 18 jare dienspligtige teen so ‘n persoon op…. ?
Vuilgoed.

KatjieDeKat ·

Ai man, jammer om te hoor dit het met jou gebeur. Ja jy kry walglike mense oral in die lewe. Hoe kyk so n mens na die tyd in die spieel vir homself?

fs ·

dis hoogtyd dat die koninging hierdie brat van haar uitskop… sy jonkie dinge haal hom nou in en hy moet maar gaan pa staan vir dit… in die reg is almal gelyk.. prins or pauper…. verkeerd is verkeerd

Swerwer ·

So val die vernames een na die ander en die geld god seëvier nog steeds. Korrup verby , die hele wêreld.
Die eindtyd is vinnig maar seker oppad.

Mariaan ·

As dit wel so is…moet hy boet! Hopeloos te veel mans kom weg met hierdie tipe ding…dink mos vrouens is daar om net misbruik te word!

Sarel ·

Hy moet ‘n sekere SA Regsverteenwoordiger
Kry dan sal hy nooit eers in die Hof verskyn nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.