Foto’s: Prins Harry en Meghan ‘dink nog aan name’

Brittanje se Prins Harry praat by Windsor-kasteel in Windsor, Engeland ná die geboorte van sy seun. (Foto: Steve Parsons/Pool via AP)

Prins Harry het Maandag kort na die geboorte van sy eersteling gesê hy en vroulief Meghan dink nog aan moontlike name vir die nuutste lid van hul gesin.

Harry en Meghan het omstreeks 05:26 vanoggend (plaaslike tyd) ʼn babaseuntjie ryker geword. Maroela Media het vroeër berig die egpaar se eersteling het by geboorte 3,3kg geweeg en is gesond.

Sommige besonderhede – soos waar die geboorte plaasgevind het – moet nog bekendgemaak word. Baba Sussex is die sewende aanspraakmaker op die Britse troon en koningin Elizabeth II se agtste agterkleinkind.

Die baba is ook half-Amerikaans en kan moontlik gedeelde burgerskap hê, aangesien Meghan, ʼn boorling van Kalifornië, nog ʼn Amerikaanse burger is terwyl sy wag dat haar Britse burgerskap goedgekeur word. Die baba is ook die eerste veelrassige Britse koninklike in eeue. Meghan se pa is wit en haar ma swart.

ʼn Stralende prins Harry het langs ʼn perdestal by Windsor aan verslaggewers gesê die egpaar “dink nog aan name” en dat die baba “effens laat is”.

‘n Argieffoto van Meghan en haar bababoepie buite die Nasionale Teater in Londen. Dié foto is op 30 Januarie vanjaar geneem. (Foto: Kirsty Wigglesworth/AP)

Hy was vol lof vir vroue wat kinders in die wêreld bring en het gesê: “Dit was die ongelooflikste ervaring wat ek my ooit kon indink. Hoe enige vrou doen wat hulle doen, gaan die verstand te bowe.” Harry was aan Meghan se sy tydens hul seun se geboorte.

“Ons sal julle waarskynlik oor so twee dae, soos beplan, as ʼn familie sien om alles met julle te deel en sodat almal die baba kan sien,” het die prins gesê.

Die paleis het gesê Meghan se ma, Doria Ragland, was “verheug oor die aankoms van haar eerste kleinkind” en is tans by Harry en Meghan by die Frogmore Kothuis, die koninklike huis op die Windsor-terrein waar die egpaar en hul personeel woon.

Verslaggewers en kameraspanne wag al sedert verlede week buite die kasteel in afwagting op die baba se geboorte.

Meghan is waarskynlik dankbaar sy het nie geboorte geskenk gedurende ʼn vroeëre era nie, toe die geboorte van ʼn koninklike baba met aansienlik meer toeskouers plaasgevind het. Voor prins Charles se geboorte, is koninklike geboortes altyd deur die Britse minister van binnelandse sake, die aartsbiskop van Canterbury en howelinge bygewoon.

Toe koningin Elizabeth II in 1926 gebore is, het sir William Joynson-Hicks tyd afgevat van ʼn destydse politieke krisis om haar geboorte by te woon. Daar is toe nie eers verwag dat sy koningin sou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Felix ·

Voorstel – In Zulu is Unjani hier by ons ‘n groet. Dit sal nou pragtig wees as dit die kleintjie se naam kon wees, maar hulle het mos nou niks met ons in gemeen nie, so wat van die naam ‘Injani’?

Felix ·

Beplan hulle dan nie om ‘n huis erns in Afrika te koop waarin hulle, as ek reg gelees het, 4 maande van die jaar kan bly nie?

Nagmaalwyn ·

Hulle kan Nkandla koop, dan kry die SA belastingbetaler darem iets terug.

Patch ·

Ai die vreugde op hierdie pappa se gesig is “priceless”. Het die video op Instagram gesien waar hy met die media praat en hy glimlag van oor tot oor. Baie geluk aan die pragtige twee mense. Mag die bondeltjie net vreugde en geluk bring.

Marianne ·

Well done you guys!!! Harry gaan ‘n fantastiese pa wees.

Wildehond ·

Die pa’s in die familie is alles behalwe goeie pa’s.

Liezel ·

Die respek en liefde wat die mense vir hul koninglikes het is ongelooflik.

Willemien ·

Liezel, ek het ‘n hele paar jaar daar gewoon en werk. Die meerderheid van Britte saam met wie ek gewerk het voel vere vir die familie. Onafhanklike meningspeilings bevestig dit. Die familie word eerder verdra as aanbid. En baie “ondersteuners” wat op en af spring is eintlik buitelandse besoekers, veral Amerikaners.

Joey ·

My geld is op of Arthur of Phillip. Nou moet die queen nog net die kleintjie amptelik n prins maak.

Nel ·

…en as dit nie gebeur nie gaan Harry omtrent die herrie in wees.

Judge Dredd ·

Noem hom James – na Harry se regte pa – James Hewitt.

Byl ·

Diana en James Hewitt het mekaar eers twee jaar na Harry se geboorte ontmoet.

Wilma ·

Fout, hulle het langer as nege naande voor die geboorte al uitgegaan.

Byl ·

Wilma, waar lees jy dit? Al wat ek op die internet kon spoor was soos ek hier bo beduie het en nie net een artikel nie, als waar op gaan kyk het.

Wilma ·

Byl, ek was nog ‘n jong dame toe Britse poniekoerante vol stories was van die twee se verhouding. Harry was nog nie eens in ‘n embrio nie. Jamie was ‘n weermag offisier en het saam met Diana perd gery. Charlie was min gepla, want hy het openlik met Camilla uitgegaan. Haar man het ander pad gekyk. Die koningin het toe ingegryp om die skandes te keer, maar dit was te laat. Dit was was erger as 7de Laan. Ek weet nie hoe oud was jy destyds nie, waarskynlik nog nie eens gebore. Om nou te Google gaan nie veel oplewer nie. Dit wat gebeur het is ou nuus.

Katryn ·

Die Britse owerheid maak baie seker dat negatiewe stories oor die koninglikes van internet verwyder word. Die Windsors is magtig en het baie invloed. Werk jy teen hulle het jy probleme. Harry is ‘n rowwe laaitjie met geraamtes in die kas. Tog word hy uitgebeeld as mamma se voorbeeldige seuntjie.

E ·

Ek gaan nou maar ń raaiskoot vat en sê die seuntjue gaan ń moderne naam hê. Harry en Megan is anders en ek glo hul wil nie graag die ou tradissies volg nie. Hul kind se naam sal uitstaan en uniek wees aan hom as indiwidu.

LHS ·

As klein seuntjie het Herclaas reeds al die trekke van oom James gehad, selfs die koerante wereldwyd het daarna verwys.Ek kan nie verstaan hoe enige volk of persoon respek of eerbetoon vir so sedelose spul kan hê nie. Veral dan ook die tydperk van absolute skaamteloosheid, egbreuk pleeg en alles verder rondom ou Charlie, Kamela, Diana, oor en weer verhoudings buite die huwelik, weermagoffisiere, Arabiere en wat nie nog alles. SKANDALIG VERBY.

Willemien ·

Ek hoop Liezel hierbo lees jou kommentaar. Ene Abe het ook baie bewondering vir die spulletjie. Hoe vinniger Brittanje ‘n republiek word, hoe beter vir die Britte.

Beadry van Niekerk ·

Ek is bly sy kan nou haar pens laat los. En daai kind sal niks genoem word wat Meghan Markle nie persoonlik goedkeur nie. Die queen dink nog sy het n sê in die goedkeuring dan is die kind al gedoop

Wildehond ·

In daai gesin doen jy wat die ou antie sê, anders is daar perre.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.