Prinses Charlene is swanger

Prins Albert en prinses Charlene. Foto: Monaco se Facebook-blad

Prins Albert en prinses Charlene. Foto: Monaco se Facebook-blad

Prins Albert en prinses Charlene het aangekondig dat hulle hul eerste kind verwag.

Charlene (35) is in Zimbabwe gebore maar in Suid-Afrika grootgeword en was ’n Olimpiese swemmer vir die land. Charlene en haar 56-jarige man, met wie sy in Julie 2011 getroud is, het in ‘n verklaring hulle “geweldige blydskap” aangekondig.

Volgens die kort verklaring sal die troonopvolger van die klein prinsdom van Monaco voor die einde van die jaar gebore word. Hoewel daar nie in die verklaring daaroor uitgewei is nie beteken dit Charlene is minstens drie maande swanger.

Albert het twee kinders uit ‘n vorige huwelik, sy dogter Jazmin en seun Alexandre. Hulle is egter nie troonopvolgers nie aangesien Monaco se wette bepaal dat slegs kinders uit ‘n huwelik die troon mag bestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mimu ·

Prins Albert se ander 2 kinders is uit ‘n vorige “verhouding” sekerlik gebore, nie huwelik soos die berig lui nie, anders sou een van hul tog die troonopvolger gewees het :?

Johann ·

Wanneer ek sulke berigte lees word ek weer broeis van vooraf.
Wanneer ‘n man op 56 jarige ouderdom nog kind kan maak is dit soortgelyk aan ‘n oorstoot drie in beseringstyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.