
Prins Harry in Angola. (Foto: Dominic Lipinski/AP)
Prins Harry dagvaar twee Britse poniekoerante weens beweerde foonkrakery.
Britse media berig die hertog van Sussex het begin met regstappe teen The Sun en Mirror.
Buckingham-paleis het Saterdag in ʼn verklaring bevestig dat eise oor die “onwettige onderskep van stemboodskappe” namens Harry ingedien is.
Die paleis het nie verder uitgebrei nie en wou ook nie meer besonderhede verstrek nie, “omdat die aard van die eise nog nie bekend gemaak is nie”.
News Group Newspapers, wat The Sun besit, het die eis bevestig.

Die hertog en hertogin van Sussex. (Foto: Christiaan Kotze, AP)
Die jongste eise is net nog ʼn aflewering in ʼn rits gevegte tussen die prins en die Britse poniekoerante. Sy vrou, Meghan, die hertogin van Sussex, het die Mail on Sunday vroeër hof toe gesleep vir beweerde kopieregskending en ander siviele oortredings, nadat die koerant ʼn brief wat sy aan haar pa geskryf het, geplaas het.
Die koninklike paartjie was die afgelope ruk in Suid-Afrika waar hulle verskeie welwillendheidsorganisasies besoek het. Hulle het ook met onder andere pres. Cyril Ramaphosa en emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu vergader.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
33 Kommentare
Gaaaap…. wie is die Harry?
Pleks dat die aasdier “royal”eerder die Suid Afrikaners askies smeek vir al die apartheidswette wat sy Britse regering in die 19de en vroeg in 20ste eeu in SA ingestel het.Dalk dan sal Anc en Eff ophou om Afrikaners te blameer
o Gedoriewaar. Wats die poniekoerante se verskil teen se maar die zebrakoerante ?
Gaap
Toe hul in Botswana was het hy ook n verslageefster iets toegesnou. Hy en Megan het te hoe denke oor hulself. Ek het altyd gedink hy en sy is ou like maar vandat ek privaat stralers en die vakansies Klere en al die kamera skote mag net so wees ens. En dan vergelyk hy haar met Diana! As hul bietjie moet werk is hulle dikbek. Hoop ni die anti word eendag per ongeluk queen nie !Sy gee my n pyn Met dai kralletjie ogies!Prins William en Kate het Klas en styl.