Prins Harry dagvaar Britse koerantgroep

Prins Harry en Meghan Markle. (Foto: Xinhua)

Brittanje se prins Harry het weer regstappe gedoen teen een van die land se grootste koerantgroepe, het sy woordvoerder Woensdag gesê.

Die klag teen Associated Newspapers, wat onder meer Daily Mail, Mail on Sunday en MailOnline publiseer, volg nadat sy vrou, Meghan Markle, vroeër vanjaar in ʼn aparte hofsaak teen dié koerantgroep geseëvier het.

ʼn Woordvoerder vir die egpaar het aan AFP gesê dat ʼn klag deur prins Harry gelê is, sonder om die aard of die naam van die publikasie wat gedagvaar word te spesifiseer.

Volgens verskeie Britse mediaberigte het prins Harry, koningin Elizabeth II se kleinseun, Mail on Sunday gedagvaar vir naamskending oor ʼn berig wat beweer dat hy sy versoek vir beskerming deur die Britse polisie geheim wou hou.

Prins Harry (37) en Markle (40) woon tans in Kalifornië in die VSA nadat hulle in 2019 finaal van hul koninklike pligte afstand gedoen het. Dit het tot gevolg dat hulle die reg tot polisiebeskerming, waarvoor Britse belastingbetalers betaal, verloor het.

Prins Harry het hom verlede maand op Britse howe beroep nadat die regering geweier het dat hy uit sy eie sak vir dié beskerming betaal en aangevoer het die besluit beteken hy kan nie terugkeer na sy tuisland nie.

ʼn Regsverteenwoordiger vir prins Harry het verlede week aan ʼn Londense hof gesê dat Brittanje “altyd sy tuiste sal wees”, maar dat sy eie privaatsekuriteitspan in die VSA nie die voldoende jurisdiksie of toegang tot Brittanje se intelligensie het om sy familie te beveilig nie.

Die regeringsprokureur het prins Harry se aanbod om self vir polisiebeskerming op te dok as “irrelevant” bestempel en aan die hof geskryf dat “persoonlike sekuriteit deur die polisie nie beskikbaar is op ʼn privaat-gefinansierde basis” nie.

Die egpaar het onlangs regsaksie teen verskeie publikasies ingestel vir die skending van hulle privaatheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Althes ·

Dit lyk my Harry en Meghan wil heeltyd die kollig op hul hê.
Hul moet pasop dat hul nie die Super Sue couple word nie.
Een van die dae dagvaar hul mense wat net skeef na hul kyk. LOL

Vexed ·

Hoekom bly mense die vraag vra? Hy is nog ‘n prins. Die titel kan nie van hom af weg geneem word nie. Hulle is net ontneem van die RH, dit is nie moeilik goed die nie mense.

philippus ·

Lyk my sy inkomste is om koerante te dagvaar wat deur sy agenda sien

VaalDonkie ·

Ja wel Ouma het mos sy sakgeld weggevat omdat hy stout was

Swerwer ·

Belaglik. Hy /hul het afstand gedoen so waarom kan hy hom dan nie betaamlik soos ‘n normale landsburger van sy land gedra nie. Hy is beslis nie verhewe bo ander nie.

JohanR ·

Meghan beveel Harry om die Britse koerantgroep te dagvaar! Harry skud van angs, en voer dadelik die opdrag uit.

VaalDonkie ·

Kyk, mens moet darem ook jammer voel vir die arme ou. Hy was nog bloedjonk toe sy ma dood is. Die wat hy ‘n ouer vrou getrou het wat hom orders gee.

Jessica ·

Ai tog, hy is nie meer n prins nie maar n pyn.
Het hulle nie genoeg werk op hande nie, nou dagvaar hulle almal? Please, get a life.

Mariana ·

Harry moet grootword en agter sy vrou se rokspante uitkom. Sy is die aandagvraat en hy volg haar slaafs. Hulle het hul keuses gemaak en nou boemerang die keuses. Hulle wil koninklikes wees maar op hulle terme. Daai vrou gaan hom nog lang trane laat huil, sy het hom reeds van sy familie vervreem.

domheks ·

En so dink vroulief sy is ‘koningin’!!!
Harde val terug aarde toe. Ou Harry is ‘n ‘puppit’

VaalDonkie ·

Ja dinge gaan rof want hulle moet mos nou hul eie geldjies verdien noudat Ouma die beursie toegeklap het.

krodedil ·

Die berig is feitlik verkeerd. Herrie het sy koninglike pligte en voordele prysgegee. Hy is nie meer ‘n Prins nie. Korrigeer asb.

Vexed ·

Voed lief jou self op voor jy snedig raak. Hy is ontneem van die RH titel, die titel van Prins kan nie van hom af weg geneem word nie. Hy sal altyd ‘n Prins bly.

Cobus ·

Die ou tweetjies laat my altyd dink aan die opponerende koning en koningin van ‘n skaakspel….of dalk sommer net twee skaak blokkies langs mekaar. Hulle lyk so nie dieselfde nie!

Lillian ·

Raak hulle geld nou op dat hulle gedurig so ander dagvaar.
Vir iemand wat uit die publieke oog wou tree, is en bly hulle heeltyd in die koerante. Hou seker van die aandag.

Waarnemer ·

Die prins wat nie n prins wou wees nie maar nogsteeds soos n prins behandel wil word.Ek wonder maar net,werk die ou ooit vir n gewone man se salaris noudat hy nie meer n prins is nie?en sy vrou,wat doen sy behalwe om mammie te speel?

fs ·

Ag regtig nou – as jy nie in die kollig wil wees nie – moenie dinge doen wat jou daar sit nie – tree op soos ‘n normale mens, hoe meer rede jy die paparazzi gee om op jul hakke te wees hoe meer gaan dit gebeur… jul is nie so nuuswaardig as wat jul dink nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.