Prins Harry wens hy het vroeër oor sy ma gepraat

Prins Harry (skermskoot uit die video)

Prins Harry (skermskoot uit die video)

Engeland se prins Harry het gesê hy wens hy het vroeër oor die afsterwe van sy ma, prinses Diana, gepraat.

Harry was 12 jaar oud toe Diana in 1997 in ʼn motorongeluk oorlede is. Hy het in ʼn video, wat Maandag vrygestel is, gesê dit is nie ʼn teken van swakheid om oor probleme te praat nie. Harry het op 14 Julie ʼn groep hoëprofielsportsterre toegespreek wat gereël is deur die liefdadigheidsorganisasie, Heads Together, wat homself toespits op geestelike gesondheid.

“Dis oukei om swaar te kry, so lank as wat jy daaroor praat,” het prins Harry gesê. “Dit is nie ʼn swakheid nie. Swakheid is as jy ʼn probleem het en dit nie erken en dit oplos nie.”

Rio Ferdinand, sokkerster van Engeland, wie se vrou weens kanker oorlede is, het ook die geleentheid bygewoon. Ferdinand het met Harry gepraat om die afsterwe van sy vrou met sy kinders te bespreek.

“Ek is baie spyt ek het nooit daaroor gepraat nie,” het Harry bygevoeg. Hy het drie jaar gelede vir die eerste keer oor sy ma se afsterwe gepraat.

Prins Harry en die hertog en hertogin van Cambridge, is die stigterslede van Heads Together. Die drie wil organisasies saambring om die stigma oor sielkundige kwessies aan te roer.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

pop ·

Praat gerus oor jou geliefdes wat weg is. As mense dit nie like nie kan hulle loop doppies blaas. Mens leef net saam met die verlies, maar vergeet nooit en dra die seer en gemis vir ewig saam. Harry se ma sou so trots op hulle gewees het. Hulle het pragtige mans geword. Aard ook na haar.

Sarie ·

Hierdie man lyk glad nie soos die ander koningsfamilie nie. Nie soos ma of pa nie. Wonder waarom.

Poot ·

Ai Sarie. Spring jy my voor met diesejde kommentaar. LOL!!!!

Poot ·

Harry trek DEFINITIEF nie na sy “Prins Charles pa” nie.
Wonder maar nogsteeds na al die jare se “rumours”.

Rina Pretorius ·

kyk mooi na sy oe, hy het sy pa se oe, naby mekaar oe en die een oogbank hang ook effens soos sy pa sin, hy is beslis sy pa se kind. sy rooi hare is maar ‘n mengsel tussen blond en bruin, baie blonde mense wat kinders het by donkerkop mense kry rooikop kinders. Moenie weer slegte goed uitdink nie

Poot ·

Hy lyk GLAD NIE soos Charlie nie.
Ou Charles sal hom wat verbeel as hy trekke het na so jong aantreklike en flambojante jong man. William het meer klas in sy pinkie as wat die res van die monargie in hul leeftyd oot sal hê.

Marian ·

Mense , asb julle soek net sensasie , julle sien in alles iets leliks of verkeerd , hou julle besig met julle eie kinders en gesin se dinge . Ek het al die kommentaar gelees en nerens gesien dat iemand julle gevra het vir kommentaar nie , die artikel gaan eintlik oor ‘n jongman wat met sy eie hartseer en emosies moes deel . Kry julle vir julle elkeen ‘n stokperdjie hou julle daarmee besig en julle neuse uit ander mense se sake

Ai Mariaan ·

En daar gaan lewer jy toe kommentaar op ander se kommentaar, net so ongevraagd. Wat het jy toe oor die artikel te sê gehad? Lyk my nie veel nie, jy doen maar dieselfde as al die ander.

Sensasie ·

Marian
Dit lyk ook nie vir my of jy ‘n stokperdjie het nie. Hoe lees jy dan hierdie “sensasie” kommentaar en lewer dan self kommentaar? Poot en Sarie het net ‘n ope vraag gevra.
Ek stem saam…..hy lyk nie naastenby na Charles nie.

Marian ·

Al wat ek probeer se is help die man om oor die seer te kom , moet nie nog onnodige seer op hom laai nie , aan die person sonder ‘n naam dit was my beweegrede en niks meer nie sorry !!!

Ann ·

Sies vir julle almal wat nie die berig behoorlik lees nie. Prins Harry het mos nie gesê “Hêi, kyk ek lyk nie soos my pa nie!”
Soos enige gewone mens, sukkel hy maar ook om oor die verlies van dood te praat.
Het julle nog nooit iemand verloor nie, of het julle sommer so “woeps” daaroor gekom?

Retha Homann ·

As Charles my man was, sou ek liewer by ‘n ander man kinders gehad het!
Wie wil nou lelike kinders he, og!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.