Prins Harry het Sondagaand vir die eerste keer in die openbaar gepraat oor sy en sy vrou, Meghan, se besluit om as senior koninklikes terug te tree.
Harry het dié kwessie in ʼn toespraak aan sy Sentabale-liefdadigheidsorganisasie in Chelsea, Londen, bespreek.
“Voordat ek begin, moet ek net sê dat ek my kan indink wat julle alles gehoor of dalk gelees het die afgelope paar weke. So, ek wil hê julle moet die waarheid direk van my af hoor – soveel soos wat ek kan deel – nie as ʼn prins of ʼn hertog nie, maar as Harry. Dieselfde mens wat baie van julle oor die afgelope 35 jaar sien grootword het, maar nou met ʼn duideliker perspektief,” het hy begin.
Harry en Meghan het vroeër vandeesmaand aangekondig dat hulle ʼn minder aktiewe rol in die Britse Koningshuis gaan speel en finansiële onafhanklikheid sal nastreef. Hulle sal ook nie meer die titels van hertog en hertogin van Sussex dra nie en sal voortaan hul tyd tussen die Verenigde Koninkryk (VK) en Noord-Amerika verdeel.
Harry het in sy toespraak mense verseker dat die VK sy huis is en dat hy altyd lief vir die land sal bly. Hy het ook gesê dit was vir hom ʼn eer om groot te word met ʼn gevoel van ondersteuning van die publiek af en dat mense ook vir Meghan en hul seun, Archie, met ope arms ontvang het.
“Julle het gesien hoe ek die liefde en geluk vind waarvoor ek my hele lewe lank al hoop. Ek weet ook dat julle my goed genoeg leer ken het om my te vertrou dat die mens wat ek as my vrou gekies het, dieselfde waardes as ek het – en sy het. Sy is dieselfde vrou as die een op wie ek verlief geraak het.”
Harry vertel verder dat hy en Meghan opgewonde, hoopvol en gereed was om te dien toe hulle in Mei 2018 getrou het.
“Daarom is dit vir my ʼn groot hartseer dat dit hierop uitgeloop het. Die besluit wat ek geneem het vir my en my vrou om terug te tree, is nie een wat ligtelik geneem is nie. Dit het sóveel maande se besprekings, na sóveel jare se uitdagings, behels.
“Ek weet ek het nie altyd die regte besluite geneem nie, maar in hierdie geval is daar regtig geen ander opsie nie,” sê hy.
Harry wou dit duidelik maak dat dit egter nie beteken hulle stap weg van sy familie of die publiek af nie.
“Ons hoop was om aan te hou om die koningin, die Statebond en my militêre verenigings te dien, sonder enige openbare finansiering. Maar dit was ongelukkig nie moontlik nie. Ek het dit aanvaar, met die wete dat dit nie verander wie ek is of hoe toegewy ek is nie.
“Maar ek hoop dit help julle om te verstaan hoe dit hierop uitgeloop het: Dat ek met my gesin ʼn tree teruggee van ás wat ek nog altyd ken, sodat ons ʼn tree vorentoe kan gee na wat ons hoop ʼn meer vreedsame lewe sal wees.”
Harry het voortgegaan deur terug te dink aan sy ma, die ontslape prinses Diana wat 23 jaar gelede dood is. Harry het gesê dat hy in die koninklike lewe in gebore is en dat dit vir hom altyd ʼn eer was om die koningin te dien, maar dat die media te magtig was om daarmee aan te hou. Hy hoop dat sy en die publiek se gemeenskaplike ondersteuning magtiger as die media sal word.
Harry en Meghan het beloof om voortaan steeds ʼn lewe van diens te leef, en hy meen dat dinge in daardie opsig dus nie gaan verander nie.
Harry het die lof van sy ouma, koningin Elizabeth, besing en dankie gesê vir die ondersteuning wat hy en Meghan van haar en die res van sy familie oor die afgelope paar maande gekry het.
“Ek sal aanhou om dieselfde man te wees wat sy land na aan sy hart hou, en wat sy lewe wy aan die kwessies, liefdadigheidsorganisasies en militêre gemeenskappe wat belangrik vir my is.
“Saam het julle vir my ʼn opvoeding oor die lewe gegee en dié rol het my meer geleer oor wat regverdig en reg is as wat ek ooit kon droom. Ons waag ʼn geloofsprong; baie dankie dat julle vir my die moed gee om die volgende tree te neem,” het Harry gesê.
Praat mens regtig so Afrikaans?
“…oor sy en sy vrou, Megan, se besluit…”
Is dit korrek? Dan praat ek en my mense nog altyd verkeerd deur te sê: “…hy en sy vrou se besluit”.
hehehe….. sy en sy vrou se besluit (dit was sy besluit én sy vrou se besluit. Hy alleen het so en so besluit. Ook, dit was sy besluit alleen.) … hy en sy vrou se besluit??? (soos hier bo … hy besluit én sy vrou se besluit???) Nee hoor, Maroela is reg.
Mag hulle baie gelukkig wees.
Ja nee, “happy wife, happy life…”
Harry het ‘n vet hoop as hy dink hulle gaan nou ‘n meer vreedsame lewe he. Inteendeel, ek dink die media belangstelling in hulle gaan nou eers intens wees.
Maar ek bly nog steeds by my standpunt. Meghan wil ‘n celebrity wees, nie ‘n koninklike nie. Sy wil haar nie aan bande laat le deur protokol en paleisreels nie. Sy het natuurlik goed gesanik oor hoe ongelukkig en ingeperk sy is, en Harry se vrees dat sy vrou dieselfde pad as sy Ma sal loop, goed uitgebuit. Die dat hulle nou sak en pak Kanada toe trek. Ek sien haar lankal nie meer vir die plat op die aarde, girl next door, vrou wat sy voorgee om te wees nie. William was met reg bekommerd oor die warrelwind romanse, verlowing en huwelik. Maar die stert swaai die hond in hierdie huwelik. Harry het seker bitter vinnig geleer, happy wife, happy life, en toe maar uitgetree as koninklike.
Hy gaan nog met ‘n gesig rooier as sy hare, terugkeer na die huis van Windsor, hoor wat ek vandag hier se.
Ons kan sien wie “regeer” in dié huis! Nou regtig sy geboortereg vir ‘n pot “lensiesop” verkoop. Mens se pligte en verantwoordelikhede betaal jou rekeninge sal wil sien hoe doen hy dit nou en ons almal weet wat gebeur wanneer armoede aan mens se voordeur kom klop. Soos Judge Judy sê daar is ‘n 50/50 kans dat binne 10 jaar van nou af hulle geskeides kan wees volgens statistieke. Die Mrs se track record met haar eie pa laat veel te wense toe. Maak nie saak wat mens se ouers jou aandoen nie in my Bybel staan eer jou vader en jou moeder. Nou het meneertjie oortuig om sy kant van die familie te minag soos sy hare minag, met minagting van pligte ook. In die Victoria Era sou die mannetjie klagtes vir hoogverraad in die gesig gestaar het met doodstraf indien skuldig bevind! Sy eie mense sê dat hy het nie regtig die keuse om te maak nie!
@Arnold, so moet die kinders van die Huis van Gruwels ook hul pa en ma eer? Dis belaglik om so te se.
@Arnold, in die Victoria era sou die troue nie plaasvind nie. Dinge verander met rede. En nee jy hoef nie altyd jou ouers te “eer” nie.
Woman who put man in dog-house will soon find him in cat-house. – Confuscious
Woman who sits on man’s head will soon find another woman sitting on his lap – me
Wanneer ons Vader in die hemel vir ons beveel om die ouers te eer wat Hy is Sy alwysheid aan ons toegeken het, dan doen ons dit. Al staan die wereld op sy kop. Dis ‘n opdrag, nie ‘n versoek nie.
Plain en simple, geen storietjies nie.
Wonder, ek het nog altyd gedink dit is eerder reg as mens sou praat van “hom en sy vrou se besluit,” eerder as “hy”!
Soos in ‘haar’ en haar man se besluit??
En wie is ek en jy om die mense te oordeel.
Ma het gepraat. As Ma praat sal jy luister!!!!!
Lekker onder die pantoffel regering. Soos 99% van my kollegas en vriende ook maar.
prins harry was nog altyd my gunsteling koninklike gewees en sal altyd wees hy doen sy dinge hoe hy wil en laat om nie voorse nie ek dink van alle koninglikes is hy die een wat die meeste is soos ons alle daagse mense
Maar sy ma en pa het ook geskei! Ek sê well done Harry, staan jou man, vat jou vrou en gaan lewe ‘n gelukkige lewe. Vanaand klim jy in die bed saam jou vrou, nie die queen of king nie!! Good luck!!
Stem saam! Mag hul gelukkig wees ek sou dieselfde doen…
Harry het defnitief die regte besluit geneem om sy hart te volg, hy het nog altyd gelewe in sy broer William se skaduwee, en sal nooit koning word nie. Ek wens hul al die geluk in die lewe toe ! Wel gedaan !
Ja nee die dame het gedink sy gaan soveel !eer mediadekking hê as n aangetroude koninklike. Toe kom sy agter sy suig maar aan die agterspeen! Maar nou maar dalk weet sy nie Randy Andy is sy oom nie. Gaan dalk met n skok wakker word wanneer hy agterkom …. Is nie altyd koning nie.
Harry en Meghan, mag julle toekoms saam, baie gelukkig wees. Julle is ‘n pragtige familie. Moet julle tog nie steur aan die klomp suur mense nie.
Janeh.. Hier kom n Prins en maak van jou n Prinses gee jou als wat jou hart kan begeer…
en steeds in jy ontevrede.. feit bly staan mens kan een voudig net nie n vrou gelukkig maak nie……
Soos die twee bedorwe brokkies aangaan….. Daar is mense met regte probleme. Ek wens hulle wil net oor hulleself kom. Die arme ek houding raak nou baie afgesaag.
Ek weet nie of ek saam die klomp kon bly ek is nie baie erg oor Megan maar dis nie vir ons om te sê wie hy moes kies as lewensmaat. Sy ma was ook baie sleg behandel maar moenie ouboet en vroutjie vryskeld dink daar broei dinge. Harry alle voorspoed vir julle 3 en hoop jy vind vrede en geluk met joubesluit
Ek dink hy maak ‘n groot fout… ja sy ma het daai jare weggebreek en haar eie ding gedoen, maar dis nie noodwendig te sê dat dit vir hom sal werk nie.
Ja sy ma het weggebreek en ook rondgeloop. Charles is nie sy pa nie en almal weet dit reeds ook.
Nee ou Harry, hier het jy geen besluite geneem nie. Meghan het die besluite geneem, en toe vir jou gese hoe om dit uittevoer. Geniet die gesit nou op jou kop!
Blah blah blah.
“Megxit”? Is daar nie êrens iets nuuswaardig in die hele wêreld behalwe hierdie non-story nie? Het ‘n hen nie êrens ‘n blou paaseier gelê of iets nie?
“Megxit”? Nee, asb.
Almal is so vinnig om vinger te wys en te oordeel!! A nee-a!!! Gun die paartjie hulle eie geluk en lewe! Tot dusver het daar so veel skinderstories die rondte gedoen en is daar soveel leuens oorvertel dat ‘n wanbeeld van Meghan geskep is! Niks is privaat of vertroulik nie. Ek gun albei ‘n gelukkige lewe. Dit kos baie moed om so ‘n groot stap te neem en ek dink die twee verdien nou ‘n bietjie rus en vrede.
Ag dis mooi. Hulle wil net gewone mense wees soos meeste mense op aarde. Ek gun hulle dit. Ek dink in dié opsig aard hy baie na sy ma. EN HY MAG!!
Ja neh, as hulle dink, hulle gaan n rustige normal lewe lei soos ons, Jan Alleman, rude awakening, moet nie die pers onderskat nie. Sitting ducks, hierdie twee.
Sy is verslaaf aan Media aandag en ” Hollywood” flsir. Sy kon nie haar stempel op die Britse Koningshuis plaas nie maar gaan weer die ” Limelight” van Hollywood opsoek. Wonder net sy in Hollywood en Harry in die Weernag, wie gaan na Charlie kyk?
Ou Hairy praat baie maar sê niks…moes maar eerder n politikus geword het.
Los die spul Ingelse dat hulle voortploeter. Ten minste het ek nou respek vir een van hulle.
‘n Man is die hoof van die huis en sal nooit sy vrou ongelukkig wil sien nie.
Noudat hy van sy koninklike titels gestroop is, gaan die media ophou om na hom as “prins” te verwys? Hy is nou net ‘n “meneer”.
Interessant dat dit net wit westerse mans is wat toelaat dat hul vrouens hul regeer. Swartes, Arabiere en Oosterse mans laat dit beslis nie toe nie.
Compliance level 2 nou weg.
Ek dink Harry het die volste reg om te doen wat hy wil. Die Bybel se as jy trou verlaat jy jou ouers en kleef jou vrou aan en jul word een. So wat is fout daarmee om n eie lewe te streef. Die tradisies v d koningshuus en hul dinge is mensgemaak. Dis so vals in my oe. As doe Queen se spring in die vuur moet almal dit doen. Charles het gedoen wat hy wou en en Diana het regtig dit reggekry om haar seuns probeer normaal grootmaak en nog hul verantwoordelikhede as toekomstige Koning ens. En sy was maar ongewild in Koningshuis want sy moes baie verdra. Harry en William kon nie eens behoorlik oor Diana rou nie. Vet weet die Koningshuis ens kan mors met geld ook nog. Belastingbetalers se geld. Gun Harry en Megan hul vryheid
Stem saam harry us sy ma ae kind pkat op die aarde nens. .wil nie in koninglike kollig wees nie…hys n mense mens
Dit het Meghan nie lank gevat om Harry van sy familie te vervreem nie, net soos sy ook van haar eie familie en vriende vervreemd is nie.
Sy het presies geweet waarvoor sy haar inlaat toe sy met hom trou, maar het met ‘n soet glimlaggie presies geweet wat sy beplan.
Een van Harry se groot liefdes met wie hy toekomsplanne gehad het, Chelsea het hul verhouding beeindig omdat sy nie kans gesien het vir die koninklike lewe nie. Dit laat mens wonder hoekom het Harry nie toe ook besluit om uit te tree nie.
Meghan kon sekerlik nie verwag dat die pers genadiger met juis haar sou wees as met die res van die koninklikes nie. Sy is ‘n prima donna wat verwag het die rooi tapyt sal vir haar, die aktrise, uitgerol word
Goeie genade, maar hier is darem ‘n paar bitterbekke op hierdie kommentaar op hierdie pos! Hoekom veroordeel julle die vrou so?? As Harry lief is vir Meghan en hul wil uittree, los hulle uit……julle is nie daar om te weet wat regtig aangaan nie en al waar julle aan inligting kom, is in die media….die juise faktor waaroor Harry hierdie besluit geneem het! Alla mintig!! Dis lelik van julle…….
Hy wil nie meer van die publiek se gelde leef nie – high five! Indien die media nie so groot rol in die rich and famous se lewe altyd wil speel nie, was dit dalk baie anders. Ek se, los hulle uit, hulle is groot genoeg om hulle eie besluite te neem. wie is ek en jy om te besluit wat reg en verkeerd is vir hulle. so what as sy weer wil hollywood toe gaan. Dit is hulle lewe, hulle besluit. Gaan jy toelaat dat iemand vir jou se wat jy moet en nie moet doen nie.
Glo jy werklik hierdie ouens se stories en dit nadat hulle duisende vroue en kinders in konsentrasiekampe laat gooi het…
Welgedaan Harry! Mag jul n pragtige lewe geniet! En die klomp chauvinistiese antwoorde hier maak my siek! Hoof vd huis mentaliteit.
Arme arme Harry.
Meghan het met ‘n vroom gesig trou beloof terwyl sy presies geweet het wat sy beplan.
Het sy nou regtig verwag die pers sou haar op die hande dra en anders behandel as die res van die koninklike familie?
Sy is ‘n prima donna wat gedink of verwag het dat sy soos die groot ” filmster” behandel sou word.
Haar personeel het al op ‘n streep geloop en kan mens nou regtig glo dat die pers dit alles uit hul duime gesuig het?
Haar geskiedenis vertel sy eie storie. Sy is van haar eie familie vervreem, insluitend haar pa en ou vriende. Almal kan tog nie verkeerd wees nie.
Nou is daar ook al ‘n wig tussen Harry en William, dit terwyl die twee broers so geheg was aan mekaar.
Harry se ander groot liefde met wie hy toekomsplanne gehad het, Chelsea het uit respek hul verhouding beeindig omdat sy nie kans gesien het vir die koninklike lewe nie.
Sedert Meghan op die toneel verskyn het, moet Harry nou sy familie agterlaat, iets waaraan hy nooit voorheen gedink het nie.
KOM ONS KONSENTREER OP ONS ELKEEN SE EIE SONDE EN DAN SAL DIE WERELD OOK ‘N BETER PLEK WEES. Wens hulle alle voorspoed en geluk toe!
Ek is baie bly vir hulle maak nie saak hoe dit tot die punt gekom het nie en ons is deel van die media en dus deel van die probleem in pleks van om positief te praat oor hulle. Ek dink hulle is n baie nice couple en verdien geluk en n rustige lewe.
Nou wie sê dat dit sy was wat hom beinvloed het? As ek hy was sou ek ook my eie potjie gaan krap het. Hy het geen kans om ooit die troon te bestyg nie en as hy vir sy kind ‘n meer normale lewe wil probeer gee dan verdien hy om die kans gegun te word.