Prins prys ‘rolmodelle van geestesgesondheid’

Prins Harry (Foto: Press Association via The Royal Family, Facebook)

Prins Harry het uitgepraat oor sy eie stryd met geestesgesondheid en sê dis in die haak om hulp te kry.

Die rooikop-prins, wat op 19 Mei vanjaar met die aktrise Meghan Markle getroud is, het Saterdag tydens die afsluitingseremonie van die Invictus Spele in Sydney, Australië, sy toespraak begin deur die atlete te loof vir die “voorbeeld van vasbeslotenheid, optimisme en krag, eer en vriendskap” wat hulle stel.

Die Invictus Spele is begin om die sportprestasies van beseerde weermaglede te vier.

Hy het deelnemers geloof omdat hulle help om die kwessie van geestesgesondheid “van ʼn hartseerstorie in een te omskep wat inspireer”. Die geheim van die sukses van die Spele, meen hy, “is die aanvaarding dat geestesgesondheid die ware sleutel tot herstel is”, berig die BBC.

Die hertog van Sussex, wat volgende jaar vir die eerste keer pa word, het gesê sommige van die atlete op die Spele het “teruggeveg uit van die donkerste ervarings wat enigiemand kan deurmaak”.

“Deur bloot hier te wees en terug te baklei het julle rolmodelle vir almal by die huis of op die paviljoene geword wat dalk ʼn stryd met geestesiektes voer. Maar die belangrikste is dat julle vir ons almal wys ʼn mens mag hulp vra.”

Prins Harry het na sy eie stryd ná die dood van sy ma, Diana, die prinses van Wallis, verwys. “Ek was al daar, julle was al daar en nou kan ons uitreik na hulle wat hulself nooit eens op daardie plek kan voorstel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Realis ·

As ek reg onthou, worstel Maj. Hewitt met dieselfde probleem.

Sê maar net ·

As ek reg onthou is die Prins se ma oorlede toe hy 12jaar oud was. En rooikoppe os aan haar kant van die familie vol op. Haar broer en een suster is albei rooikoppe. Genetika sal hp. Jy is eintlik n onrealis.

Net ek ·

Genade maar die media gaan aan oor dié twee en hy is nie eers die kroonprins nie!!! Wie in Suid Afrika stel in elk geval belang in hul doen en late.
Maroela gee asb nuuswaardige berigte.

Abe ·

Net ek,
Vir my was die berig oor Prins Harry se toespraak oor geestesgesondheid baie insiggewend. Nuus is vir my nie net goed wat in SA gebeur nie maar dinge wat vir mense van belang is. Wil jy nou vir MM voorskryf uit jou eng perspektief waaroor om te berig.

Abe ·

Net ek,
Lees die berig weer. Dit gaan nie net oor die prins nie, maar oor ‘n uiters belangrike saak, nl. geestesgesondheid, van belang vir die hele wereld.

Elsa ·

Ag née Abe. Wie het die toespraak gehou? Nou val jul iemand aan wat opinie net soos almal lewer?

Abe ·

Elsa,
Prins Harry, Hertog van Sussex, het die toespraak gelewer. Die onderwerp van die toespraak was geestesgesondheid, n saak waaroor Harry ‘n deurtastende studie gemaak het sodat mens hom kan beskou as ‘n kenner op die gebied. Dis ‘n saak wat “Net ek” seker maar ‘n vae begrip van het. Ek wil aanbeveel dat hy ‘n bietjie oplees daaroor: google, “mental health za”

Net ek ·

Of miskien het “Net Ek” meer kennis as wat jy dink. Rustige aand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.