Prinses Charlene deel gesinsfoto

Prinses Charlene saam met haar man prins Albert II en die tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella. (Foto: HSH Princess Charlene/Facebook)

Prinses Charlene (44) van Monaco, vrou van prins Albert II, het die afgelope naweek ʼn gesinsfoto op haar amptelike Instagram-profiel gedeel met die opskrif: “Geseënde Paasfees”.

Charlene, die ma van die tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella, het in Maart teruggekeer huis toe waar sy nou verder aansterk.

Sy het in September ʼn operasie in Suid-Afrika ondergaan nadat sy ineengestort het weens komplikasies van ʼn oor-, neus- en keelinfeksie.

Sedert November ontvang Charlene behandeling vir uitermatige uitputting en ander gesondheidsprobleme by ʼn private instansie buite die prinsdom nadat sy uit Suid-Afrika na Monaco teruggekeer het.

Maroela Media het vroeër berig Charlene het in Maart verlede jaar na Suid-Afrika gereis vir haar bewaringswerk met renosters. Hoewel sy oorspronklik net vir tien dae in die land sou bly, was sy byna agt maande lank in die land gestrand nadat sy ʼn ernstige oor-, neus- en keelinfeksie opgedoen het.

Luidens die paleis se verklaring wat verlede maand uitgereik is, sien Charlene daarna uit om weer haar pligte uit te voer sodra sy weer heeltemal op die been is.

“Die volgende paar weke behoort prinses Charlene in staat te stel om haar gesondheid verder te versterk voordat sy haar amptelike pligte geleidelik hervat.”

Charlene se terugkeer na Monaco was net betyds vir prins Albert se 64ste verjaardag op 14 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alex ·

Hulle lyk nie baie gelukkig nie. Kinders se gesigte vertel n baie hardseer agtergro d i die gesin

Lubbe ·

Ag asb, asof jy weet wat aangaan. Hier gaan al die skinner tonge.

Catherina ·

Moet ander altyd net lelike goed sê? Genoeg hartseer in ons land. Enjoy the fairy tale life they live

Mariaan ·

Nee wat…beslis nie fairy tale nie…arme vrou is in n senuwee toestand!

Mariaan ·

Feit is…iets is nie pluis hier nie…beslis nie n fairy tale nie…dink eerder sy loop ook n eensame pad soos Diana…die prinse en hul lewens is nie wat hul voorgee nie..oor en oor bewys…ek voel jammer vir haar…

Sarel ·

Sterkte vir haar en gesin. Die Wereld Media insluitende
SA wag natuurlik angstig op ‘n Egskeiding wsnt niks sal beter Media Nuus wees nie.
Alle herstel word u toegewens

Yvonne ·

Ek dink nie sy was emosioneel opgewasse vir die man nie…baie harseer waar kindertjies betrokke is….ek bid haar krag toe vir hierdie pad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.