Prins Philip (99) sterf

Prins Philip (Foto: Adrian Dennis, AFP)

Prins Philip, koningin Elizabeth II se 99-jarige man, het Vrydag gesterf. Hy is onlangs gehospitaliseer en het ‘n suksesvolle hartprosedure ondergaan.

Buckingham-paleis het pas die nuus aangekondig.

“Dit is met diepe hartseer dat haar majesteit die koningin die afsterwe van haar geliefde man, sy koninklike hoogheid prins Philip, aankondig. Hy het vanoggend vreedsaam by die Windsor-kasteel gesterf,” lui ‘n verklaring.

Hy sou op 10 Junie vanjaar 100 jaar oud geword het.

Meer inligting sal volg.

Prins Philip saam met ‘n jong koningin Elizabeth en Louis St. Laurent, die eerste minster van Kanada, met ‘n toer van dié land in 1951. (Foto: BiblioArchives / LibraryArchives van Kanada/Flickr)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Annelize ·

Baie hartseer, dis letterlik die einde van ‘n era. Maar 99jaar was beslis ‘n vol en lang lewe, bitter min is so lang lewe beskore.

Josaandierand ·

Uit op 99. Net kort van ‘n honderdtal. Dis ‘n lang lewe.

Rentia ·

Of jy van hulle gehou het of nie, wat ‘n voorreg om so oud te kon word – maar so seer vir die familie en vriende wat agterbly. Jou aardse reis is voltooi, rus nou sag en in vrede.

Genis ·

Wat n ongelooflikke ouderdom en loopbaan… RIV Prins Phillip.

Jakes ·

Prins Philip was baie geseend om solank te kon lewe. Medelye met die familie. Wonder tog of Harry sy oupa se begrafnis sal bywoon na die onlangse twis.

Annelize ·

Harry sal seker eers moet aansoek doen by die Pantoffelregering om die begrafnis te mag bywoon. Ek weer wonder of Meghan die vermetelheid sal he om haar gesig daar te wys na wat sy alles kwytgeraak het, indien wel, moet sy regtig nie ‘n hartlike ontvangs te wagte wees nie.

FM ·

Dis vir Prins Phillip en Prinses Diana wat ek respek gehad het. Admireer die ou Koningin moeder.

Die ander lot het dit nie verdien nie

Korrelkop ·

Wonder wanneer kry Charlie ‘n beurt om koning te word?

Rooikoos ·

I hope underground he get what is coming fir the atrocities of the concentration camps

Hennie ·

Verbeel jou, jy lewe 99 jaar en gaan dood… En jy het net mooi niks gedoen in daai tyd nie, nie ‘n dag gewerk nie! Pateties verby!

MakersMark ·

Die engelse koningshuis lewer baie sterker vroulike leiers op as manlike. Kyk na Elisabeth 1, koninging Victoria en nou Elisabeth Rex. Laaste koning wat iets beteken het was Richard the Lionhart. Die res, in my boek, was swakkelinge. Charles, Andrew, Harry en William sal saam sukkel om enige van die laaste drie koninginge se skoene vol te staan. En vir Philip, nie sleg gedoen vir ‘n nazi nie.

Wakkerslaper ·

Vergelyk nou die Britse Koninklike Huis met die van die Zoeloe Koninklike Huis… I rest my case…

MakersMark ·

Probleem is in Afrika elke bokwagter wat erens onder ‘n boom geslaap het is nou skielik deel van die “royal familie of….”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.