Prins Charles neem monargfunksie oor – Britse kenners

Prins Charles

Prins Charles

Prins Charles (65) is besig om sekere van sy 87-jarige ma, koningin Elisabeth, se funksies oor te neem, berig The Independent wat grondwetkenners aanhaal.

Bespiegelings dat die bejaarde koningin besig is om terug te staan, het posgevat toe aangekondig is dat die mediakantore van die koningin en haar seun in een “naatlose” eenheid saamsmelt. Hoewel Charles van die koninklike pligte gaan oorneem, soos die buitelandse reise, “om hom vir sy rol as monarg voor te berei,” word nie verwag dat hy sy ma se styl sal oorneem nie.

Koningin Elisabeth het tydens haar lang diens op die troon politiek neutraal gebly, en oor bykans geen onderwerp in debat getree nie. Charles sal ook politiek neutraal moet wees weens die monarg se plig om ‘n regeringsleier na verkiesings aan te stel, maar niemand verwag dat hy sy uitgesprokenheid oor tientalle onderwerpe die rug sal toekeer nie.

Charles was al verskeie kere oor sy uitgesprokenheid in die warm water, waaronder weens sy sogenaamde “black spider memo’s” waarin hy in briewe aan ministers hom skerp oor sake uitgelaat het.

Na berig word glo Elisabeth nie, soos haar Europese eweknieë, daarin om te abdikeer om hul troonopvolgers op ‘n jonger ouderdom bloot te stel nie. Daar is ook wyd bespiegel dat Elisabeth nie vir Charles as geskik beskou om haar op te volg nie, en eerder dat haar kleinseun, prins William, haar moet opvolg. Uit die Independent se berig lyk dit na ‘n uitgemaakte saak dat Charles wel sy ma sal opvolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Wonder hoeveel mense gaan WERKLIK HUIL as sy die dag nie meer daar is nie? En ek bedoel dit nie lelik nie. Sy was nou nie ‘n Nelson Mandela of Lady Diana gewees nie. Sy was altyd maar net daar. Wat het sy WERKLIK gedoen?

Lukie ·

Die klomp engelse leer hulle kinders in hulle skole hoe hul voorvaders- tommies die boere in suid-afrika vermoor het. En hulle is baie trots daarop. Dit kan jy net van ‘n engelman verwag. Hulle is einlik die wit malema’s van engeland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.