Prins Philip se motor nou museumstuk

Galle Face Hotel se voorsitter Sanjeev Gardiner by die Standard Nine-kar wat oorspronklik deur prins Philip besit is. (Foto: Ishara S. KODIKARA / AFP)

ʼn 90 jaar oue motor wat voorheen aan oorlede prins Philip behoort het, gaan nou die fokuspunt van ʼn museum in Sri Lanka wees.

Prins Philip, ʼn groot motorliefhebber, het die Standard Nine 1935 in 1940 gekoop, toe hy saam met die Britse vloot in Colombo, Sri Lanka se hoofstad, geplaas is.

Hy het die motor destyds tweedehands vir 12 pond (R235 in vandag se geldwaarde) gekoop. Volgens Sanjeev Gardiner, wat die voertuig vir die prins gehou het nadat hy uit Sri Lanka weg is, was dit die eerste motor wat die hertog van Edinburgh gekoop het.

Galle Face Hotel se voorsitter Sanjeev Gardiner en sy seun Seshaan by die Standard Nine-motor wat oorspronklik deur prins Philip besit is. (Foto: Ishara S. KODIKARA / AFP)

Toe die hertog in 1950 na die stad terugkeer, het hy die motor weer by die Galle Face Hotel raakgesien, waar Gardiner dit gehou het. “Ek hoop die kar se brieke werk, want dit het nie destyds gewerk nie,” het prins Philip toe opgemerk. Die motor het tans net meer as 93 000 km op, is reeds verskeie kere herstel en kan steeds mee gery word.

Prins Philip is die afgelope week in die ouderdom van 99 jaar oorlede en word Saterdagmiddag ter ruste gelê. Sy begrafnis kan hier gekyk word.

Hy het graag self motor bestuur en het eers as 97-jarige sy bestuurslisensie opgegee, nadat hy in ʼn ongeluk met sy Land Rover Defender betrokke was. ʼn Land Rover Defender, wat spesifiek vir dié doel ontwerp is, sal ook Saterdag die hertog se kis tydens die begrafnis vervoer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

R300 het ek… R300 het ek.. R300 het ek vir die eerste.. vir die tweede…

Johann ·

Oulik. Hoop hulle het so drie of vier van daai soort voertuie gereed vir die kis, mens weet nooit. Miskien is die bestuurder darem goeie werktuigkundige dan behoort dit ok te wees.

Jaco ·

Ek het op ‘n britse inflation calculator webwerf gaan kyk: 12 pond van 1940 is 676 pond vandag. Omgesit in Rand is dit omtrent R13385

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.